Die hart van 'n ma. Abraham Phillips

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die hart van 'n ma - Abraham Phillips страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
Die hart van 'n ma - Abraham Phillips

Скачать книгу

soos die een wat vandag in die hof aangehoor is. Daar is owerhede en organisasies wat die dwelmprobleem moet monitor en die mense moet help. Hoekom het hierdie stelsels die Stokkies-familie gefaal? Dr. Kloppers rapporteer dat tik­gebruik toe­neem, ook onder meer gegoede mense, en mense van alle rasse. “Dis ’n baie gevaarlike situasie wat ons almal raak, tik het die po­tensiaal om hele gemeenskappe te verwoes en selfs uit te wis. Gaan ons wag totdat dit gebeur?”

      Die regter bly stil, hy vee oor sy voorkop en kyk na Maria. “Maar hoe gesaghebbend dr. Kloppers se verslag ook al is en hoe jam­mer ek ook al vir die Stokkies-familie voel, ’n mens se lewe is geneem en die wet kan nie toelaat dat mense die reg in eie hande neem nie. Hoe moeilik dit ook al vir haar was, Maria Stokkies het tog geleenthede gehad om haar man te verlaat en daardeur dalk die moord te verhoed. Met alles in ag genome vonnis ek die beskuldige, Roy Stokkies, tot tien jaar gevangenisstraf waarvan vyf jaar opgeskort word.”

      Toe die regter opstaan, gee die volgepakte hofsaal hard uiting aan hul gevoelens en die nuus trek vinnig deur die strate en woon­buurtes.

      Die tog te voet huis toe voel vir Maria soos ’n ewigheid. Stienie en Bettie stap saam met haar.

      “Dis maklik vir die regter om van die wet te praat, hy bly nie hier nie, hy kan nie eens begin dink hoe dit voel nie. Dis soos om in ’n donker gat vol modderwater op te sukkel na waar die son daar bo skyn, maar elke keer terug in die gat te tuimel,” sê Maria toe sy haar voordeur oopsluit. “Jy sink net dieper in die modder en dan vreet die donkerte stuk vir stuk jou laaste bietjie krag weg.”

      Bettie soek na woorde. “Dis soos jy sê, Maria,” sê sy met ’n knop in haar keel. “Mense gee raad, anner veroordeel jou, maar as jy dit nie self beleef het nie, sal jy dit nooit verstaan nie. Waar moet ’n vrou die krag venaaf kry om van ’n tikverslaafde man af weg te vlug? Sonder hulp kom jy nie self uit daai moddergat nie.”

      Stienie skud haar kop, sy slaan haar arm om Maria se skouer. “Toemaar, Maria,” sê sy, “dit kon slegter met Roy gegaan het, ons moet tevrede wees.”

      Hoofstuk 3

      Die verhoor van Roy Stokkies is agter die rug. Terwyl werkloses in die strate ronddwaal en ander in en uit die Kromvlei-gevangenis beweeg, sit gangsters hul misdade voort en dwelmverslaafdes ver­nietig hulself, terwyl ander hul gereed maak vir die aankomende rugby- en sokkerseisoen.

      In die middel- en bodorp is duiweboere besig by die hokke. Die broei- en die verveerseisoen is verby, die vliegseisoen wat in Junie begin is voor die deur. Pakke wedvlugduiwe sirkel vroegoggend in die blou hemel.

      Maria staar aandagtig na die duiwe wat hoog bokant ’n valk sirkel. Die dood is orals, dink sy, maar die duiwe weet as die valk onder hulle bly sweef, is hulle veilig, daar is plek vir almal, hulle en die valk is vry om dieselfde lugruim te gebruik. As ons almal maar so was, soos voëls.

      Dan stap sy na Stienie in die kombuis. Sy hoor die kerkklokke in die verte en hoedat die sirenes van ’n ambulans skril weergalm deur die strate.

      “Ek gaan veoggend ’n bietjie kerk toe,” sê sy vir Stienie wat besig is by die stoof.

      Stienie roer met ’n lepel in die grootste van die drie potte. “Dis goed, suster,” antwoord sy. Maria kyk stilswyend na haar sus­ter.

      “En nou, hoekom kyk jy my dan nou so?” vra Stienie.

      “Nee, ek het gewonner of Dampies en Meisie nie wil saam­gaan nie.”

      “Meisie kan saamgaan, maar Dampies is al vroeg veoggend hier uit. Die rofryters fluit, maar hy’s nie bang nie. Ai, ek’s so ge­worrie, Maria, ek weet nie met wie die klong deurmekaar is nie,” sê Stienie.

      Dampies moet tog net nie ook die pad byster raak nie, dink Maria. “Nou ja, Meisie,” sê sy, “dan is dit net ek en jy.”

      Meisie trek haastig aan en ’n rukkie later stap hulle in die straat af, eers by die laerskool en toe by Kleintjie se smokkelhuis verby. Maria wonder wat die kind dink toe sy na die twee geboue kyk, twee geboue wat heel verskillende rolle kan speel op ’n mens se lewenspad.

      Pastoor Isak Louw preek vanoggend oor vergifnis, sy oë onder­soekend oor die gemeente. Voor hom in die kerk sit die Groot Beer en sy vriende, almal in swart geklee. Die gemeentelede klap hande, party sê amen.

      Louw steek sy hande in die lug. “Ons mag nie oordeel nie, ons is almal God se mense,” sê hy. Dan kyk hy vinnig na die Groot Beer en voeg by: “En geseënd is hulle wat ruim bydra tot die wel­vaart van die kerk, soos broer Dolf Pistoors.”

      Die naam van die gangster in die huis van die hemelse Vader laat Maria ineenkrimp. Skaam pastoor Louw hom nie, hy prys so wragtig die rofryters en smokkelaars, net omdat Pistoors ’n paar duisend rand bygegooi het vir die bou van die saal. Hy sê niks oor hoe ons vergaan onder die tik en drank nie, geen woord oor hoe die tikkoppe by ons huise en skole inbreek nie, of oor al die aanrandings in die strate, en hoedat die ou mense se geld met paytyd afgevat word nie, dink Maria. Die diens verander vir Maria in ’n marteling, dit voel soos ure voor pastoor Louw uit­eindelik amen sê.

      Die gemeente sing en klap hande toe die pastoor by die kansel­trappies afkom.

      Met inspanning staan Maria van die bank af op en sy en Meisie stap uit. Stadig verlaat hulle die kerk.

      Die Beer en sy drie medegangsters bly egter sit, hulle hou die pastoor dop wat na die agterste deur van die kerk stap.

      “Paaster,” roep die Beer, “kan ons gou praat.”

      Pastoor Louw klem sy Bybel stywer onder sy blad vas. Die Groot Beer en sy butlers, Langman, Muisvoël en Popeye, groet pas­toor Louw saaklik.

      “Ons het net kom groet, ons sien die saal is klaar gebou,” sê Pistoors.

      Pastoor Louw kug. “Ja, die skenking was handig,” antwoord hy.

      “Nou ja, dan loop ons maar weer,” sê die Beer.

      Die koster, Japie Filander, kom nader. “Ken pastoor die mense dan persoonlik?” vra hy.

      “Nie eintlik nie,” sê Louw. “Ek het Pistoors eendag ná ’n aan­nemingsdiens ontmoet, hy’t na my toe gekom en begin gesels, hy lyk na ’n aangename mens. Hy’t gevra hoe en waar hy my en die kerk met geld kan help. Ek was uit die veld geslaan, maar die ma­nier hoe hy dit in ’n sagte stem gesê het, het my beïndruk. Ek het vir hom gesê die gemeente sal baie bly wees, ons soek juis fondse vir die bou van die kerksaal.”

      As koster Filander verbaas is, wys hy dit nie. Hy staar na pastoor Louw se hande voor sy bors. “En nou, hoekom bewe pastoor dan nou so?” vra hy.

      “O, dis sommer niks, ek het nie vanoggend gëeet nie,” ant­woord Louw.

      “Ja, ’n mens kan nie net van die Woord lewe nie, mens het ook die brood van die lewe nodig,” sug die koster, en sê dan: “Pastoor moet versigtig wees.”

      “Ja, dis waar,” antwoord Louw, “maar dis nie net dit nie. Ek hét geworstel met die idee dat die kerk geld ontvang van mense soos Pistoors.” Hy bly vir ’n oomblik stil en gaan dan voort: “Maar nêrens in die Bybel staan dat dit sonde is nie, veral nie as dit vir ’n goeie doel is nie.”

      Die koster sê niks nie, hy staar net stip na die pastoor.

      “Moenie

Скачать книгу