101 Bakgat maniere. R.R. Ryger

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 101 Bakgat maniere - R.R. Ryger страница 10

Автор:
Серия:
Издательство:
101 Bakgat maniere - R.R. Ryger

Скачать книгу

      “Ons is ook teen sogenaamde mind altering drugs en die oormatige gebruik van alkohol en tabak,” sê Jevon ernstig.

      Ek kan nie help nie. Ek moet hardop lag. Tussenin stotter ek dadelik ’n verskoning uit. “Ek’s jammer. Maar jy kan ’n hond uit ’n bos uit praat. Ongelukkig was ek nog nooit ’n goeie orator nie. Ek moet eers lank dink oor sekere goed en soms eers daaroor skryf om daarvan sin te maak. Partykeer vat dit my weke of jare voor ek iets verstaan. So, vergewe my asseblief dat ek lag, maar dis omdat jou baie woorde my soos ’n golf geslaan het.”

      “Moet jouself nooit onderskat nie, Dirk,” sê Jevon. Hy buk en gooi nog ’n stuk hout in die kaggel. Wanneer hy weer na my kyk, is daar ’n stoute uitdrukking op sy gesig. “Maar genoeg ernstig gewees vir een nag. Wat van nog ’n bietjie wyn?”

      Drome

      Is dit ’n droom? Ek voel onder my bed na die waterbottel op die vloer. Skielik skiet ’n pyn deur my hand. Dis die dwerg Arnold met sy haaitandjies. Ek pluk my kop onder die kombers in, soos ek kleintyd gedoen het wanneer ek nagmerries gekry het, of bang was.

      Dit kan net ’n droom wees. ’n Dwerg onder die bed?

      Nooit. Nes daar nooit ’n slang of ’n tier was nie.

       Ma!

      Ek het nooit hard geskreeu nie. Net in my kop. Vir minute, miskien langer, het ek stokstyf gelê, te bang om te beweeg. Seker gemaak my voete was toe. Alles was toe vir die spook se koue hand.

       Nee!

      Ek het al my moed bymekaar geskraap, opgespring en in die donker gang na Ma se kamer gehardloop. Daar het ek voor haar bed gaan staan, soos ’n standbeeld, tot sy wakker skrik en gevra het: “Dirkie? Dirkie, is dit jy?”

      Dan het ek gesê ja, en sy sou die komberse oplig sodat ek by haar kon inkruip en weer veilig voel.

      Wat het my pa daarvan gedink?

      Ek weet nie meer nie. Maar omdat ek ook eens op ’n tyd ’n vrou en kinders gehad het, weet ek hoe irriterend ’n kind (of kinders) in ’n paartjie se bed kan wees.

      Snaaks dat ek nooit na my pa geroep het nie. Snaaks dat ek geweet het Ma sou my beter as Pa beskerm. Seker in my onderbewussyn ingesypel soos die drank waarvan Pa te veel gedrink het.

      Hy was nooit gewelddadig nie. Maar hy het ’n paar streke gehad en ek was bang vir hom. Ek was bang vir die lang, maer man met dun lippe. Seker omdat hy so min gesê het, of omdat hy so min by die huis was.

      Is dit ’n droom? Ek dink nie so nie.

      Die maan skyn deur die venster. Wie het die gordyn oopgetrek?

       Nie ek nie.

      Daar is ’n figuur by my bed.

      Duane?

       Nee.

      Ansie!

       Nee.

      Dis nie ’n mens nie. Dis die maan. Die maan is in my kamer.

      Nee, nie die maan nie. Warren Jevon. Dis die maan wat so op sy kaal kop skyn.

      Ek vind myself in ’n ongewone posisie. Ek sit op my bed met my knieë opgetrek teen my bors. My arms om my knieë. Ek is kaal. Dis koud. “Wat soek jy hier? Hoe het jy ingekom?”

      “Ek beweeg op vreemde maniere.”

      “Moenie met my brein probeer smokkel nie!”

      “Moenie kwaad word nie. Ek is hier omdat jy my hier wil hê.”

      “Nee. Ek het jou nie genooi nie.”

      “Moenie teen my baklei nie, Dirk.”

      Ek begin ruk van koue en vrees.

      “Jy is ’n onrustige slaper,” sê hy sag, “ek het jou dopgehou.”

      Dit lyk of hy glimlag. Daardie vinnige, maklike glimlag. Maar in hierdie maanlig lyk dit meer asof hy op sy tande kners.

      Hy lig sy hand voor sy bors. Daar is iets in sy hand.

      Nou weet ek dat ek droom, want hy het Ansie se kop daar beet. Sy vingers vasgeklem in haar hare. Haar gesig bleek en haar oë wyd en vol gestolde vrees.

      Ek word wakker met musiek in my ore. Jethro Tull – Songs from the Wood. Ek sien die toegetrekte gordyne. Ek onthou Warren Jevon se besoek.

      Ek vat na die waterbottel en hoendervleis versprei oor my liggaam.

      ’n Dwerg onder die bed!

      Duane is in die sitkamer, besig om cane en Coke te drink. Hy lyk sleg. Ek stel die musiek sagter.

      “Het jy gisteraand die deur vir Warren oopgemaak?”

      Hy kyk na my asof ek mal is.

      “Hier was niemand nie,” kry hy papmond uit.

      “Is jy seker? Ek sweer Warren was in my kamer.”

      Duane se oë rek oop. Nie in skrik nie. In waarskuwing: “Jy speel met die verkeerde mense,” sê hy.

      Ek los hom in sy stoel en dwaal deur die woonstel. Daar is twee slaapkamers, ’n kombuis, ’n badkamer, ’n sitkamer en nog ’n kamer wat ek as pak- en wasplek gebruik.

      Nêrens tekens van ’n inbraak nie.

      “Ek dink ek moet teruggaan Kaapstad toe,” prewel Duane toe ek weer in die sitkamer kom.

      “Nee, man, ons moet eers vir Maria kry.”

      “Jy het my nie meer nodig nie. Ek wil waai. Dis bad news hierdie, Bro. Jy speel met die verkeerde mense.”

      Ek hoor skaars wat hy sê.

      “Ek gaan nie by Warren Jevon se kultusgroep aansluit nie, Duane. Moenie bekommerd wees nie.”

      Hy sukkel orent en doen ’n dronkmanswieg. Sy een oog spring. Hy is ongeskeer. Hy probeer ’n pakkie sigarette uit sy hemp se sak haal. Ek druk dit terug.

      “Ek is bekommerd, Bro. Ek is bekommerd.”

      Ek druk hom terug in die stoel. Hy bly sit en slurp morsig uit sy glas. Ek los hom en gaan was my gesig in die badkamer. Toe ek terugkom in die sitkamer, is Duane uitgepass.

      Ek is besig om vir my ’n Marmite-broodjie in die kombuis te maak toe die telefoon begin lui. Ek spring, bang Duane skrik wakker.

      Dis gelukkig nie Ansie nie.

      “Ek hoop jy het goed geslaap,” sê Warren.

      “Heel goed, dankie,” antwoord ek gemaak kalm, die droom helder in my gedagtes.

      “Mooi.

Скачать книгу