Soetloop. E. Kotze

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Soetloop - E. Kotze страница 13

Автор:
Серия:
Издательство:
Soetloop - E. Kotze

Скачать книгу

      “Ja, dit neem seker tyd om daaraan gewoond te raak.”

      “Vir party, ja. Ander sluk swaar – Anna het net melk gedrink. Gaan dit goed met haar?”

      Dominee glimlag goedkeurend. “Ja, ja, sy’s ’n flukse meisie. My vrou is baie tevrede met haar. En so ’n mooi stem, saans by die huisgodsdiens. ’n Mens hoor ook net goeie dinge van Dol. Elke biduur saam met suster Jettie in die kerk.”

      Die prysrede word onderbreek toe Kattie woedend aan die skree gaan toe Kat haar oor die arm krap. Dominee kry ’n kwaai kyk toe hy probeer troos. Eindelik kry Kattie haar sit op haar ma se skoot.

      Voor Dominee met die pastorale gesprek kan begin, val die skoolkinders by die deur in en is die vrede daarmee heen. Hulle sit aan by die tafel en Claasie begin vir hulle kos uit die pot by die vuurherd skep.

      “Dis dan nou die laaste drietjies?” vra Dominee. “En nog hierdie enetjie,” met ’n handgebaar na Kattie.

      Ellen knik. Die ander is almal uitgeplaas. ’n Vreeslike woord, klink asof dit oor weeskinders gaan. Daarom het sy by elkeen wat die huis verlaat dit ingeprent: Moenie vergeet waar jy vandaan kom nie. Jy het ’n pa en ’n ma. En jy is ’n Prins, onthou vir oupa Nicolas en ouma Elisabet.” Al was dié ’n Laumbaart.

      “Jy’s so ’n moedige vrou, Ellen,” sug Dominee.

      Hy sluit af met Skriflesing en ’n gebed waarin die Prinse aan die Here opgedra word, Claas en Ellen en elke kind. Ook vir Nieko vergeet hy nie.

      “Moenie moed verloor nie,” sê hy ná die Amen. “Soos die verlore seun sal hy terugkom.”

      In dié opsig kan Ellen hom reghelp. Het die storie dan nog nie sy ore bereik nie? Seker omdat dit nie kwaadwillig genoeg is nie.

      “Nieko is mét ons seën weg, Dominee. Hy’s goed geholpe by Duitse boere in die Kaap.”

      “En hy kan in Duits tel! Ein, swein, drein, veer, fûûf!” val die kinders om die tafel weg.

      Ellen moet glimlag. “Verskoon tog maar, die kinders kan so uitgelate wees.”

      Die godsman neem sy hoed en staan op. Voor hom strek die steil kliprug wat hy nog moet uit om by sy kar en perde te kom. Sy lakense pak reeds so vol stof, die wit boordjie sny in sy nek.

      “Die kinders kan die donkies inspan,” sê Ellen. “Hulle is nie te onwillig as ’n mens hulle eers aan die loop gekry het nie. Claasie, gaan help julle vir Antonie. En vat vir Dominee weg.”

      Daarby maak sy ’n meelsakkie halfvol droëperskes. Vars van die plaas af met ’n geleentheid gekom. En nuus van haar suster dat die asma Pa die winter so beetgehad het, hy’s regtig sleg en Ma kry nie slaap nie. Albei al in die sewentig, stap aan vir tagtig.

      Ja Here Vader, dink Ellen toe sy die slingerende donkiekarretjie agternakyk.

      7

      Kattie is olik toe klein Eli van Malie gedoop word en Ellen sien nie kans om Langbáán toe te gaan nie. Claas neem die res van die kinders en hulle kom vertel van al die lekker eetgoed.

      Malie glo dis uit pure vermakerigheid, dat Kattie maar net ’n verskoning vir haar ma is om nie ’n voet in die Taars se huis te sit nie. Ná al die jare is die krapperigheid steeds daar.

      “Malie wag net dat jy ’n vinger lig,” sê Claas. “Julle twee is net eners, een sal moet kopgee.”

      “En die dooprok dan?” vra Ellen. “Beteken dit niks?”

      Handgemaak, met wit borduursel. Toegevou in ’n kussingsloop het sy dit ná elkeen van haar kinders se doop weer in die linnelaai gebêre, en nou saamgestuur vir haar eerste kleinkind.

      Wietie moet as middelman optree.

      Praat jy tog met Malie, skryf Ellen in ’n brief aan haar. Ek weet nie wat sy teen my het nie, maar ek kan nie vir alles geblameer word nie. Jy sal sweer die ongeluk wat jou pa se familie getref het, is deur my toedoen. Vir al die kinders blameer sy my ook. As ek geweet het hoe, het ek gekeer dat daar nie soveel van julle was nie. Nou moet júlle maar oppas … As sy die nag van Kattie se geboorte teen my hou, dat Leopold moes instaan, en ek só gekant teen hom, sy kon haar nie meer geskaam het as ekself nie. Oor daardie nag wil ek liewer ’n doek trek. Ek is jammer, jammer, jammer. Maar moet dit dan tussen ons staan tot in ewigheid? Een van die dae sit ek en julle pa soos ons vinger hier op Laaggelee. Ek kan my dit nie verbeel nie, maar ek sien dit aankom. Kleinserig was ek nog nooit, maar wat word van Kattie wat nie ’n gesonde kind is nie as sy alleen die ent skool toe moet stap?

      “Wat is dit met die kind, Ma?” vra Anna en Dol elke keer as hulle by die huis kom en vir Kattie plat op die vloer onder die tafel sien sit met Kat op die skoot.

      Soos hulle haar daar probeer uitlok, sing sy net harder: “Handjie plakkie, koekie bakkie, stukkie lewer, stukkie long, goed vir die oue sieke jong!”

      Ellen kry die gevoel sy word gekapittel as sy in die beskuldigende gesigte kyk. “Geen twee kinders is eners nie. Hierdie een is anders. Hoekom weet ek nie.”

      Hoe argeloos is die eerste paar nie verwek nie. Claas het self gespog dat hy net sy onderbroek oor die kooistyl kan hang, dan is sy só. Almal pragtige dogters met dik, blonde hare. Weet jy, my Lam, hulle kan met ons twee teel. Kyk die vagte. Almal skoukwaliteit, eerste pryse!

      Wat haar betref, is Kattie bloot wederstrewig. Die kind se nuutste laai is om hande-viervoet teen die huis se bere uit te hardloop en op die dak te klouter. Waarvandaan sy glo met haar hande aan die hemel wil raak.

      Volgens wat Ellen uit Wietie se briewe kan agterkom, bly dié lekker op Langbáán aan die strandmeer. Sy gaan gereeld saam met Fernand Taar in die roeiskuitjie op die lagoonwaters uit, hy leer haar visvang. Hulle verkoop glo op die strand, sy kry haar deel aan geld.

      Raai, Kadaai! teken sy haar naam onderaan die briewe wat Claas van Kliprug af bring en Ellen oopskeur om voor te lees.

      Sy wonder of die visvangery ’n goeie ding kan afgee. Elke brief van haar sluit sy met ’n vermaning dat Wietie haar tog nie moet verwaarloos nie, haar kopding moet opsit, en nie ongeërg raak tussen die mansmense nie. Onthou, jy’s ’n meisiekind.

      Toe Wietie en Ellie eendag by Nieko gaan kuier – met die trein van Groenkloof af tot in die Kaap, waar hulle mekaar op die stasie ontmoet – kry Ellen ’n hele relaas.

      Ons het Pa se niggie in Mowbray gaan opsoek, Missies Moore. Baie styf in haar borsrok, hoe sy moet asemhaal! Sy het tee geskink en ons toe uitgeboender. “Girls, I have no time for visitors.”

      Dit nadat Nieko ’n kop kool en geelwortels vir haar saamgevat het. “Die ou balbytermier,” sê hy toe die hekkie agter ons klap. Ons het ons slap gelag, uit die Kaap tot binne-in die Groenkloof.

      Selfs Ellen kan die ooreenkoms sien – die garingdun middeltjie en lang agterlyf – en lag saam toe sy die brief vir die ander voorlees.

      Vir Kattie moet sy ’n knyp gee toe dié die ontoelaatbare woord bly prewel nadat die kers doodgeblaas is: Balbyter, balbyter!

      Nieko is ’n man toe hy eindelik op ’n dag die kombuisdeur vol staan, netjies aangetrek, baadjie oor die arm.

      Hy

Скачать книгу