Kalmte in die malle gejaag. Johannes Bertus de Villiers

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Kalmte in die malle gejaag - Johannes Bertus de Villiers страница 6

Kalmte in die malle gejaag - Johannes Bertus de Villiers

Скачать книгу

se oë uit. Ek was een van daai jongmense.

      Ek is bevrees die kêreltjie wat jare vantevore na sonstrale gestaar en hom verbeel het hulle is engeltjies was lankal iets van die verlede. In sy plek was ’n 23-jarige kettingroker met ’n harde drinkgewoonte en min rigting in die lewe. Ek het pas my graad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf maar was nie regtig lus vir die grootmenslewe van werk, trou, huisverband, naweekaktiwiteite, prostaatprobleme, lewerkolle en uiteindelik die dood nie. Daar móét iets beter wees, het ek gedink. Een goeie vriend van my was voor my Londen toe en het daar met ’n klomp hippies deurmekaar geraak; ek het gedink ek sou my ’n rukkie by hulle aansluit en dan aanbeweeg om ’n avonturier in die Verre Ooste of so iets te word.

      In werklikheid het ek my tyd in Londen verwyl deur die meeste aande in vuil kroeë in Soho wyn te drink, daarna in die middernagtelike ure KFC op Piccadilly Circus te koop en met ’n halfleë bus terug na my woonstel te ry. Nie heeltemal so op-windend soos die avonture wat ek my voorgestel het nie. Op 23 was my dae maar nes die res van die vervelige wêreld waaraan ek probeer ontsnap het.

      Party Sondagoggende het ek in die boheemse vlooimarkte van Camden Town tussen die punks en kommuniste rondgedwaal op soek na … wat? Ek weet nie regtig nie. Dis daar dat ek eendag op ’n aansteekbord afgekom het op ’n kennisgewing – sommer so ’n A5-papiertjie – wat meditasieklasse in ’n omskepte ou brand­weerstasie in Bethnal Green geadverteer het. Die klasse was op ’n Donderdagaand, my af aand by my werk, en by gebrek aan iets beter om te doen, het ek die volgende week die rooi bus soontoe geneem.

      Dit was ’n aardige klomp mense, onthou ek. Almal het so half sag onder mekaar gemurmureer en in hul sokkies rondgesluip. Van hulle het ’n geselsie met my aangeknoop. Een was ’n verpleër wat my vertel het hy was in sy jong dae ’n sosialis, maar is sedertdien ontnugter en soek nou weer rigting. ’n Ander was ’n jong Australiese meisie wat skaars met my begin gesels het, toe sy skielik begin snik en na die badkamer storm. Wat de …?

      ’n Klokkie het gelui en ons is na ’n vertrek gelei waar ons kruisbeen op platterige pofkussings gaan sit het. ’n Jong man het ingestap, voor ons kom sit en sonder om ’n woord te sê met ’n halwe glimlag sy kop van links na regs gedraai asof hy die hele vertrek met sy oë wou groet.

      En toe leer hy ons mediteer.

      Ek onthou daar was ’n pouse halftyd. Ons kon pepermenttee en Romany Creams in ’n vertrek langsaan geniet. Die groep was nou selfs stiller. Ek was lus om op my eie te wees en het in die binnehof gaan sit waar ’n fonteintjie geborrel het. Ek kan tot vandag nog – en ek sweer dit is waar – die geluid van daai fon­teintjie onthou asof ek dit gister gehoor het; ek kan voel hoe warm die teebeker tussen my twee hande was; ek onthou dat ek afgekyk het en dat ek byna geskrik het vir hoe rooi my trui was. Ek het nog nie woorde soos “bewustelikheidspraktyke” of “neuro­plastisiteit” geken nie, maar ek het dit nie nodig gehad nie. Iets was anders. Ek het dit met elke sel in my lyf geweet.

      Die klokkie het weer gelui en ons het gaan sit vir ’n tweede rondte meditasie.

      2

      WORD WAKKER

      “Ek maak net my gedagtes skoon van die stories wat ons onsself vertel. Daar is geen opspraakwekkende, heldersiende oomblikke nie. Soms doen ek dit terwyl ek in die bed lê. Of selfs in die bad.”

      DIS ’N SONDAGOGGEND in die vroeë 1960’s. Die distrik Lich­t­enburg in die destydse Wes-Transvaal. Die Van Schalkwyks se plaas. Pa het sy das aan, ma haar deftige klere vir die oggend­d­iens in die Hervormde Kerk. Boet en sus mik al in die motor se rigting. Maar dan merk iemand op klein Johann is nog nie daar nie.

      Dis niks ongewoon nie; dit gebeur elke Sondagoggend en die Van Schalkwyks weet al waar om hom te soek. Soos baie families destyds het hulle ’n deftige sitkamer gehad waar omtrent niemand ooit gekom het nie, buiten wanneer die predikant op huisbesoek was. Dit was ’n amper heilige ruimte met ’n dik tapyt, swaar gordyne en familieportrette. En daar lê Johann elke Sondagoggend voor kerk, salig op sy rug op die mat, sy oë toe. Besig om sy “kop skoon te maak”.

      “My familie het al geweet waar om na my te kom soek. Hulle het seker gewonder wat de hel gaan aan,” lag Johann nou, meer as 50 jaar later, as hy daaraan terugdink.

      Mens kry deesdae allerlei plekke waar hulle jou derduisende rande gaan vra vir ’n kursus om jou bewustelikheid en meditasie te leer. Van die kursusse is baie goed. Maar jy hoef nie regtig ’n sent uit te gee om wakker te word nie. Vra maar vir Johann.

      As jy in die laaste drie dekades of langer tussen Suid-Afrika se meditasiepioniers beweeg het, lank voordat dié dinge wyd onder sielkundiges aandag begin trek het, is die kans goed dat jou paaie iewers met Johann s’n sou gekruis het. Deesdae werk hy as ’n boekhouer in Johannesburg, maar in die negentigerjare het hy in ’n stadium by dieselfde retraîte-sentrum in die Drakensberge ingewoon waar Heila en Rodney Downey op meditasie verlief geraak het. Hy het ná 2000 ’n sentrum naby Mooinooi in Noordwes op die been help bring, en by dié sentrums het hy oor die jare tientalle mense geleer hoe om bewustelikheid met behulp van meditasie te kweek. Maar self het Johann die wonder van bewustelikheid besef lank voordat hy sy voete in enige meditasiesentrum gesit het.

      “Meditasie is iets wat ek gedoen het vandat ek ’n kannetjie was,” vertel hy my onlangs. “Ek het elke Sondag voor kerk in die sitkamer op ’n mat gaan lê en die gedagtes in my kop afgesluit. Die Vader weet waar ek daaraan gekom het, maar ek het dit elke week gedoen.”

      Iets aan dié gewoonte het ’n sterk indruk op hom gemaak, sodanig dat hy dit dadelik herken het toe hy jare later as Tukkie-student in ’n tydskrif ’n artikel oor meditasie gelees het. “Ek het dit weer begin doen. Dit het net reg gevoel. Ek weet nie hoekom ek soveel aanklank daarby gevind het nie. Dalk omdat ek maar altyd so ’n rustige ou was.”

      Oor die jare het hy talle formele vorme van meditasie aan­geleer, maar die een tegniek waarna hy gereeld terugkeer, is die een wat hy self as jong knapie ontdek het. “Ek maak net my gedagtes skoon van die stories wat ons onsself vertel. Daar is geen opspraakwekkende, heldersiende oomblikke nie. Soms doen ek dit terwyl ek op die bed lê. Of selfs in die bad.”

      Op die ouderdom van 62 oefen hy nou al meer as ’n halfeeu om by die geraas in sy kop verby te lewe. En as jy met hom gesels moet jy toegee, hy is een van daardie mense wie se rustigheid jou meteens erg bewus maak van hoe onnodig dol en gejaagd die res van die lewe om jou is. As jy hom uitvra oor die impak van jare se bewustelikheidspraktyke op sy lewe, sê hy dieselfde dinge wat jy by baie ervare mediteerders hoor – hoe hy minder by onnodige stryery betrokke raak, nie so maklik geïrriteerd raak nie, meer deernis vir ander mense voel.

      Hy glimlag. “Party mense vra: ‘Is daar enigiets waaroor jy worry?’ Dan sê ek: ‘Hmn, nie veel nie.’”

      TWINTIG JAAR terug was daar in Suid-Afrika net ’n paar mediteerders wat jou sou kon sê wat die woord mindfulness beteken. Deesdae kan jy dit nie vermy nie. Feitlik elke selfhelp- en selfverwesenlikingsprogram het een of ander element daarvan. Sielkundiges se oë vonkel as hulle daaroor gesels. Daar was al artikels daaroor in als vanaf Time en The New York Times tot Huisgenoot en Die Burger. Op winkelrakke sien jy boeke oor mindfulness en stres, mindful maniere om jou kinders groot te maak, mindfulness vir sportlui, mindfulness as hulpmiddel teen ver­slawing, selfs mindful verslankingsdiëte.

      Dit kom ’n lang pad aan. Meer as 2 500 jaar voordat dit die Weste op hol geneem het, is meditasie en bewustelikheids­praktyke in antieke Indië tot ’n kuns verfyn. Ek is altyd effens benoud om antieke Indië in ’n gesprek soos hierdie te noem, want

Скачать книгу