Uit die Beek 2013. Attie van Wijk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Uit die Beek 2013 - Attie van Wijk страница 14

Uit die Beek 2013 - Attie van Wijk Uit die Beek

Скачать книгу

sy seuns in die wêreld gebring het. Onan wou nie dat Tamar kinders kry nie, want dit sou tegnies sy broer se kinders wees. Deur sy selfsug het hy dus die eer verbeur om een van Jesus Christus se voorvaders te wees. Jesus was ’n afstammeling van Tamar (Matt 1:3)!

      Ook in ons tyd is daar baie weduwees en enkelmoeders. Hulle het hulp en versorging nodig. Ons aanvaar so maklik dat hulle regkom, maar dit is nie altyd so nie. Dink ’n bietjie aan dié wat jy ken. Hoe kan jy haar help en bemoedig?

      GEBED: “Here, dankie dat U ook vir weduwees en wese omgee.”

      Lees vanaand in Genesis 38:12–30 hoe Tamar toe een van die voormoeders van Jesus Christus geword het.

      DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

      Lees eers Genesis 39:1–9

      Weerstaan die versoekings

      “Hoe kan ek so ’n verkeerde ding doen? Ek sal mos teen God sondig!” (Gen 39:9).

      GESELSVRAAG: Watter tipe versoekings kan ons vandag verwag?

      “Ek vermy versoeking tensy ek dit nie kan weerstaan nie,” het Mae West glo gesê. Oscar Wilde het weer beweer: “Ek kan alles weerstaan behalwe versoeking.” Ons kan seker wees dat versoekings (en beproewings) deel van die lewe is. Die groot vraag is hoe ons daarmee gaan handel.

      Vir Josef was die versoeking seker baie sterk. Hy was ’n aantreklike jong man vol drifte en drange, en sy werkgewer se vrou het vir hom ogies gemaak. Dit sou tot sy voordeel wees om toe te gee – en dit is darem seker lekkerder as om weerstand te bied. Dit word mos van ’n slaaf verwag om alle bevele te gehoorsaam sonder om teen te praat. Maar Josef het reg grootgeword. Hy het van God geleer. Dit het hom deur hierdie versoeking gehelp. Hy het geweet wat reg en wat verkeerd is. Hy het ook geweet dat alle sonde nie net teen mense is nie, maar ook teen God. Die Here het hom suksesvol in sy werk gemaak, en die Here het hom gehelp om nie toe te gee nie.

      Ons sal ook vandag met baie versoekings te doen kry. Die meeste sal begin deur iets wat jy gaan sien (v 7). Dit kan ook herhaaldelik oor jou pad kom om jou weerstand af te breek (v 10). Byt vas. Dit is die moeite werd! Gehoorsaamheid aan die Here gee die beste vrug.

      GEBED: “Here, bewaar my teen vandag se versoekings.”

      Lees vanaand in Genesis 39:10–23 hoe Josef se getrouheid tot onverdiende straf gelei het. Maar die Here was by hom (v 21).

      VRYDAG 22 FEBRUARIE 2013

      Lees eers Genesis 40:1–23

      Teleurstelling

      “Maar die hoof van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, hy het van Josef vergeet” (Gen 40:23).

      GESELSVRAAG: Wat was jou grootste teleurstelling?

      “My dogter was verreweg die beste gekwalifiseer vir die pos, maar die pa van ’n ander meisie het omkoopgeld aan die betrokke amptenaar gegee sodat sy dogter die pos gekry het,” vertel ’n besoeker onlangs. Dit was natuurlik vir sy dogter ’n baie groot teleurstelling. Maar hy was seker dat God alles ten goede sou laat meewerk. Sy dogter sou swaarkry onder so ’n korrupte amptenaar.

      Josef was natuurlik baie teleurgesteld toe die skinker dadelik van hom vergeet het. Vir nog twee jaar het hy in daardie gat (v 15) in ellende gebly. Heeltemal onskuldig. Daar was nog lesse wat hy moes leer, en die Here wou ook die omstandighede in die land verander. Op die regte tyd sou die uitkoms kom. Vrugte het tyd nodig om ryp te word. Ons moenie ongeduldig wees nie.

      “Niks gebeur per toeval nie,” sê ’n vriend wat swaar tye beleef het. Uiteindelik sal alles ten goede meewerk vir dié wat God liefhet (Rom 8:28). Miskien wag daar vir jou ook teleurstellings vandag of later in hierdie week. Onthou, jou hemelse Vader is nog ten volle in beheer. Al voel dit vir jou asof jou wêreld vergaan, kan jy op Hom vertrou. Selfs die teleurstellings is deel van sy plan. Hou net aan Hom vas, en vertel Hom dat jy Hom ten volle vertrou. Op die regte tyd sal die uitkoms kom.

      GEBED: “Here, dankie dat hierdie teleurstellings ook verbygaan.”

      Lees vanaand in Genesis 41:1–16 hoe die Here vir Josef op die regte oomblik uit die tronk laat haal het.

      SATERDAG 23 FEBRUARIE 2013

      Lees eers Genesis 41:17–32

      God heers

      “Wat God wil doen, het Hy aan U meegedeel” (Gen 41:25).

      GESELSVRAAG: Wat het die Here oor die toekoms bekend gemaak?

      “Hoe kan ons vir die toekoms beplan?” is die vraag waarmee elke sakeman en politikus worstel. As ’n boer maar kon weet wat die weer in die volgende seisoen gaan doen ... Waar is die toekomskundiges? Wat van Siener van Rensburg of Nostradamus? Sal ’n fortuinverteller dalk kan help? Wat gaan die ekonomie maak? Hoe gaan internasionale onrus of rampe ons raak? Gaan hierdie vliegtuig val of hierdie motor in ’n ongeluk betrokke raak? Hoe kan ons gereed maak vir die toekoms?

      Die farao het ’n plek in God se groot plan gehad. God wou sy verbondsvolk red. Uiteindelik het dit alles ook met die koms van die Christus te doen. Josef se slawerny en gevangenskap was alles onder God se beheer (Gen 50:20). Nou begin Hy op die hoogste vlak gereed maak dat nie alleen Jakob en sy gesin nie, maar ook duisende ander lewens gespaar kon word. Hy openbaar die toekoms aan die farao – sommer dubbeld – en sorg dat Josef die boodskap kan uitlê.

      “Ons weet nie wat die toekoms hou nie, maar ons weet Wie die toekoms hou.” Hierdie week – selfs in die volgende uur – gaan daar dinge gebeur wat vir baie mense dinge onveranderlik gaan verander. Daarom moet ons werk aan ’n lewende verhouding met die Een wat alles weet.

      GEBED: “Die toekoms is in u hande, Hemelvader. Help ons om gereed te wees vir wat ook al kom.”

      Lees vanaand in Genesis 41:33–44 hoe ’n gevangene tot die hoogste pos verhef is. Kan jy aan ’n onlangse voorbeeld dink?

      SONDAG 24 FEBRUARIE 2013

      Lees eers Psalm 88:11–19

      Doen dit nou

      “Word daar in die graf vertel van u troue liefde?” (Ps 88:12).

      GESELSVRAAG: Hoe kan ons hierdie week van God se liefde vertel?

      “Die evangelie is net goeie nuus as dit betyds gehoor word.” Elke dag sterf daar duisende mense. Sommige het al van Jesus gehoor, maar baie het nog nooit van Hom gehoor nie. Sommige het die boodskap geglo, en ander het dit verwerp. Dit bepaal waar ons die ewigheid gaan deurbring. Ons sal nie hierdie boodskap aan dooie mense kan oordra nie. Ons moet dit nou doen. Elke geslag kan net hierdie geslag bereik. Moenie uitstel nie.

      In vandag se psalm kla die bidder oor sy siekte. Sy argument is dat God geen lof van hom kan kry as hy doodgaan nie. Hy wil dus in die lewe bly sodat hy God kan loof. Hy wil ander van God se troue liefde vertel. Dooies kan nie daarop reageer nie (v 11, 13).

      “Ja, ek gee nie nou my dankoffer nie, maar die kerk is in my testament. As ek sterf, sal die kerk baie kry,” vertel ’n boer. “Ag, nee man, moet tog nie soos ’n vark wees nie. Hy het ook net nut as hy dood is!” was sy ouderling se antwoord. Die Here wil ons elke dag gebruik, nie eers as ons dood is nie. Daarom gaan ons vandag kerk toe om Hom te loof en te prys. Ons word toegerus om hierdie week in sy diens te staan. Daar is duisende

Скачать книгу