Sirkusboere. Sonja Loots

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sirkusboere - Sonja Loots страница 9

Sirkusboere - Sonja Loots

Скачать книгу

timmerasie uit die huis gehaal. Hulle het vensterrame, deure en balke uitgebreek.

      Die tweede keer het hulle beeste en skape gevat. Daar was vir hulle geen verskil tussen Piet Cronjé en sy deelsaaier se vee nie.

      “Die blougrys bulle is nie die boer s’n nie,” het Rangkokoropane gesê. “Dis my pa s’n.”

      “Ons vat dit ook,” het die soldate gesê, “want julle help die Boere.”

      Hulle het vir die seun ’n kwitansie gegee, asof ’n papier ’n verskil maak.

      Die laaste keer dat hulle gekom het, het hulle die opstal afgebrand. Die klavier is onderstebo gerol en gebruik om ’n vuur in die middel van die sitkamer te maak. Hulle het ’n strooimatras vir die vlamme gevoer en al die huisraad bo-op gegooi. Naaimasjien, rakke, meubels. Selfs die pispotte. Buite op die werf is trekkers en ploeë ook brandgesteek. Die kinders het oopmond staan en kyk hoe varke voor soldate probeer wegkom. Toe alles verby was, is die vroue en kinders soos vee aangejaag Vryburg-kamp toe, waar hulle almal sou gevrek het as Motheba se broer hulle nie kom haal en na sy mense by Maritsane uitgesmokkel het nie.

      Dit alles het Fenyang agterna gehoor. Saans, terwyl hulle langs die vuur sit, het die stories soos borrels uit bier na bo gedryf. Motheba en die kinders het vertel van Vryburg en Maritsane. Nkatlholeng het vertel hoe Fenyang aan die begin van die oorlog vir KaMongoele help intrek het by die Rapulana-Barolong op Lotlhakane. Daar waar die mense van Moshete, Matuba en Motlhaba goed was vir ’n Boeregeneraal en sy mense.

      Niemand langs die vuur het gepraat oor hoe dit in vredestyd gaan nie. Selfs die kleintjies kon sien Fenyang Mokeyane se mense het teruggekom na niks. Voor die oorlog was hy ’n man met sy eie span trekosse en sy eie wa. Nie sommer ’n slingerwiel-ding nie. ’n Ordéntlike wa. Maar toe hy en Nkatlholeng ná die oorlog van St. Helena af terugkom, was die wa uitgebrand en sy vee afgevat.

      Hulle moes verbrande sinkplate optel om skuilings van te maak. Aan die begin het hulle al vier in die murasie van die opstal gebly. Piet en Hester in húlle hoek, Fenyang en Nkatlholeng in die ander hoek. Dit was net die vier van hulle op die verlate werf. Hulle het suinig geleef van die corned beef wat oor was; saans al vier om dieselfde vuur gesit en swaarkry.

      Ná maande het Motheba en die kinders daar aangeloop gekom. Al die pad van Maritsane af. Die kinders was by, Nkatlholeng s’n ook. Motheba het die kind wat in die Vryburg-kamp gebore is op haar rug gedra. Piet en Hester het nader gestaan om ook te groet, bly oor die ekstra hande wat bygekom het.

      Motheba het met neergeslane oë voor Fenyang kom staan. “Kyk jou kind,” het sy gesê.

      Hy het die kombers opgelig om beter te kan sien. “Nog ’n dogter,” het hy gesê en die kombers weer laat sak. “Nog ’n mond wat moet kos kry.”

      “Maar ons het hoenders gebring,” het Motheba gesê. “En Mafenyang het my geleer om veldkos te soek. Hier is dalk wurms in die mamonatabome. Of moelasappels in die sand.”

      Eers toe sy “Mafenyang” sê, het Fenyang besef die ouvrou is nie daar nie.

      “Na die ver grotte toe,” het Rangkokoropane sag gesê. “In die Vryburg-kamp gesterf.”

      Dood omdat KaMongoele haar soos modder van sy stewelpunte afgeskraap het. Dood omdat die Kakies haar gevoer het met vrekvleis van diere wat so siek was dat hulle na die slagpale aangedra moes word. En agterna het hulle haar nie eens behoorlik begrawe nie. Net met modder toegeskraap, soos ’n koeivel wat jy wil afhaar.

      Motheba het daardie aand een van die hoenders geslag en sop gekook. KaMongoele en sy vrou het saamgeëet, sommer daar by die vuur. Die opstal was steeds ’n ruïne en almal was ewe honger. Almal behalwe Fenyang. Hy het agter ’n sinkplaat op ’n gestopte strooisak gaan lê. Nkatlholeng het vir hom kos aangedra en Rangkokoropane het by hom kom hurk, maar Fenyang het sy rug op hulle gedraai en met sy arms oor sy kop aan die slaap geraak.

      Die volgende dag het KaMongoele vir hom twee pond in die hand gestop. “Vir al jou harde werk, Jan.”

      Fenyang het hom stom aangekyk. Is dit wat ’n mens aan die einde van ’n oorlog kry as jy elke oggend reggestaan het met koffie en elke aand iets te ete uit jou vuil goiingsak kon haal? Is dit wat jy kry as jy in doodsgevaar boodskappe gaan afgee het? Omdat jy nooit ontrou geraak en burgers verraai het nie, nooit ’n gedagte gehad het om weg te jaag of weg te kruip nie? Is dít hoe iemand dankie sê dat jy vier jaar lank vir hom die vetste vleis onder uit die pot geskep het?

      “Ek sou jou meer gegee het as ek meer gehad het.”

      Fenyang het niks gesê nie. Twee pond was nie níks nie. Een van die dae sou KaMongoele weer vooruitstrewend raak en soms ’n bees uit sy krale vir Fenyang se kudde afkeer. En hy hét darem ingestem dat die Mokeyanes aanhou deelsaai op sy plaas. Fenyang kon sy dogters as voëlverskrikkers en kokke begin uithuur, teen ’n bok per maand, sodat dáárdie diere ook na sy kraal toe kom. Hy sou genoeg vee vir bogadi hê teen die tyd dat Rangkokoropane bruid wil vat.

      Fenyang het sy hand uitgesteek en die geld gevat. Soveel geld soos wat sy pa voor die oorlog in vier weke op die myne kon maak. Vier weke se geld vir vier jaar. Hy het dit in sy broeksak gesteek, want hy wou op Palmietkuil bly en bóóntoe boer, soos sy pa voor hom, wat ’n hele span trekosse en sy eie ploegskaar gehad het in die jaar dat Fenyang gebore is. Hy het nie geweet hy sou binnekort weer gedwing word om op te saal en weg te gaan nie. Of dat hy dag ná dag stilswyend sou moes staan en kyk hoe die man wat hy KaMongoele noem, wéér met ’n geboë hoof voor Roberts aantree nie.

      “Dis ’n eer om so ’n dapper krygsgevangene te hê,” sê die veld-maarskalk. Hy steek sy hand na sy opponent uit, maar die Boer weier om blad te skud. Sy vrou staan natgesweet en huilend langs hom. In sy skaduwee, ’n kortkop agter hom, staan sy agterryer. Agter hulle, in die vernielde laer, lê klein-Andries, die generaal se broerskind, met sy harsings in die stof. Daar is vriende en kennisse onder die ander dooies. Die lug ruik nog na rook en liddiet. Die gewondes kreun, huil of smeek om water.

      “Hulle vat jou tent, baas Piet,” fluister die agterryer. Klein-Andries was sy speelmaat, lank gelede toe hulle kinders was.

      Hy kry geen antwoord nie. Generaal Piet Cronjé gee in daardie oomblik Paardeberg, sy land, sy volksgenote se steun, sy broer se liefde en alle rus en vrede prys. Die soldate moet maar vat wat hulle wil vat. Die agterryer kyk hoe hulle komberse, kookgerei en ’n perdesaal op ’n wa laai.

      “Wat van hom?” vra Roberts wanneer hy die agterryer opmerk.

      “Ja, wat van hom?” hap Cronjé.

      “Moet hy saam St. Helena toe?”

      “Ja. Die vrougoed van hom ook.”

      6

rule.jpg

      Dit was veral Eliza se verbluffende borste wat Frank se aandag geboei het. As hy teen haar kom staan en sommer déúr haar klere oor haar tepels begin vryf, het sy geweet. “Kom wys vir my,” het hy gesê en haar kamer toe gevat. Dan moes sy vir hom konsert hou. Sy het voor hom gaan staan, en stadig, baie stadig begin uittrek. Haar onderlyf moes sy heeltemal kaal maak en dan só staan dat hy die gapende mosseltjie tussen haar bene góéd kon sien. Haar korset moes sy aanhou. Dié se veters het hy self losgepluk wanneer hy klaar gekyk het. Hy het dit van haar lyf afgeskil en haar borste begin vryf tot die merke wat die baleine in haar vel gedruk het heeltemal weg was. Hy het haar gelek en soms sag gebyt tot hy kon voel die tepels is

Скачать книгу