'n Klein lewe. Wilna Adriaanse

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 'n Klein lewe - Wilna Adriaanse страница 6

Автор:
Серия:
Издательство:
'n Klein lewe - Wilna Adriaanse

Скачать книгу

klere. En baie mense ken haar pa-hulle. En haar oupa wat langsaan woon. Daar is mense op die dorp wat baie stil leef, kom sy agter. ’n Mens sien hulle eintlik nooit nie. Haar pa-hulle is nie so nie. Hulle gaan vergaderings toe en help wanneer daar basaar of verkiesing op die dorp gehou word. Soms gaan haar pa vir ’n hele dag weg, dan gaan hou hulle vergaderings op ander dorpe. Een keer ’n maand kom laai sy vriend, Morrie, hom met sy vliegtuig op en dan gaan help haar pa hom om beeste vir sy slaghuis te koop. Morrie is ’n Jood, maar haar ma sê hy en haar pa kon broers gewees het.

      Haar ma sê sy moet Sondagskool toe gaan sodat sy volgende jaar gereed sal wees wanneer sy skool toe moet gaan. Dis omdat sy so skaam is en haar ma-hulle is bang sy gaan nie in die skool regkom nie. Sy weet nie presies wat skaam beteken nie, maar sy weet sy hou nie baie daarvan om met vreemdes te gesels nie. Maar dis ook nie net vreemdes nie. Daar is mense in die familie met wie sy ook nie graag praat nie. Hulle maak haar ongemaklik. Die lekkerste is eintlik as sy tussen mense kan wees, maar hulle haar nie sien nie. Of hulle kan haar nog sien, maar hulle moet nie te veel met haar praat nie.

      Die kinders in die Sondagskoolklas is ouer as sy en gaan reeds skool. Haar ma het belowe sy sal saam met haar daar bly tot sy tevrede is om alleen te gaan. Sy kan nie besluit of sy daarvan hou of nie. Hulle leer lesse uit die Bybel en moet versies by die huis gaan leer en hardop voor die klas gaan opsê. Daarvan hou sy niks. Wat sy vir niemand sê nie, is dat sy baie bang vir God is. Sy weet hulle gaan haar nie glo as sy vir hulle vertel waar dit vandaan kom nie, want blykbaar kan kinders nie van so vroeg af onthou nie, maar sy onthou baie meer as wat hulle dink. Net soos sy kan onthou dat haar pa met haar op ’n kameel gery het toe hulle nog op die plaas gewoon het én dat hy eendag met haar, voor hom op die perd, oor ’n motorhek gespring het.

      Maar die ding met God kom van een Paasnaweek op haar oupa se plaas. Soos Oujaar se vuurwerke en Nuwejaar se braai ’n gewoonte is, so is Paasnaweke op oupa se plaas. Haar pa-hulle is tien kinders, eintlik veertien, maar van hulle is as babas dood, ander toe hulle ouer was. Sulke naweke kom dié wat nog leef van oral af en almal slaan tente op die plaas op en dan word daar gekuier. Die kinders speel stofwolke los, maar die groot lekkerte is Paasmaandag wanneer hulle almal in ’n ry moet staan, tot een van die tannies die teken gee en dan mag hulle begin soek vir die paaseiers wat die paashaas die vorige nag tussen die bossies en klippe weggesteek het. Sy kan nie onthou hoe oud sy was nie, maar een jaar het dit begin reën. Saam met die reën was daar vreeslike kwaai donderweer. Sy kan onthou hoe sy op haar ma se skoot in die tent gesit het. Die gedreun was by tye so erg dat sy begin huil het.

      Jy hoef nie bang te wees nie, het haar ma gesê. Dis maar net God wat in die wolke praat.

      Dit was die eerste keer dat sy God se stem gehoor het en Hy het vir haar vreeslik kwaai geklink. Sy is nou jammer sy het nie vir haar ma gevra vir wie Hy so kwaad was nie.

      In die Sondagskool leer hulle dat God sterker as enige mens is. Dis moeilik om te glo iemand is sterker as haar pa en haar oupa.

      Sy het al lankal geweet daar kom ’n baie belangrike man na hulle dorp toe, want almal praat daaroor. En haar pa en ma is die laaste tyd baie besig om te help reëlings tref. Doktor Verwoerd is die eerste minister van Suid-Afrika en haar pa is een van die mense wat hom op die dorp en in die distrik moet rondwys.

      Haar ma sê haar pa en oupa is groot Nasionaliste.

      Haar pa sê haar ma is ook een, maar haar ma het later vir hulle vertel dat sy eintlik ’n verloopte Sap is. Háár mense was Smuts-mense, maar haar ouma het met hulle troue vir haar ma gesê dis nie die moeite werd om oor godsdiens of politiek van jou man te verskil nie, en daarom het sy toe maar ook ’n Nasionalis geword. En nou sit sy verkiesingstye saam voor die radio en wag vir die uitslae. Soms sit hulle deur die nag en wag, en sluimer net met tye ’n bietjie in, maar sodra die sein kom, is almal se ore gespits. En teen die voordag maak haar ma gewoonlik ’n groot fles vars koffie, want sy weet sodra die dorp se polisiemanne wat op nagdiens was, van diens af kom, sal hulle eers kom stop om die uitslae te hoor.

      Die dag van doktor Verwoerd se langverwagte besoek breek uiteindelik aan en haar pa trek sy Sondagpak aan en haar ma ’n nuwe pienk-en-wit pakkie met hoëhakskoene. Al die vroue wat die dag daar is, is deftig aangetrek. As dit dan nie nuut is nie, ten minste hulle Sondagbeste. Die vroue wat lekker kan kosmaak, moes resepte bring en help kook en dié wat mooi kan blomme rangskik, moes deur die dorp se tuine gaan soek en die saal die vorige dag met blomme versier. Die kinders is aangesê om agter die kerksaal te speel, maar sy is te nuuskierig en sorg dat sy naby die hoek van die saal bly. Daarom sien sy toe die stoet motors met die polisie vooraan by die skool verbykom. En sy sien hoe almal tot stilstand kom. Dit is amper soos met ’n begrafnis, dink sy. Langs die pad gaan staan mense. Die mans lig hulle hoede. Party is netjiese hoede, ander weer is laphoede. Sy sien hoe ’n paar bruin mans hul laphoede afhaal en in hul hande frommel terwyl hulle die stoet agterna kyk.

      Sy bly loer toe die stoet voor die kerksaal stop en sien hoe ’n gryskopman en ’n klein vroutjie agter uit die swart motor klim. Hy is nie so lank soos háár oupa nie, dink sy en kyk hoe haar pa nader staan en handskud. Aan die manier waarop haar pa sy hand skud, so met sy kop effens vooroor gebuig, kan sy sien hy is baie belangrik.

      Haar pa vertrek saam met die stoet verder en hulle kom eers teen middagete weer terug vir die ete in die kerksaal.

      “Ek dink die besoek was ’n reusesukses,” hoor sy die aand haar pa vir haar ma sê.

      “Doktor en tannie Betsie het na die ete vir ons in die kombuis kom dankie sê,” antwoord haar ma terwyl haar pa haar voete vryf. Haar mooi hoëhakskoene lê voor die kas in hulle kamer.

      “Dit was baie bedagsaam van hulle.”

      Die volgende aand sit haar pa en oupa buite op die stoep voor haar kamervenster en sy kan hulle hoor praat.

      “Wat het Pa van sy toespraak gedink?”

      “Ek het daarvan gehou dat hy gesê het ons veg vir ons bestaan en die wêreld moet dit weet.” Haar oupa het ’n diep stem.

      “En dat dit noodsaaklik is dat ons die vryheid wat ons wil hê, sal bevrug deur die werk van ons hande en die arbeid-saamheid van ons gees. Sonder harde werk gaan ons dit nie maak nie.”

      “Wat dink Pa daarvan dat hy gesê het ons hier in Suid-Afrika het nog nie ons goue eeu gehad nie? Ons is nog maar die bouers van ’n nasie. En dat ons ons eie toekoms moet skep sodat ons nageslag oor vyftig, sestig jaar kan terugkyk na ons en sê, daar was ook in daardie tyd ’n volk vol helde.”

      Haar oupa sug eers voordat hy antwoord. “Dis ons bede.”

      “Hulle sê hy is nie net ’n slim politikus nie, maar ook ’n knap boer. ’n Man vir wie die naturellevraagstuk ’n groot prioriteit is.” Dis asof haar pa met homself praat en toe hulle stil raak, weet sy hulle kyk so half die verte in, soos hulle dikwels doen wanneer hulle saans op die stoep sit en gesels.

      ’n Paar weke later kom daar ’n groterige bruin koevert deur die pos en toe haar ma dit oopmaak, is dit ’n vergrote foto waar haar pa saam met doktor Verwoerd staan. Sy kop is effens skeef gedraai, asof hy aandagtig luister.

      Toe sy ’n paar middae later van die skool af kom, hang die foto in die gang saam met die ander familiefoto’s.

      Op 6 September 1966 is sy by ’n buurkind se verjaardag-partytjie toe die ma kom vertel dat doktor Verwoerd in die parlement deur iemand met ’n dolk doodgesteek is. Tot die ander kinders se verbasing begin sy ontroosbaar huil. Sy weet nie hoe om vir hulle te verduidelik van die foto in die gang saam met die familie nie. Daarom besluit sy om maar huis toe te gaan. By die huis kry sy haar ouers voor die radio, albei se oë groot, en sonder dat sy weet waarom, voel sy meteens bang. Die

Скачать книгу