Die tragiese saak van Pamina Vermaak. Annie Klopper
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Die tragiese saak van Pamina Vermaak - Annie Klopper страница 8
![Die tragiese saak van Pamina Vermaak - Annie Klopper Die tragiese saak van Pamina Vermaak - Annie Klopper](/cover_pre707654.jpg)
Sy dink: Of vasgevang in die bollings muisneste wat jý destyds veroorsaak het. En sy weet sy moet wegkom uit sy teenwoordigheid, want sy vertrou haarself nie by hierdie beeld van ’n man nie. Dis ook omdat hy seker nog nooit self ’n boek gelees het nie dat hy dink “penarie” is ’n groot woord. “Is die kar nou reg?”
“Jip. Het net petrol gekort. Dit staan by die agterdeur. Kom, ek stap saam.”
Ja, dis gepas vir haar ou skedonk om by die agterdeur te staan. Nie by die voordeur van dié paleisagtige plaashuis nie. As sy met haarself eerlik moet wees, het sy nooit regtig gemaklik gevoel hier nie.
Toe Pamina dankbaar inklim, sit Dirk sy hand bo-op die kardeur om te keer dat sy dit dadelik toeklap. “Wat het met jou agterste venster gebeur?”
Pamina ruk die veiligheidsgordel met mening oor haar lyf en gord dit vas, en soos sy die sleutel in die aansitter draai, sê sy: “O, die ruit? Hy’t gedink hy kan staatmaak op iemand, maar toe daag dié nie op nie. Jy weet, sulke goed kan jou nogal breek.”
Dit lyk of Dirk vir ’n verandering nie woorde het nie en ’n frons plooi op sy voorkop. Dan maak hy die deur vir haar toe. “Mooi ry, Pamina Vermaak,” hoor sy hom sê, en hy gee die kar se dak ’n ligte afskeidsklappie.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.