Piekfyn Afrikaans Graad 9 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal. Henk Viljoen
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 9 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen страница 5
In ’n neutedop |
Leestekens/Punktuasie |
Punt (.): Sinne eindig altyd met ’n punt, al is dit net een woord: Hallo. Dit word ook by die meeste afkortings gebruik: dept., pres.Komma (,): Plaas kommas tussen ’n reeks selfstandige naamwoorde, tussen twee werkwoorde, asook tussen opeenvolgende byvoeglike naamwoorde en bywoorde: Griet dans vooroor, agteroor, (bywoorde) swaai haar heupe en spring in die lug op. Onthou om piesangs, appels, perskes en lemoene te koop (selfstandige naamwoorde).Plaas ’n komma tussen twee gesegdes: Toe Griet in die lug opspring, was Malan nie daar om haar te vang nie.Plaas ’n komma voor of na die naam van iemand wat aangespreek word: Malan, het jy nie gesien toe Griet spring nie?Vraagteken (?): Kom aan die einde van ’n vraagsin voor: Hoe was die dans?Uitroepteken (!): Kom aan die einde van ’n bevelsin, opdrag en uitroepsin voor: Moenie so vals sing nie! |
In die volgende paragraaf kort daar leestekens (punte, kommas, vraagtekens en uitroeptekens). Skryf die paragraaf oor in jou werkboek en voeg die gepaste leestekens in. Lees die paragraaf hardop en maak seker jy neem die leestekens in ag.
Waar kom dans vandaan?
In die meeste lande is daar ’n tradisionele soort dans wat oor baie jare ontwikkel het Dié danse het dikwels van godsdienstige of stamrituele tot komplekse danssoorte ontwikkel So kry mens verskillende danse uit Europa Oos-Asië Suidoos-Asië Indië en Afrika In watter land ’n mens ook al woonagtig is almal stem saam: om te dans is lekker
Selfstandige lees
Lees nou die pragtige gedig “Lya Konnokos” in jou Piekfyn Afrikaans Leesboek. Op watter soort dans word hier gefokus? Watter stylfiguur word in die gedig baie gebruik? Waarom dink jy word dit so baie gebruik? Beantwoord die res van die vrae wat in die leesboek is.
Aktiwiteit 5: Taal in konteks |
In hierdie aktiwiteit gaan jy |
•Taalstrukture en -konvensies•jou woordeskat uitbrei•die meervouds-, verkleinings- en geslagsvorme in Afrikaans leer. |
Woordeskatuitbreidings |
In hierdie module het jy baie oor dans en musiek gelees en gepraat. Nou moet ons ’n spellys oor die onderwerp saamstel. Hier volg ’n lys van beroepe in die musiekwêreld wat julle kan help. Jy moet jou spellys self aanvul met woorde oor musiek en dans wat in die module voorkom. |
’n Choreograaf is ’n skepper van ’n dans, ballet. |
’n Dirigent is ’n leier van ’n koor, orkes. |
’n Instrumentalis is ’n bespeler van ’n musiekinstrument. |
’n Maestro is ’n beroemde musikus, leermeester, dirigent. |
’n Musikant is iemand wat vir sy beroep musiek maak. |
’n Musikus is ’n persoon met ’n besondere kennis van die wetenskap en beoefening van musiek; hy/sy kan self ook musiek maak. |
’n Slagwerker is ’n bespeler van slaginstrumente. |
Leer meer van meervoude, verkleining en geslag
In Afrikaans het selfstandige naamwoorde verskillende agtervoegsels of verbuigings om meervoude en verkleinwoorde te vorm. Lees die inhoud van In ’n neutedop noukeurig deur. Leer die spelling van die woorde.
In ’n neutedop | |||
Meervoude en verkleining | |||
Let op na die volgende: | |||
Meervoude kom in Afrikaans voor by selfstandige naamwoorde. Meervoude word aangedui deur een van die volgende agtervoegsels -e, -s, -ere, -ers, -’s, -te, -de, -ens en -hede aan te las by die woorde. Leer die volgende meervoudsvorme. | |||
-e | -s | ||
vlooi | vlooie | koning | konings |
vis | visse | piesang | piesangs |
knie | knieë | motor | motors |
boom | bome | onderwyser | onderwysers |
-ere | -ers | ||
lied | liedere | kind | kinders |
volk | volkere | kalf | kalwers |
-’s | -te | ||
ma | ma’s | lig | ligte |
foto | foto’s | gesig | gesigte |
-de | -ens | ||
hemp | hemde | vrou | vrouens |
hoof | hoofde | nooi | nooiens |
-ede | |||
besigheid | besighede | ||
moontlikheid | moontlikhede | ||
oog/oë | Le Roux/Le Rouxs | ||
Cilliers/Cilliers’s | oorlog/oorloë | ||
Du Preez/Du Preezs | pad/paaie | ||
Du Toit/Du Toits | skip/skepe | ||
gat/gate | stad/stede | ||
glas/glase | |||
Onthou: Nie alle selfstandige naamwoorde het ’n meervoudsvorm nie, byvoorbeeld goud, haat, liefde. | |||
Verkleining in Afrikaans word gewoonlik deur die agtervoegsels -tjie, -jie, -ie, -pie, -etjie en -kie aangedui. In sommige gevalle word die word “klein” saam met die verkleinwoord gebruik. | |||
-tjie | -jie | ||
vloer | vloertjie | hoed | hoedjie |
oupa | oupatjie | kat | katjie |
mandjie | mandjietjie | present | presentjie |
-pie | -kie | ||
boom | boompie | koning | koninkie |
arm | armpie | horing | horinkie |
oom | oompie | piesang | piesankie |
-ie | |||
hoek | hoekie | ||
dorp | dorpie | ||
-etjie | -’tjie | ||
ring | ringetjie | ma | ma’tjie |
slang | slangetjie | pa | pa’tjie |
long | longetjie | foto | foto’tjie |
Verkleining van ’n woord wat in meervoudsvorm is: | |||
honde/hondjies | slange/slangetjies | ||
Opdrag: Voltooi die volgende tabel in jou werkboek deur die korrekte meervouds- en verkleiningsvorme in te vul.
Basis | Meervoud | Verkleinwoord |
1. stamdans | stamdanse | stamdansie |
2. dansstyl | ||
3. musiekvideo | ||
4. lewe | ||
5. pruik | ||
6. jongmens | ||
7. kindergesig | ||
8. tronk | ||
9. ballon | ||
10. pad | ||
11. straat |
Leer in In ’n neutedop hoe geslag in Afrikaans aangedui word.
In ’n neutedop | |||
Geslag in Afrikaans word gevorm deur | |||
• twee aparte woorde te gebruik, byvoorbeeld broer – suster; ram – ooi; swaer – skoonsuster.• die agtervoegsels -in, -es, -e, -esse, -ster, -trise of -te by die manlike vorm van die woord te voeg, byvoorbeeld boer – boerin; held – heldin; bestuurder – bestuurderes; digter – digteres; verleier – verleidster; verpleër – verpleegster; redakteur – redaktrise.• deur vrou(e)- vooraan te plaas, byvoorbeeld vrouetolk en vroue-prokureur.• deur die woord -wyfie by te voeg, byvoorbeeld tierwyfie, makouwyfie. | |||
Twee aparte woorde (familielede) | |||
vader | moeder | bruidegom | bruid |
oupa | ouma | wewenaar | weduwee |
seun | dogter | buurman | buurvrou |
kleinseun | kleindogter | heer | dame |
swaer | skoonsuster | kêrel | nooi |
stiefvader | stiefmoeder | gasheer | gasvrou |
neef | niggie | ||
-in | -es | ||
vriend | vriendin | bestuurder | bestuurderes |
held | heldin | prins | prinses |
kelner | kelnerin | onderwyser | onderwyseres |
-e | -ster | ||
prinsipaal | prinsipale | werker | werkster |
eggenoot | eggenote | verpleër | verpleegster |
president | presidente | ||
-esse | -trise | ||
bibliotekaris | bibliotekaresse | akteur | aktrise |
sekretaris | sekretaresse | direkteur | direktrise |
-te | |||
orrelis | orreliste | ||
pianis | pianiste | ||
|