Skadukant. Rika Cloete

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Skadukant - Rika Cloete страница 9

Автор:
Серия:
Издательство:
Skadukant - Rika Cloete

Скачать книгу

’n paar skroewedraaiers wat los rondlê.

      Iets heeltemal onverwags vang haar oog: ’n A2-grootte plakkaat, ongeraam, is met kort stukkies maskeerband teen een van die mure vasgeplak. Sy herken dit as ’n afdruk van ’n Klimt-skildery. ’n Sensuele rooikopvrou lê in die fetale posisie. Oorgegee aan lomerigheid en haar donkerste instinkte, word sy binnegedring deur die goddelike goue storting van bo; ’n eindelose stroom ornamentele munte wat tot in haar dieptes vloei. Haar geslote oë is skaars sigbaar tussen die woeste penmerke wat op haar gesig aangebring is.

      Nog meer ontstellend is die kleurfoto’s. Al om die plakkaat, van swanger vroue. Maklik honderd daarvan, lukraak geneem, ongeposeer. Op straat, langs die strand, by winkels. ’n Voyeuristiese orgie.

      ’n Entjie van die tafel af en direk op Deirdre gerig, blink die rooi ogie van ’n videokamera.

      “Ek weet nie hoekom jy huil nie,” kom die man se stem dof van agter die masker. “Dit is ’n spesiale dag. Vir ons albei.”

      “Mmm … mmm,” kreun sy en wil haar oorgee aan die hitte wat in haar opstoot. ’n Naderende floute. En dan wil sy nooit weer wakker word nie.

      “Vandag is die dag.”

      Deirdre kreun weer. Sy moet iets begin doen, ’n mate van beheer terugkry. Maar wat?

      Daar kan geen twyfel wees nie. Hy is ’n baie siek mens, heeltemal versteur. En hy gaan iets grusaams aan haar doen. Haar verkrag, waarskynlik vermoor. Miskien is dit beter as sy sover moontlik voorgee dat sy nie geïntimideer is nie, dat sy haar lot dapper en vreesloos tegemoet gaan. Dalk moet sy hom reguit aankyk, masker ofte nie, dan voel hy skuldig as hy weet dat sy hom sien, régtig sien. As daar êrens binne hom ’n gewete skuil. Iets wat sal keer dat hy haar lewe beëindig.

      “Ek kan nie hoor wat jy sê nie,” terg hy. “Wag, ek help jou.”

      Hy pluk die bedekking van haar mond af. Sy hoor die skeurgeluid, voel hoe fyn haartjies uitgepluk word. Eers toe sy sien dit is wel kleefband in sy hand, registreer sy die pyn. Haar lippe brand soos vuur.

      Deirdre asem hard in en uit, raak aan haar mond. Sal iemand kan hoor as sy …

      “Moenie eens daaraan dink om te skreeu nie. Dit gaan jou niks help nie. Hier is niemand nie. Dis net ek en jy.”

      “Wat wil jy van my hê?” Haar keel is rou en kurkdroog. “Water … Kan ek ’n bietjie water kry, asseblief?”

      “Nie nou nie.”

      “Asseblief,” dring sy aan. “Ek sterf van die dors.”

      “Nie nou nie.”

      Hy streel saggies oor haar hare en sy kan weer sy asem ruik. Dit het versnel.

      “Wat wil jy van my hê?” vra sy weer, dringender.

      “Ek weet jy wil weet. Maar ek gaan jou nie sê nie.”

      “Wat wil jy hê!” Sy wil histeries word en sy kan dit hoor ook.

      Hy lag lelik en antwoord toe doodluiters: “My kind, natuurlik.”

      “Liam?” sê-vra sy versigtig.

      Hy klap haar deur die gesig.

      “Nee! Nie Liam nie – Pappa.”

      Deirdre skud haar kop, kry min of meer weer gefokus. Dan sien sy nog ’n paar dinge in die werkswinkel.

      Onder al daardie foto’s teen die muur staan ’n metaaltafel met ’n hele klompie glasbottels van verskillende groottes daarop. Een daarvan – die soort wat gebruik word vir plaaskonfyt of om vrugte in te lê – is gevul met vloeistof en ’n voorwerp wat sy nie kan uitmaak nie. Daar is ook babaprodukte op die tafelblad. Poeier, weggooibare doeke, verskeie flessies met salf en olies, asook die sponsoppervlak waarop ’n kindjie drooggemaak kan word. ’n Paar sagte speelgoedjies, een daarvan ligblou, lê daarnaas. En ’n entjie weg staan ’n wiegie met kantomhangsels.

      Deirdre weet ook nou waar die wiegeliedjie vandaan kom. Dit teem onverpoos uit luidsprekers aan weerskante van die tafel; ’n kleinerige CD-speler is tot teenaan die muur geskuif, bo-op die blad.

      Die ratte wat al vandat sy haar bewussyn herwin het in haar kop begin draai het, kliek met een slag saam. Sy wou dit met alle mag ontken, maar kan nie meer nie. Dit is ’n werklikheid dat sy in die kloue van die moordenaar beland het.

      Die afgryslike beeld van Hanna op die strand, soos Liam dit beskryf het, kom by haar op. Dit is wat vir haar voorlê. Dié man gaan haar buik oopslag en vir Fionn uithaal. Dit is sy werkswyse. En dan gaan hy kwistig goue verf in die gapende wond aanbring. Sy handtekening op haar lyf maak. En haar borste …

      Vir die res is daar nie plek in haar kop nie. Dit is reeds meer as wat enigeen kan verduur.

      Nee. Sy sal dit nie toelaat nie.

      “Jy gaan nie aan my, en veral nie aan my kind raak nie,” sê Deirdre kalmer as wat sy gedink het moontlik is. “Hoor jy my?”

      “Oor jou dooie liggaam?” terg hy. “Jou bestelling is geplaas.”

      Waar sy die moed vandaan kry, weet sy nie, maar sy antwoord ferm: “Ek sal hom tot my laaste asem toe beskerm, dit belowe ek jou. Ek het nog nie ’n idee hoe nie, maar ek sal. Dit is mý kind, nie joune nie.”

      Haar woorde bring hom effens van stryk en sy hoor hom sluk.

      “Dit is my kind ook.”

      “Nee, dit is nie. En jy weet dit.”

      Hy begin kerm. Eers saggies, maar dan soos ’n hond wat tjank. Toe bou dit op tot hy briesend uitroep: “Dit is my kind óók!”

      Sy wonder of sy hom verder durf teëgaan, maar daar is iets binne haar wat weier om op te hou.

      “Watse soort pa is jy wat homself agter ’n masker wegsteek? En die ma van sy kind terroriseer? As jy regtig omgee, sal jy dit mos nie doen nie. Net ’n slegte pa doen so iets. ’n Lafaard.”

      “Jy praat nie so met my nie!”

      Haar wang vlam op toe hy haar weer klap en van haar hare beland in haar mond.

      “Moenie dink ek weet nie wat jy probeer doen nie,” sê hy smalend. “Ek sien dwarsdeur jou. Jy kan my nie om die bos lei nie.”

      Hy spring op, gaan vroetel naby die draaibank en kom dan terug met ’n skalpel en ’n lang stuk elektriese koord. Hy het nou latex-handskoene aan.

      “Nee,” protesteer Deirdre toe hy haar op haar rug teen die vloer vaspen en bo-op haar bene gaan sit. “Nee, asseblief!”

      Sy takel hom met haar vuiste, maar dit het geen uitwerking nie. Met brute krag weer hy dit af, dwing haar in die posisie waarin hy haar wil hê.

      Soos blits gryp hy haar kop vas, lig dit op, druk die koord behendig onder haar nek deur en bring die twee punte by haar keel saam. Die drukking vermeerder soos hy die punte oormekaar trek. Stywer.

      Hy gaan haar verwurg, die asem stadig uit haar pers.

      “Moenie,

Скачать книгу