Die hart van 'n ma. Abraham Phillips

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die hart van 'n ma - Abraham Phillips страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Die hart van 'n ma - Abraham Phillips

Скачать книгу

juis vir Mathabola bel oor ons volgende ver­gadering.”

      Japie trek sy skouers op, hy voel skuldig. Hoe kan hy twyfel aan hierdie man? Hulle trek dan soos een man in die tuig vir die Woord van die Here.

      Die ongetroude jong pastoor is ’n boorling van die dorp Hope­town in die Karoo. Doringdal was sy eerste gemeente ná sy studie­jare. Japie onthou dat party gemeentelede vertel het dat die pastoor baie swaar grootgeword het. Sy familie is arm en het ge­suk­kel om die kinders op skool te hou. Louw het hard gewerk en ná skool is hy uni­versiteit toe en het met beurse en lenings sy stu­dies voltooi. Die gemeente is trots daarop dat, ten spyte van die lenings wat hy moet terugbetaal, hy ook elke maand ’n bedrag geld vir sy bejaarde ouers stuur.

      “Nou ja, pastoor, ek moet nou gaan, wil nog ’n paar mense in my wyk gaan besoek,” sê hy.

      Die pastoor knip nie ’n oog toe hy die koster agternakyk nie. Vir ’n oomblik bly staan hy daar. Hy word uit sy somber gedagtes geruk toe ’n frase van die Gaither Vocal Band se lied “Somewhere between Jesus and John Wayne, a cowboy and a saint” hard uit sy selfoon opklink.

      Sy oë verhelder toe die naam en nommer op die selfoon ver­skyn, hy luister aandagtig.

      “Dankie, suster, ek is bly om jou stem te hoor, ek het begrip vir jou afwesigheid by vanoggend se diens,” sê hy. Die gesprek tussen Isak Louw en die suster aan die ander kant van die foon eindig nie dadelik nie. Sy oë trek op skrefies, wat hy hoor is vir hom baie goeie nuus en hy staar tevrede na die selfoon in sy hand.

      Maria en Meisie stap stadig huis toe. Maria se gedagtes draai om pastoor Louw. Ek kan dit nie verstaan nie, is dit hoe die lewe van vedag maar is? Haar gedagtes word onderbreek toe kerkgangers hardop skree vir die groot swart motor wat vinnig naderkom.

      “Pas op, my kind, die skollies gee nie om nie,” sê Maria en trek vir Meisie aan die arm na die kant van die straat.

      Dis die Groot Beer se motor wat digby hulle verbyry. Die Beer bestuur nie self nie, dis Langman wat agter die stuur sit met sy een hand op sy makker Muisvoël se skouer.

      “Ek sê, ou Beer, jy’t daai Godsman met sy lang swart togga en al vol in jou pocket!” grinnik Langman.

      Die Beer antwoord nie.

      “Kom weer, masse kind,” sê Popeye, “daai togga is maar net ’n show. Vir ons almal, net soos daai moegoes in die boonste plekke, vir daai manne en vroue is dit maar net ’n dêm show.”

      Die Groot Beer sit sy sonbril op en maak sy das los. “As jy eers aan die krip begin vreet, hou jy nie op nie, bra. Money speaks, bra, en power controls, masse kind, die plek is vrot daarvan, net waar jy dala loer die maerkat om vet te word,” sê hy.

      Muisvoël draai agtertoe. Hy verstaan wat sy groot bra bedoel. Hy vryf oor die nommer 26 teen sy nek en grinnik. “Laat die katte maar vet word, bra, die gangster eet die afvalvet.”

      Dit raak stil in die motor, Langman bestuur stadiger, die strate lewe, mense kom van die kerk af, ander strompel voort op onvaste bene en oë wat na nêrens staar. Langman swaai vir ’n voetganger weg. “Die bastardse dronk meid, ek moet haar vrek getrap het.”

      “Coolit, bra,” keer die Beer. “Sy voel fokkol nie, die ding se siel is in die hemel, sy’s klaar dood.”

      Hulle kom tot stilstand voor ’n deurpad aan die westekant van Doringdal. Die pad skei Helshoogte van die woonbuurt Kokke­rotjiedorp. Muisvoël loer vinnig by die venster uit na ’n huis op die hoek van die laaste straat in Helshoogte. Voor die huis sit die gryse Herklaas Blom, alias die Groot Drink, op ’n bankie.

      Hy is Muisvoël se oupa en ’n baie bekende man in hierdie ge­deelte van Doringdal. Met al sy grappe en liegstories is hy ’n in­stelling. Die mense van die onderdorp sukkel nie met hom nie, want hy was ’n vreeslike man in sy jongdae, ’n man met ’n baie kort humeur, wat selfs vir die apartheidspolisie nie teruggedeins het nie. Die talle kap- en snywonde op sy maer, seningrige liggaam ge­tuig van sy harde en wilde lewe.

      Die vier gangsters kyk na Herklaas. Hulle het hom daar verwag.

      “Hei, ek sê ou Muisvoël,” lag Popeye, “jou ouballie is vroeg op sy pos.”

      Muisvoël gorrel deur sy keel en spoeg die slym by die venster uit. “Moenie my moer roer nie, bra, die ou vreksel is nie my ballie nie, daai dêmmit is lankal in sy hel. Die Groot Drink is my ma se ballie, die vark is al kêns, maar hy is bang om dood te gaan, nou sit en dala hy vroeg oor die bosse om kak te sit en praat.”

      “Coolit, masse kind,” sê Popeye, “paytyd is sy geld nie kêns nie, dan dala jy die ou grysaard amper kaal.”

      “Hei, fok jou, man,” grom Muisvoël. “Van daai zak wat die ou grysaard pay, dala ek ook.” Hy loer weer vinnig in die rigting van die Groot Drink en skud sy kop. Maar hy sê niks nie, want hy weet self nie waarom hy sy oupa nie kan verdra nie. Is hy jaloers op die ou man se kleurvolle verlede? Of is hy skaam vir die gryse Herklaas?

      Herklaas Blom tuur oor die laagliggende Kokkerotjiedorp met sy talle Hophuisies aan die regterkant, en oor die wye vlaktes aan die oorkant van die Breërivier.

      Hy steur hom nie aan die groot swart motor nie. Rustig sit hy daar. Hy knip nie ’n oog toe die motor verby die hoërskool oor die deurpad in Kokkerotjiedorp in verdwyn nie.

      Hoofstuk 4

      Kokkerotjiedorp bestaan uit drie dele, ’n plakkerskamp, ’n deel met Hophuisies en erwe vir mense om self te bou. Dis in hier­die deel van Kokkerotjiedorp waar die Beer vir hom ’n groot vier­slaap­kamerhuis laat bou het. Hulle draai na regs en beweeg stadig oor grondpaaie tussen die Hophuisies deur.

      “Hier’s nog baie zak te maak, die mense hier in Kokkerotjie­dorp sóék die goed, hulle word net meer en meer,” sê die Beer.

      Hy draai hom skuins op die agterste sitplek en staar na die reuse­plakkerskamp in die verte. “Hokke net waar jy kyk, die voël­tjie fluit daai vark Salmon was tussen die hokke in die rondte, die Groot Beer vegeet nie, maar ek dina worries fokkol nie, die plek gaan te klein word vir hom, niemand dala met die Groot Beer se mind nie.”

      Langman en Muisvoël loer na mekaar, Popeye haal sy rewol­wer uit sy binnebaadjiesak, hy vee dit af. Hulle weet dat die opdrag om Salmon te vermoor nog lank nie verval het nie. Die motor hou voor die hek van die Beer se groot huis stil.

      Langman, Muisvoël en Popeye klim vinnig uit en verken die omgewing voor hulle inry.

      “Die plek is skoon, bra,” grom Popeye.

      Die Beer beweeg afgemete, hy’s baie versigtig. Sy drie butlers hou hom dop. Dis soos ons hom ken, dink Muisvoël. Hy dala nou soos ’n wille dier, hy kan nie nou deur ’n skelm moegoe wit bene gemaak word nie.

      Die Beer loer vinnig na Langman wat die uitdrukking in sy oë ken. Hy weet die Beer vertrou hom ten volle. Hy’t ’n jaar gele­de ’n opdrag van die Beer uitgevoer om twee tikkoppe wat in ’n moord­saak teen die Beer sou getuig in die plakkerskamp te gaan dood­skiet.

      Hy weet kaptein Wielieboy Mathabola was platgeslaan, want die name van die twee getuies was ’n groot geheim. Mathabola kon Pistoors en sy aartsvyand, die 27-tronkgangster Salmon, nog nooit agter tralies laat beland nie.

      Die Beer stoot die voordeur oop terwyl sy drie butlers

Скачать книгу