Piekfyn Afrikaans Graad 9 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal. Henk Viljoen
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 9 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen страница 7
Ina-Mari sê: “Ek gaan nie saam … ”Malan sê: “Ons gaan in Desember … ”Malan sê: “Ek … ” |
Lees, waardeer en verstaan ’n volksverhaal
In jou Piekfyn Afrikaans Leesboek is verskeie kortverhale en volksverhale opgeneem, maar weet jy wat die verskil tussen ’n kortverhaal en ’n volksverhaal is? Kyk saam met ’n maat na die volgende tabel.
Kortverhaal | Volksverhaal |
Dit sluit in moderne kortverhale soos satires, reisverhale, sketse, ensovoorts. | Dit sluit in sprokies, mites, legendes, fabels, belewenisse en sages. |
Het ontstaan as skriftelike literatuur. | Het ontstaan as mondelinge literatuur wat van geslag tot geslag oorvertel is. |
Kortverhale het ’n verskeidenheid doelstellings en temas. | Die doel van volksverhale is om die gehoor te vermaak en om ’n lewensles te leer. |
Kortverhale wissel van kort tot lank, die intrige en spanningslyn is duidelik, innerlike en uiterlike handelinge kom voor. | Dit is baie kort, daar is min intrige (patroon van gebeure) en dit maak hoofsaaklik van dialoog en handeling gebruik. |
Die karakters is gewoonlik mense en daar is gewoonlik een hoofkarakter en newekarakters. | Karakters is sprokiesfigure, diere, dinge uit die natuur. |
Dit kan in die verlede of teenwoordige tyd geskryf word. | Dit word gewoonlik in die verlede tyd vertel. |
Karakters het name wat hulle ook soms karakteriseer. | Karakters het nie eiename nie en staan bloot bekend as byvoorbeeld “die vrou”, “die jakkals”, ensovoorts. |
Herhaling kan gebruik word ter wille van beklemtoning. | Frases, woorde, liedjies word herhaal om belangrike dele uit te lig. |
Groepbegeleide lees
Beurtlees die verhaal “Melina sing ’n noot” in jou Piekfyn Afrikaans Leesboek. Beantwoord die volgende vrae in julle groepe.
•Dink julle die verhaal is ’n tipiese kortverhaal of ’n volksverhaal?
•Wie is die hoofkarakter in die verhaal?
•Wat was die hoofkarakter se droom?
•Word daar van herhaling in die verhaal gebruik gemaak? Gee voorbeelde.
•Wil hierdie verhaal vir die leser ’n les leer? Hoekom sê julle so?
•Was hierdie verhaal vir julle humoristies (snaaks)? Hoekom sê julle so?
•Het Melina se droom waar geword? Verduidelik.
Skryf jou eie storie
Jy het die verhaal “Melina sing ’n noot” gelees en daaroor gesels. Skryf nou vir huiswerk jou eie kort storie oor ’n fiktiewe karakter en gebeure. Jou verhaal moet ongeveer drie (3) bladsye (± 20 paragrawe) lank wees. Jou onderwyser kan dalk besluit om dit formeel te assesseer.
(Kwartaal 1: Week 3 en 4)
Almal hou van die taal van musiek
Wat gaan jy leer?
Almal hou van musiek, maar nie almal hou van dieselfde soort musiek nie. Hierdie module begin met ’n luisterbegripsoefening oor musiek en ’n mondelinge aanbieding oor jou gunstelingliedjie of -musikant en jy maak ’n dagboekinskrywing. Jy doen weer ’n luisteroefening en berei ’n teks voor vir hardoplees. Jy skryf twee briewe: ’n uitnodigingsbrief en ’n brief van waardering.
Jy gaan lees van liedjies en musikante. Jy doen ook ’n leesbegripsoefening om leesbegripstrategieë in te oefen. Ons almal ken ’n vuvuzela – lees ’n uittreksel uit ’n jeugroman Vuvuzela om letterkunde beter te verstaan. Dan is dit weer tyd om ’n gedig te lees en vir die inskerping van verskeie taalstrukture. Jy moet ’n spotprent en ’n paar advertensies ontleed om jou kyk- en taalbegrip te bevorder. Jy sluit die module af met selfstandige lees – geniet die verhaal “Die goue kitaar”.
Aktiwiteit 1: Luister na ’n voorlesing |
In hierdie aktiwiteit gaan jy |
•Luister en praat•aandagtig luister na ’n leesteks•notas maak•vrae beantwoord. |
Jou onderwyser gaan ’n teks oor musiek aan jou voorlees. Onthou jy die stappe van die luisterproses? Lees die stappe hieronder.
Luisterproses
•Jou onderwyser gaan eers die teks lees. Jy moet net luister.
•Dan gaan jou onderwyser die vrae saam met jou lees en verduidelik.
•Jy gaan weer na die leesstuk luister. Jy mag dan notas afneem.
•Jy gaan dan die vrae in jou werkboek beantwoord.
Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek. | |
1. | Die storie oor die geskiedenis van musiek begin met die woorde “Waar het musiek begin?” Watter twee moontlikhede noem die skrywer waar musiek kon begin het? (2) |
2. | Wat word in Afrika tradisioneel geglo is die ontstaan van musiek? (1) |
3. | Noem drie soorte tradisionele danse van die Amerikaanse Indiane. (3) |
4. | Wat is ’n “argeologiese vonds”? (1) |
5. | Wanneer is iets “antiek”? (1) |
6. | Waarop
|