Afstande. Dan Sleigh

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Afstande - Dan Sleigh страница 8

Afstande - Dan Sleigh

Скачать книгу

verjaag.”

      Op die voorste terras, ingekap in die berghang, staan drie tempels, een groot en twee kleiner. Apollo se skatkis staan op die vloer van sy heiligdom agter ’n heining van bronsspiese. Op die plaveisel lê borsspelde met edelstene, silwerarmbande soos slange inmekaar gevleg, kamme van skilpaddop in goud geset, silwerbekers gegraveer met bokkies en bome, goue hoofringe met olyftakkies versier, muntstukke, ringe van goud en silwer met swart, rooi en blou edelstene. Sononder kom versamel ’n priester dié donasies, vertel die slaaf, vee die plaveisel en sluit weer die hek.

      Toe hulle voor in die tou kom, vra ’n kort, dik priester hul offerande, bekyk die ring wat Xenophon aanbied, byt daaraan, en beduie hulle moet die kalf altaar toe neem. Hulle hou die horings vas en die slaaf krap die kalf se keel tot hy sy kop lig en sy keel uitstrek. Die kalf ruk weg by die eerste reuk van sy bloed, maar die priester sny die keelare en lugpyp met twee, drie hale van sy mes. Die os sak roggelend op sy knieë, sy bloed pomp uit in ’n bronsskottel. By die taai, swart altaar doop die priester herhaaldelik sy vingers en sprinkel bloed in die vuur. Bediendes in bruin jurke kom met ’n slee en sleep die rukkende karkas na hulle woonplek.

      Xenophon koop ’n potskerf by die priester, word pen en ink gegee en skryf sy vraag: Tot watter god moet ek bid en offer om eerbaar en veilig op reis te gaan en veilig en suksesvol tuis te kom?

      Die priester knik. “Wag hier.”

      “Ek wil saamkom.”

      Die priester hou sy hand uit. Xenophon wys: twee kopermunte? Die priester vryf sy duim en wysvinger teen mekaar. Nie genoeg nie. Nog twee? Nee, meer. Hy gee die helfte van wat hy by hom het, en hulle loop teen die steilte op, draai regs, klim in ’n spoelsloot op tot dit ’n ruigbegroeide klofie word wat onder ’n lae krans begin. Die berg se skaduwee verdonker die omgewing. Die priester wys hulle om stil te bly.

      “Moeder.” Die priester se stem is toonloos, asof hy in ’n droom praat. Hy staan daar gebuk en praat met die grond.

      Stilte.

      “Hier is ’n jong man wat vra tot watter god hy moet offer en bid sodat hy veilig en suksesvol mag terugkom van ’n ekspedisie wat hy in gedagte het.”

      Stilte.

      Xenophon leun vorentoe om deur die bosse in die skaduwee in te kyk. “Wat is daar agter?” vra hy nuuskierig.

      “Gaia. Moenie na haar kyk nie. Moenie nader gaan nie. Moenie praat nie. Laat haar met rus.” Uit die bosse kom ’n gemompel, sagte kreune en skerp krete asof iemand pyn ly. Weer stilte.

      “Kom weg.” Die priester neem sy arm. Hulle gaan haastig bergaf, die priester vooruit, Xenophon onseker agterna, die slaaf skellend agter hulle aan.

      “Wat het sy gesê?” roep Xenophon agter die priester se rug.

      “Die regte gode,” sê die priester hard, sonder om sy kop te draai.

      “Is dit al?”

      “Ja. Aan die regte gode.”

      “Maar hoe weet jy dit?”

      “Jy kan dit nie hoor nie, glo net.”

      “Hoe lyk sy?”

      “Ek mag nie sien nie. Ek glo net.”

      “Maar waarom? Waarom?”

      Die priester steek vas, sy sandale gly skor oor die gruis. “Liewe vader, hoor ek iemand ‘waarom’ sê? Waaragtig moet dit ’n leerling van Sokrates wees. Gode in die hemel, vaders van die stad en die state, verlos my van filosowe en hulle kinders.” En dan reguit aan Xenophon: “Jou Sokrates sal binnekort sy agterste sien, glo my. Hy wat die jeug mislei en die gode se priesters minag. Glo my.”

      Hulle loop bergaf. Die slaaf se gemor rol soos los klippe saam met hulle af. “Meester, hierdie man dink ons kom van die plaas af. Het jy hom om die aardmoeder gevra? Want die Pitia profeteer in die portaal van Apollo se tempel, dáár.”

      Hy weet dit. Almal weet dit. “Dit is die regte antwoord. Ek het daarom gevra.”

      “Ons kom Delphi toe en jy praat nie eens met die orakel nie? Die vent is ’n buikspreker. Hy het jou belieg.”

      Pedantiese ou dwaas, dink Xenophon. Wat weet hy, of enigeen, hoe die genadige reën in die lug vorm, of watter kleure van blomme en soorte van vrugte slaap in sade wat almal eners lyk? Jy weet nie. Jy waag. Nou is hy haastig om hier weg te kom en sy toekoms te sien.

      “Gaan ek saam, Asië toe?”

      “Nee.” Hy ignoreer die gefluisterde “goddank” agter hom.

      Toe hy tuis kom en sê wat die antwoord was, is Sokrates ontevrede. Hy lê ’n verslete ou stuk klere waaraan hy werk opsy. Hulle sit buite sy skerm, agter die digte heining vol jong granate.

      “Wat?” sê hy terwyl hy die brood kou en die bier wat Xenophon gebring het in sy baard stort. “Waarom het jy nie reguit gevra of dit beter is om met die soldate te gaan of tuis te bly nie?”

      “Ek hoor Apollo roep, en ek het besluit om te gaan. Dit is dringend. Ek wou hoor hoe ek die beste sou vaar.”

      Die ou man klink teleurgesteld. “Wat, wat? Hoor jy, my seun, werklik gode roep? Maak dan soos die orakel gesê het. Twaalf Griekse stede het onderneem om dit in stand te hou. Gaan kyk en word wys. Kom eet saam met my, vir oulaas. Kom, hier is genoeg vir twee.”

      Die soldaat

      Xenophon offer soos hy aangeraai is, verpand sy paar boeke, koop skryfgoed, klere en medisyne, betaal vir ’n plek op ’n skip en verlaat sy huis en die stukkie grond waarop sy meeloper sukkel om groente te kweek. Kraalmis moet hy hê, die uitgeputte grond vra mis, maar daar is geen geld nie, ook geen vriende om te groet nie.

      Hy loop met sy stok en bondel die dagreis tussen die stad en die see, tussen die twee rye oorgroeide puin van die Lang Mure wat die oorlog veroorsaak het, tot hy die pekelkuipe van die vissershawe kan ruik. Daar is min vragskepe langs die kaai; Athene se handel, soos sy kultuur, het doodgebloei. Sy armoedige skip lê lank in ’n stinkende hoek van Piraeus se hawe waar die getye verbleikte dryfhout, ou sandale, geel kolle braaksel en pienk, verdrinkte honde bymekaar stoot. Hulle laai nog vrag: gebeitelde wit markmerblokke, timmerhout, soutvis, huide, olie, wingerdstompies vir brandhout, vye, byewas, wyn. Taai, dadelbruin matrose werk aan dek. Die see is rustig onder ’n wye blou lentehemel.

      Dan kom die westewind, en hul ontsnap uit die baai se lang, bleek omhelsing. Die koers is suid, dan oos, die bestemming is Efesos in Asië. Op die oop agterdek, in ’n hoekie waar hy nie onder die voete is nie, maak hy ’n rol ongebleikte katoendoek oop en skryf met potlood aantekeninge oor datums, plekke, tye van aankoms en vertrek en afstande in ’n soort kode: PIR vir Piraeus, PRX vir Proxenos, APL vir die heilige Apollo, SDS vir Sardis.

      Efesos is ’n groter hawe, ruimer, met ’n breekwater teen die geweldige golwing wat die Aardskudder soms uit die oop see stuur, en met veel meer skepe as Piraeus omdat die hele Persiese Ryk hierdeur handel dryf. Sy strate, wat besiger as dié van Athene is en daagliks gevee word, is met ou blougevlekte marmer geplavei en glad geslyt deur tienduisende sandale. Hier, in die mees westelike satrapi van die Ryk, is die handel lewendig en die mark luidrugtig. Jy hoor vele tale en kry vreemde munte en vreemde kos, sterk gespesery en rooi en geel gekleur. Tussen twee heuwels agter die hawe

Скачать книгу