Piekfyn Afrikaans Graad 9 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal. Henk Viljoen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 9 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen страница 3

Piekfyn Afrikaans Graad 9 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

een woord behoort te wees, maar weens uitspraakverwarring nie as een woord geskryf kan word nie, byvoorbeeld see-eend, na-aap. Dit word ook gebruik•om lees te vergemaklik: Ermelo-inwoner•as weglaatteken: sit- en slaapkamer•as afbreekteken aan die einde van ’n reël: Ons moet die koppelteken korrek gebruik.Onthou: Hooftelwoorde waarin die voegwoord en voorkom, kan los of met koppeltekens geskryf word: ses en sewentig/ses-en-sewentigSpellingWoorde wat eindig op ’n -d en -tTussen die slotklanke van hand, band, hond, kat en kant is daar geen verskil nie. Die meervoudsvorme is hande, bande, honde, kat(t)e en kante. Daarom word hand, band en hond met ’n -d en kat en kant met ’n -t geskryf. Die oorspronklike woord en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik op dieselfde manier gespel word.BetekenisleerHomofoneHierdie woorde klink dieselfde, maar die betekenis en die spelling verskil, byvoorbeeld:•Die danser vertel ’n leuen vir sy afrigter omdat hy laat is. Nou leun hy teen die muur sodat ons hom moet jammer kry.•’n Regter vel ’n vonnis. Die son skyn baie fel hier in Afrika en ’n mens kan maklik sonskade kry.HomoniemeDit is woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar dit het verskillende betekenisse, byvoorbeeld:•Ek gaan nou huis toe. Maak asseblief die deur toe.•Dansuitrustings is deesdae baie duur. Die dansweek duur slegs een week.•Die ouddanser het waardevolle raad aan die dansers gegee. Die Raad het besluit dat die danskompetisie in Kaapstad sal plaasvind.•’n Harder is ’n soort vis, maar jy sal harder moet probeer indien jy hom wil vang!

Beantwoord die vrae in jou werkboek. Skryf die sinne oor en kies die korrekte spelwyse en/of skryfteken.
1.Dansers (reis/rys) baie vir optredes. (1)
2.Tydens optredes sien hulle hulle (famielies/families) maar min. (1)
3.Dansers kry genoeg oefening, daarom is hulle gewoonlik (maar/maer). (1)
4.Hulle tree gewoonlik in teaters op, nie in die (veld/velt) nie. (1)
5.Dit is belangrik dat dansers al van vroeg deur hulle (mas/ma’s) gestuur word vir danslesse. (1)
6.Die (Le Rouxs/Le Roux’s) is baie bekend in danskringe. (1)
7.Kinders (naaap/na-aap) graag die dansers nadat hulle ’n vertoning gesien het. (1)
8.Dansers is (finansieel/finansiël) goed daaraan toe, want hulle tariewe is hoog. (1)
9.Soms bestaan ’n dansgroep uit (een- en twintig/een-en-twintig) lede .(1)
10.’n Goeie danser kan ook ’n bekende (stêr/ster) word. (1)
11.Kies die korrekte vorm van die woord tussen hakies:
As ’n mens na ’n stamdans van ’n ander (land/lant) kyk, kan jy verstaan waaroor dit gaan, al is die (agtergrond/agtergront) en oorsprong nie (bekend/bekent) aan jou nie. Al ken jy nie die mense nie, kan jy agterkom of die stamdansers (bid/bit) of (kwaad/kwaat) is. (5)
(Totaal: 15 punte)
Formele assessering: Jou onderwyser kan hierdie aktiwiteit formeel assesseer vir Taak 3 (kwartaal 1) van die assesseringsprogram.

Aktiwiteit 3: Sê jou sê
In hierdie aktiwiteit gaan jy
•Skryf en aanbied•Lees en kyk•Taalstrukture en -konvensies•’n advertensie ontwerp en skryf•’n liedjie lees vir begrip en waardering•jou woordeskat uitbrei•idiome en idiomatiese•nuwe/onbekende woorde wat met musiek en dans verband hou, en woorde wat dikwels verkeerd gespel word, herken en gebruik.

      Julle weet hoe mense van mekaar kan verskil as dit kom by keuses maak. Alle tieners hou van gemaklike klere, maar kyk net hoe verskil hulle klere wanneer hulle by ’n jol opdaag! Die meeste tieners hou van dans, maar gee hulle die kans om te dans – hulle gaan beslis nie dieselfde bewegings maak nie!

      Sê jou sê in groepe: Kry jou skryfgoed bymekaar en skryf twee van jou gunstelinge onder die volgende opskrifte neer:

       •Beste sanger of musiekgroep

       •Lekkerste jolplek

       •Beste tydverdryf

      Verdeel in groepe en gee elkeen in die groep ’n beurt om vir die klas een gunsteling te noem en te sê waarom hy/sy dit bo die ander verkies.

      Ontwerp ’n advertensie

       •Kyk na advertensies in koerante en tydskrifte.

       •Watter dinge in ’n advertensie trek jou aandag? Let op die volgende: opskrifte en subopskrifte, lettertipes en -groottes, illustrasies/grafika, die gebruik van kleur, slagspreuke, trefwoorde of -frases, ensovoorts.

       •Hoekom trek dit jou aandag?

       •Is daar iets in die advertensies wat jou oorreed om van die produk/diens gebruik te maak of die geleentheid by te woon?

       •Gesels met jou maats daaroor.

      Kies een van jou gunstelinge wat jy tydens die groepgesprek geïdentifiseer het en ontwerp ’n adverten­sie daarvoor. Voordat jy met die opdrag begin, moet jy eers Pitkos aandagtig deurlees. Sorg dat jou advertensie aan al die vereistes voldoen, want jou onderwyser kan dit moontlik formeel assesseer.

      Pitkos

      Riglyne vir advertensies (tekskenmerke)

       •Wat is die doel van die advertensie?

       •Wie is die teikengroep van die advertensie?

       •Die advertensie se boodskap is duidelik vir die ontvanger/leser/kyker.

       •Die advertensie het woorde/teks wat die ontvanger/leser/kyker sal oorreed.

       •Maak die skrywer gebruik van gevoelstaal?

       •Illustrasies, grafiese materiaal en die skriftelike teks is duidelik en betekenisvol.

       •Die komposisie (uitleg) van die advertensies is gepas.

       •Het jy jou spelling, woordkeuse en punktuasie nagegaan?

Formele assessering: Jou onderwyser gaan jou advertensie formeel assesseer.

      Opdrag: Vertaling

      Lees die volgende gedeelte oor die oorsprong van die Suid-Afrikaanse gumboot-dans en kyk of jy die liedjie eers in Engels en dan in Afrikaans kan vertaal.

      Dit is nie net smaak in klere, pret of musiek wat verskil nie. Daar is in elke kultuur tradisies, plekke en voorwerpe waaraan waarde geheg word. So ontstaan die Suid-Afrikaanse gumboot-dans wat wêreldwyd bekend is.

      Dié dansstyl is deur Suid-Afrikaanse mynwerkers ontwikkel. Hierdie werkers moes om finansiële redes weggaan van hulle gesinne en in die goud- en steenkoolmyne gaan werk. Hulle was maande lank van die huis af weg en moes onder gevaarlike toestande werk. Hulle werksklere het bestaan uit oorpakke, bandanas vir die sweet, harde hoede en rubberstewels (gumboots) vir beskerming. Hierdie werkers is nie toegelaat om met mekaar te praat terwyl hulle ondergronds (underground) gewerk het nie. So het hulle deur middel van die rubberstewels begin kommunikeer.

      Sommige werkgewers het agtergekom dat hier ’n nuwe dansstyl aan die ontwikkel was. Hulle het die werkers in groepe laat dans om besoekers aan die myne te vermaak.

Woordeverklarings
aanhang – gewildheid, ondersteuning
bandanas – gekleurde sysakdoeke met wit of geel kolle wat as tjalie of nekdoek

Скачать книгу