Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal. Henk Viljoen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal - Henk Viljoen страница 8

Piekfyn Afrikaans  Graad 12 Leerderboek Huistaal - Henk Viljoen Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

dat hy nooit na die man uitgevra het nie.

48164.png

      Kenmerke van ’n drama

      Die gesproke woord en handeling is die twee middele wat ’n dramaturg gebruik om sy tema of boodskap oor te dra. Die gesproke woord kan in die vorm van ’n monoloog voorkom, maar meestal is dit in die vorm van ’n dialoog of gesprek tussen karakters. Elke karakter het ’n spreekbeurt. Handeling behels alles wat ’n karakter op die verhoog of ’n akteur in ’n rolprent of televisiedrama doen – sy bewegings, gebare en selfs sy gesigspel. Die gemoedstoestand van die karakter word afgelei uit die handeling en die denkproses van die akteur. Dialoog en handeling bepaal wat die gehoor van die karakters gaan dink.

      Die hoofkarakter (Hendrik in Paljas) is die belangrikste karakter in ’n drama. Die ander belangrike karakters is mede- of newekarakters (Katrien, Emma, Willem, Nollie, Frans en Manuel in Paljas). Karakters wat ’n minder belangrike rol speel, word randkarakters genoem (soos Dominee, Oudokter, Jan Mol, ensovoorts, in Paljas). Die hoofkarakter is die held of protagonis en sy bose teenspeler word die antagonis genoem. ’n Derde karakter wat konflik tussen die protagonis en antagonis veroorsaak, word die tritagonis genoem (in Paljas is dit Manuel die nar).

      Innerlike/interne konflik is die spanning wat by ’n persoon geskep word deur die botsing van begeertes, behoeftes, drange, vrese, ensovoorts. ’n Karakter (soos Katrien in Paljas) wys byvoorbeeld nie maklik emosies nie – die karakter ervaar dus konflik. Eksterne konflik is wanneer karakters uiterlik bots (byvoorbeeld: in Paljas daag die kerkmense met gewere by Hendrik op om die nar te kom jag). Eksterne konflik kan dikwels tot interne konflik lei, en omgekeerd.

      Karakteruitbeelding het te make met hoe die leser of kyker die karakter leer ken (hoe hy uitgebeeld word in die film, toneelopvoering, op televisie of oor radio). Dit word bepaal deur die karakter se voorkoms, handeling, reaksies, ensovoorts. ’n Verteller of medekarakters kan ook inligting oor ’n karakter gee of die leser of toeskouer kan afleidings maak uit die interaksie tussen karakters, tussen karakters en die omgewing, ensovoorts.

      Die intrige of verhaallyn is die patroon waarvolgens gebeure plaasvind (in Paljas is dit ’n sirkustrein wat per ongeluk op die verlate spoorweghaltetjie, Toorwater, beland en hoe dit die gesin wat daar woon se lewe ingrypend verander). Daar kan ook verskeie subintriges of ondergeskikte storielyne wees.

      Die dramatiese doelstelling van ’n drama kan wees om te vermaak, om die kyker te laat nadink of om nuwe perspektiewe te bied. (Die Karoo word byvoorbeeld gewoonlik as ’n prentjiemooi landskap uitgebeeld, maar in Paljas is dit ’n stroewe, ongenaakbare landskap wat die tema van eensaamheid belig.)

      Dramatiese ironie is ’n vorm van kontras: die toeskouer/kyker is bewus van wat op die verhoog/in die agtergrond gebeur, terwyl die karakter onbewus is daarvan. Dit word gebruik om spanning te skep en dikwels ook om simpatie te wek.

      Die struktuur van ’n verhoogdrama verskil ietwat van dié van ’n film. Die drama word gewoonlik uiterlik verdeel in bedrywe en bedrywe word gewoonlik onderverdeel in tonele. Die bedrywe is gewoonlik omtrent ewe lank, maar die lengte van tonele kan verskil. In ’n film is daar nie sprake van bedrywe nie, maar wel van tonele.

      Die verloop van ’n drama kan in fases verdeel word:

       Die aanloop/eksposisie/bekendstelling/uiteensetting – die leser/kyker word in die openingstonele aan die ruimte, karakters en tema bekendgestel.

       Die motoriese moment – die gebeurtenis wat die handeling (wat uiteindelik na die klimaks of die antiklimaks sal lei) aan die gang sit (in Paljas is dit die opdaag van die sirkustrein by die spoorweghalte).

       Die verwikkeling is die toenemende spanning terwyl die situasie/verhouding/intrige/botsing/storie ontwikkel.

       Die krisis is die toppunt van spanning voor die klimaks (in Paljas waarskynlik wanneer die nar geskiet word).

       Die klimaks is die hoogtepunt/uitbarsting/breekpunt/katarsis/ommekeer van die spanning of konflik.

       Die dénouement/oplossing/ontknoping/afloop/afwikkeling is die ontrafeling van die botsing/konflik/intrige/spanning (in Paljas is al die verhoudings binne gesinsverband byvoorbeeld ook besig om gesond te raak terwyl die nar by Hendrik-hulle se huis aansterk,).

      Toneelaanwysings is die dramaturg se spesifieke opdragte/aanbevelings vir die opvoering van die drama, asook inligting aan die akteurs. In ’n draaiboek is daar ook spesifieke aanwysings, miskien nog in meer besonderhede as vir ’n verhoogdrama.

      Lees ’n draaiboekteks

      Die volgende uittreksel is uit die filmdraaiboek, Paljas, geskryf deur Chris Barnard. Beurtlees dit in ’n groep of saam met ’n maat.

Karakters:Hendrik MacDonald – ploegbaas op ’n verlore stasietjie, 45Katrien – sy vrou, 40 jaar oudEmma – hulle dogter, 19 jaarWillem – hulle seun, 9 jaarNollie Kemp – jong man van die dorp, 24 jaar, wat by Emma kuierFrans Lombard – boer van die omgewingManuel – ’n sirkusnarDomineeOudokterJan MolSollie & Sambo & Bertie & Barnie – almal van die sirkusOuderling BothmaSersantKonstabelSakkie du Toit & Pieta Benade – boere van die buurtThys Briekman – van die koöperasieJagtersNuuskieriges by sirkustreinNuuskieriges by die stasiePolisiemanne & kerkgangersPaljas_skool.TIF

      Die landskap is die Karoo. ’n Uitgestrekte, eenselwige, eensame omgewing met gannabos, skaap en koringlande. En dansende lugspieëlings.

      Deur die middel van hierdie landskap loop ’n grondpad en ’n spoorlyn, en langs die spoorlyn is ’n spoorweghalte. Dis skaars ’n halte. Dis ’n perron, ’n sinkwagkamer en -kantoor, ’n watertoring, ’n paar bloekom- en peperbome, ’n paar vervalle skure, ’n laaiplek vir diere, ’n windpomp en ’n spoorweghuis met ’n wye voorstoep. Dis die soort plek waar treine nie stop nie.

      Die plase is groot en die naaste plaasopstal sowat vyf kilometer weg.

      ’n Klompie kilometer suid van die halte is ’n kleinerige dorp met ’n paar winkels, ’n koöperasie, ’n klompie huise en ’n massiewe kerk.

      1’n Uitgestrekte Karoolandskap. Dis net ná dagbreek. Op die oostelike horison is ’n stroomtrein onderweg met sy swart rookpluim duidelik sigbaar teen die lug.

      2Hendrik en Katrien se slaapkamer. Die eerste oggendlig val deur die venster. Katrien klim uit haar enkelbed en maak klein Willem toe wat in dieselfde bed lê. Sy sit ’n oomblik vir die vertrek en kyk – ook vir die slapende Hendrik op die enkelbed oorkant haar. Die lig val effens oor sy gesig.

      3In die kombuis het Katrien die koolstoof klaar gepak en sy steek die vuur aan met ’n stukkie papier wat sy in die kersvlam maak brand. Sy maak die agterdeur oop en kyk uit. Dis net-net lig. Ver en naby, heeltyd, kraai daar hoenders.

      4Katrien, klaar aangetrek, sit ’n skinkbord met vier koffiebekers op ’n tafeltjie langs Hendrik se bed neer. Sy maak hom wakker en sit sy koffie langs hom neer. Hendrik sit regop. Sy sit die ander beker langs klein Willem se bed neer. Sy vat die orige twee bekers en gaan na ’n ander kamer oorkant die gang. ’n Hees hoenderhaan kraai kort-kort buite.

      5Katrien gaan sit op die bed in Emma se kamer en sit Emma se koffie op die bedkassie neer. Emma lê met haar rug na Katrien toe en dit lyk of sy slaap. Katrien maak haar nie wakker nie. Sy sit haar koffie en drink terwyl sy by die venster uitkyk.Die haan kraai weer. Dis elke keer of sy stem wil-wil breek.

Скачать книгу