Verlorenkop. Celesté Fritze

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Verlorenkop - Celesté Fritze страница 7

Автор:
Серия:
Издательство:
Verlorenkop - Celesté Fritze

Скачать книгу

is of die tyd stol, asof Jo per ongeluk op ’n wêreld afgekom het wat sy nie vermoed het bestaan nie, asof sy soos Alice agter die wit haas aan in die haasgat ondertoe geval het. Dit is klam op haar bolip, sy kry moeilik asem. Sy knyp haar hande tussen haar bene vas.

      Toe dit skemer word, draai sy terug, sluip weg. Die afloerdery suig haar in. Dit plaas haar in ’n omwenteling waaruit sy haar nie kan loswikkel nie.

      Jo bied haar dienste as dekorskilder vir die ienkdans aan, al het sy in standerd agt laas ’n kwas in haar hand gehou. Op ’n keer loop Muriel tot vlak by Jo. Sy bekyk die boom en die verwronge takke wat Jo op die wit laken skilder, tik op ’n plek wat Jo oorgeslaan het. Geur van sandelhout en naeltjiesolie. Welgevormde vingers. Kort, ronde met verfbevlekte naels.

      “Jy kom goed reg.”

      “Dankie, juffrou Muriel,” uit die diep droogte van haar keel. Verder kan Jo nie kwiek of kwaak nie.

      Wanneer Muriel gaan bad, sorg Jo dat sy in die koshuis se gemeenskaplike badkamer is. Die intieme kennis van die kunsmodel se lyf, die detail wat sy by die loervenster oplet, hou haar fantasie bloedwarm.

      5

      Laeveld, 1977

      Jo waai ’n rukkie tot haar ma en die vliegveldgebou van die Laeveldse dorpie uit sig van die Dakota se venstersitplek verdwyn voor sy die leersak op haar skoot ooprits. Ná die Paasnaweek is die universiteit se toetsreeks op hande.

      “I sit with you?”

      Jo bemoei haar nie met die uitlander wat langs haar inskuif nie. Met die instap het die ouerige Fransman hom voorgestel as Antoine de Cessart, die derde. Konsultantingenieur, fosfaat- en koperprospektering, Northern Mining Company.

      Die bedrewenheid waarmee die loods die vliegtuig in die opstyg hanteer, word met ’n sarsie applous van die passasiers begroet. Daarna flikker die kajuitliggies aan. Jo hoor Antoine se sitplekgordel losklik.

      “What are you reading, you want to have sex?”

      Twee vlieë met een klap. Soos dit ’n Fransman betaam. Sy betrag die vreemdeling langtand terwyl hy beduie die vyftigverdiepinghotel van sy eindbestemming het ’n wêreldbekende restaurant en ses honderd slaapkamers.

      “I’m studying for my geography exams, and I’d like to have dinner with you if you could get me back to Pretoria by nine.” Sy dink aan wanneer die universiteitskoshuis op ’n Sondagaand sluit. Dalk kan sy nog ’n uur of drie aan die gedeelde koshuiskamer ontsnap.

      “Okay, we don’t have sex, I just feed you nice, chérie,” onderneem die Fransman. “Then I take you back to your place.”

      “Noem my Jo,” sê sy in haar grootmensstem. Die vorige bewoner van haar lyf het op Allemansfontein agtergebly.

      Sy moet nog gewoond raak aan die uitspraak van die aangenome naam.

      Ná die vlug loop sy haar in Barend Viljoen vas. Hy bly roerloos in die vliegtuiggangetjie staan, skynbaar onwillig om haar te eien. Verlepte Barend, matriekafskeidmaat. Sy wil hom vra om haar uit die kloue van die Fransman te red, maar sy weet nie hoe nie.

      Dis nie of sy seuns begryp nie. Dalk het Barend lankal die donkerte in haar raakgekyk, want toe sy weer sien, is Barend weg.

      ’n Somber geklede lakei hou vir Jo die motordeur oop, wag dat sy haar uit die gerief van die luukse kajuit bevry. Antoine klim ook uit en oorhandig die sleutel aan die lakei. Dié se dun skouerknoppe lyk vir haar soos kapstokhake. Namate die lug uit sy ingeduikte borskas ontsnap, vibreer die goudkleurige tossels aan die knoppe.

      Die Fransman wys na sy horlosie en weer na die kattebak. Die lakei wink ’n motorbestuurder nader wat flink inspring en die Duitse motor deur die hotel se bedakte ingang bestuur. Jo hou die motor dop tot die remligte deur die donker bek van die parkeergarage ingesluk is.

      Sy nader die draaideur met sy vier kruisvormige vleuels teen ’n onseker pas. Die deur draai net in een rigting, kan sy uitmaak. Wanneer een vleuel oopgestoot word, sluit die volgende vleuel die deuropening af. In haar lewe het Jo nog nooit ’n draaiende deur gesien nie, beslis nie so ’n grote nie. Sy besluit om die eerste draai uit te sit, soos ’n perd wat voor ’n hindernis vassteek. Voor sy by ’n sydeur kan ingaan, word sy en Antoine in die kruin van ’n golf Amerikaanse toeriste opgeneem en in ’n stadig tollende breekslag op ’n rooi tapyt in die voorportaal uitgespoel. Jo se bene bewe. Sy beduie vir Antoine dat sy ’n foon gaan soek.

      Die concierge help haar tot by die tiekiehokkie in die Carlton-hotel se portaal. Dit is nie ’n gewone tiekieboks nie. Jo moet aanleun en stoot om die swaar hout-en-glasdeur met sy versierde geelkoperhandvatsel oop te kry. Binne ruik die donkerhoutpanele na ou geld. Haar vingers gly oor die brokaatkussing van die hoë stoeltjie.

      “Ja, Ma, die vlug Johannesburg toe het goed afgeloop, die lughawebussie Pretoria toe was betyds, als is reg.” En dit sê jy met ’n janusgevreet, Jo du Plooy. Sy gooi nog ’n silwer tiensentstuk in die gleuf.

      “Teken asseblief vir my in wanneer dit laat raak,” vra sy vir Lara Cloete, die huishoudkundestudent wat haar met vriendskap teister, wat ongenooid by haar koshuiskamer in en uit.

      “Is jy nog by die huis?” vra Lara.

      “Nuuskierige agies hoort in die wolwehok.”

      Die situasie met die Fransman raak buite haar beheer. Dalk moet sy ’n huurmotor Pretoria toe ontbied. En waarmee betaal? Hoe kry sy haar bagasie uit die kattebak?

      Die concierge, aangevuur deur ’n fooitjie, vergesel Jo na waar Antoine in die Three Ships-restaurant vir haar sit en wag. Nadat hy die prooi uitgelewer het, verdwyn hy diskreet.

      Jo proe nie die keurig bereide châteaubriand nie. Haar aandag is by die glimmende vleuelklavier, die wit damastafeldoek, die vergulde silwermessegoed, die fluitglas Dom Pérignon 1973, die beeld van ’n fontein met springende bokke uit botter gekerf. Die gestyfde, fronsende kelner.

      Gaan die welgestelde buitelander en sy jong metgesel oorslaap? Ontbyt benodig? Antoine lyk slu. Soos Raka.

      Jo ril. Die wit rose herken sy uit haar ma se tuin. Hibrides. Die borrels in die glas kielie haar verhemelte. Gejag sit sy deur ’n jagse.

      Dit laat haar bloed bruis om aan die dampkring van die alledaagse te ontsnap.

      “Hoe lank vlieg mens Parys toe?” vra sy vir die Fransman.

      “I take you with me? You want to come?”

      Sy ignoreer die vrae, vou die gestyfde servet oor haar skoot oop. Eendag gaan sy nog in Parys woon.

      Oor die Johannesburgse nageinder verskiet daar ’n ster.

      Jo bêre die porseleingeskenkbordjie met die drie blou skepe daarop in haar handsak en raak smoordronk op Moët & Chandon.

      “Please, could you take me back now?” vra sy ná ete. Haar lippe dik en rubberig, soos fietsbinnebande, asof sy by die tandarts was.

      Die Fransman gee ’n jakkalslag. “My tank is empty. Remember, no fuel after seven. Sorry, chérie.”

      Ja, sure. Die bliksem het geweet sy sou moes gaan lê van die sjampanje, geweet die petrolpompe sluit om seweuur die aand.

      Hy

Скачать книгу