Susanna M Lingua-keur 15. Susanna M Lingua

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Susanna M Lingua-keur 15 - Susanna M Lingua страница 8

Susanna M Lingua-keur 15 - Susanna M Lingua

Скачать книгу

albei kantore netjies en aan die kant is.

      Toe haar taak eindelik afgehandel is, staan sy haar handewerk krities en bekyk. ’n Vaas met blomme is al wat nog makeer, maar daarvoor sal ek môre sorg, besluit sy.

      Agter haar lessenaar is Rista druk besig. Haar aandag is ten volle toegespits op die brief waarmee sy besig is. “So ja,” sug sy van verligting toe sy dit afgehandel het. “Nou eers daardie hooggeregshofsaak.”

      Maar dan vind sy dat die dokument in die brandkas is waar al die belangrikste dokumente gehou word.

      Nou sal sy eers na Pieter se kantoor moet gaan om die dokument te gaan haal, want dis noodsaaklik en moet vandag afgehandel word. Môre moet hy en ’n advokaat die saak in die hooggeregshof gaan verdedig.

      Toe Rista haar werkgewer se kantoor binnetree, vind sy dat hy nog steeds besig is met sy onaansienlike, middeljarige kliënt.

      Op die oomblik is die dame aan die woord. Toe sy Rista gewaar, hou sy dadelik op met praat. Onmiddellik voel Rista soos ’n indringer wat verbode grond betree het. Sy voel sy bloos tot in haar nek.

      Maar tot haar grootste verligting snel Pieter haar te hulp deur te sê: “Gaan maar aan, mevrou. Dis my sekretaresse en jy kan maar gerus in haar teenwoordigheid praat. Sy is tog op die hoogte van elke saak wat deur my behartig word.”

      Met ’n dankbare blik in Pieter se rigting stap sy na die brandkas en vind die nodige dokument wat haar in so ’n verleentheid laat beland het.

      Naby sluitingstyd voel dit vir Rista of haar kop draai van al die syfers en datums, en nou moet sy weer die kasboek naslaan, want êrens het sy ’n fout begaan. Sy voel meer lus om te huil as om verder met die kasboek te sukkel.

      Pieter praat kort agter haar. “Hoe het dit toe vandag gegaan, Rista?”

      Sy stem is sag en vriendelik en sy kan nie help om dankbaar teenoor hom te voel nie. Hy het haar die hele dag deur so verdraagsaam en vriendelik bejeën, ten spyte van al die foute wat sy begaan het. “Ek is bevrees ek het baie foute begaan, Pieter,” antwoord sy byna verontskuldigend.

      “Toe maar wat, die ou paar foutjies sien ons maar oor. Dit gaan gewoonlik so die eerste dag op kantoor. Wat ek eintlik wou vra, is hoe hou jy van die werk?”

      “Dis verbasend interessant. Ek hou baie daarvan!”

      “Ek is bly om dit te hoor. Nou is ek immers seker dat jy my nie gou sal verlaat nie.”

      “Nee, ek sal hierdie werk nie maklik laat vaar nie – tensy jy my natuurlik ontslaan,” lag sy.

      Hy glimlag. “Nou ja, as jy gereed is, kan ons maar gaan. Of het jy vanoggend met jou motor gekom?”

      “Nee, ek was bang ek kry nie parkeerplek nie. En ek ken julle stad nog lank nie so goed om te weet waar die parkeerterreine geleë is nie.”

      “Skitterend, dan neem ek jou huis toe,” besluit hy opgewek.

      “Jy moet regtig nie moeite doen om my ontwil nie, Pieter. Ek kan maar ’n bus ook haal.”

      “Dis vir my geen moeite nie, Rista. Raai, ek hou nogal daarvan om sulke aangename moeite te doen.”

      “Dis sal my natuurlik niks baat om met jou te staan en redekawel nie.”

      “Gewis nie. Ek is nogal taamlik verwen, ten spyte van die feit dat ek een van ’n tweeling is.”

      “ ’n Tweeling!”

      “Ja, ek het nog ’n broer wat net drie ure ouer as ek is. En soos die ongeluk dit wou hê, was ek die swakker een van die twee, met die gevolg dat my moeder al haar tyd en aandag aan my moes bestee om die lewe in hierdie swak, brose liggaampie van my aan die gang te hou.”

      “Noem jy tog nie daardie vreeslike gestalte van jou swak en broos nie?”

      Hulle glimlag vir mekaar terwyl hulle aanstap na Pieter se motor wat voor die gebou geparkeer staan.

      “Waar woon jou broer?”

      “Sy naam is Chris en hy het verlede week ’n pos aanvaar in Kroondal se hospitaaltjie.”

      “Het ek reg gehoor, Pieter? Het jy gesê Kroondal?”

      “Jy het my heeltemal reg gehoor, meisie. Ek het gesê Kroondal, die dorpie van waar jy afkomstig is, nè?”

      “Dan is hý die dokter Myburgh wat daar verwag word, oor wie se koms daar so ’n ophef gemaak word dat selfs die jong dames met mekaar wedywer oor wie hom eerste gaan uitnooi vir tennis of ’n partytjie.”

      “En jy, het jy saam gewedywer?” terg hy laggend.

      “Moet nou nie staan en laf wees nie, Pieter. Hoe sal ek nou opgewonde raak oor ’n man wat ek nog nie eens gesien het nie? En pasop, kyk waar jy bestuur. Jy het daardie groen motor rakelings gemis, weet jy?”

      “Toe maar, moet jou nie ontstel nie. Ek sal nie ’n ongeluk maak nie.”

      Toe hulle voor die huis stilhou, sê Pieter: “Hier is ons nou voor jou deur.” En vervolg dan meer besadig: “Kan ek maar vanaand vir jou kom kuier, Ristatjie?”

      “As my geselskap jou nie sal verveel nie, is jy welkom.”

      Etlike sekondes staar hy haar aan en sê dan ewe kalm: “Jou geselskap sal vir my aangenaam wees. Verwag my dus om agt-uur. Indien dit jou geval, kan ons ’n entjie gaan ry. Of verkies jy om te gaan fliek?”

      “Wel, na ’n dag se gesit tussen vier mure sal ek ’n bietjie vars lug meer verwelkom, Pieter.”

      “Goed, dan is dit so afgespreek. Tot siens tot om agtuur.”

      “Tot siens, Pieter.”

      6

      In Ouma se losieshuis veroorsaak die koms van die Myburghs ’n hele konsternasie. Die gesin word die volgende dag verwag en nou moet Ouma op die nippertjie besef dat sy geen vertrek beskikbaar het wat as dokter Chris Myburgh se spreekkamer kan dien nie. Sy voel juis so moeg en afgemat van al die voorbereidings wat vir die nuwe gaste getref moet word. En nou weer die kwessie van ’n spreekkamer. Haar probleme is veelvoudig.

      Na etlike oorwegings besluit die ou dame om Rista se privaat sitkamertjie aan die dokter af te staan as spreekkamer.

      Wat Rista daarvan gaan sê, weet sy nie. Al wat sy op die oomblik weet, is dat sy die Myburgh-gesin gerieflik moet huisves en van alle benodigdhede voorsien.

      Aangesien die vertrek wat as spreekkamer moet dien eintlik ’n stoepkamer is, sal dit vir daardie doel ook veel geriefliker wees omdat dit totaal afgesonder is van die huis en sy bewoners.

      Laat die middag het Ouma en die huishulpe uiteindelik alles in gereedheid vir die nuwe gaste en kan ook sy ’n rukkie ontspan.

      In die badkamer wat uitsluitlik vir die Myburghs se gebruik aangebring is, is dokter Chris Myburgh besig om hom gereed te maak vir die nag.

      Hy is aangenaam verras deur die gasvryheid waarmee hulle ontvang is. Hy het sulke hartlikheid nie verwag

Скачать книгу