Weerkaatsings - 'n sprokie. Eleanor Baker

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Weerkaatsings - 'n sprokie - Eleanor Baker страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Weerkaatsings - 'n sprokie - Eleanor Baker

Скачать книгу

lyk onthuts, maar het nie eintlik ’n keuse nie, dus sit hy maar.

      “Ek is byna klaar,” stel sy hom gerus. “Ek loop nou.”

      Die kelner bied nie die spyskaart aan nie, en Charles beduie net iets wat die man blykbaar kan interpreteer, want hy loop weg.

      “Ek eet dikwels hier as ek haastig is,” verduidelik hy vir Lize.

      “Dis ’n gesellige plek,” stem sy saam. “Een van my geliefkoosde plekke.”

      “Ja,” sê hy en soek in sy sak na sy sigarette. “Rook u?”

      Sy skud haar kop. “Nee, dankie.”

      “Ek was onder die indruk dat mense nie hou van hierdie kompleks nie.”

      “Regtig?” Sy wonder waarom hy dit sê. Hy klink na ’n marknavorser. “Ek hou daarvan.”

      “Vind u dit nie te modern nie?” vra hy weer. Hy dra ’n goueraambril wat hy nou afhaal en in sy binnesak bêre.

      “Nee. Ek weet daar is kwaai kapsie gemaak omdat die plek te modern is – in ag geneem die klassieke boustyl van die ander omringende geboue – maar dit het my nog nooit gepla nie. Ek baklei nie teen vooruitgang nie.”

      Hy kyk haar skerper aan. “Dis ’n nuwe siening. Ek was onder die indruk dat die jongmense van vandag almal terughunker na tye toe alles primitief was.”

      Sy haal net haar skouers op. Sy is nie verteenwoordigend van hedendaagse jongmense nie, wil sy vir hom sê. Ons motiewe verskil seker.

      Die joviale kelner is weer terug met ’n bord fyngesnyde kalkoenskywe en slaai en ’n glas melk wat hy met sy rare buiging voor Charles neersit.

      “Dit lyk gesond,” merk sy op. Veral die glas melk.

      Hy lyk verbouereerd. “Ek is jammer. Wil u nie ook eet nie?”

      “Ek het reeds iets geëet, dankie.”

      Die kelner staan nog na hulle en kyk asof hy op iets wag, dus vra sy hom om vir haar ook ’n glas melk te bring.

      Sy hou haar oë voor haar terwyl hy eet, en toe hy klaar is en sy reken sy kan nou maar loop sonder dat dit te ongeskik lyk, stoot sy haar stoel effens agteruit. “Ek moet nou gaan.”

      “Ek kan jou aksent glad nie plaas nie,” sê hy skielik. “Jy is nie Belgies nie.”

      Sy is bly hy het die formele aanspreekvorm laat vaar. Dit laat haar net meer ongemaklik voel. “Nee, ek is nie. Ek is Suid-Afrikaans.”

      Hy lyk verbaas, of so na aan verbaas as wat hy kan lyk. “Dis interessant.”

      “U klink ook nie eintlik Belgies nie,” kap sy teë.

      “Nee. My vader was Engels en my moeder Frans.”

      “Maar u is ’n Belg.”

      “Ja.”

      “Seker skoolgegaan in Engeland?” raai sy.

      “Ja. Universiteit ook.”

      Sy knik. Haar melk is klaar en sy wil loop. Die man het ook gesê hy is haastig. Sy stoot haar stoel verder terug, leun op die tafel en staan op. Sy haal diep asem om die duiseligheid teë te werk en glimlag vir hom. “Tot siens. Dit was gaaf om u weer te sien.”

      Hy staan ook op, en die kelner staan dadelik nader met die rekening.

      “Goeiste,” sê sy verleë. “Ek het amper geloop sonder om te betaal.” Sy maak haar handsak oop en haal haar beursie uit, maar hy maak ’n afwerende gebaar en betaal vir hulle albei.

      “Dankie,” sê sy. “Dit was nie nodig nie.”

      Hy antwoord nie, beduie net dat sy voor moet stap, en eers toe die swaaideur hulle weer uitgestoot het tussen die gedrang van mense, kyk hy na haar.

      “Sal ek die boek vir jou bring?”

      “Nee, nee,” keer sy. “Dis nie nodig nie. Ek het u mos gesê, dis ’n vervelige boek. Een van daardie kitsverkopers waaroor almal praat sonder om te noem dat dit swak geskryf en vervelig is, tensy mens ’n besondere voorliefde het vir bloed en gemene mense.”

      ’n Haastige jong seun druk by hulle verby met soveel geweld dat hy haar laat steier en sy gryp na Charles se arm om nie te val nie.

      “So ’n onbeskofte seun,” sê hy, en sy sien hoe koud sy oë kán word.

      “Ons staan ook in die pad van die mense. Tot siens.”

      Maar dis asof hy haar nie wil laat gaan nie. “Sal jy vanaand saam met my kom eet?” vra hy.

      “Vanaand? Nee. Ek bedoel … dis vriendelik van u om my te nooi, maar ek gaan nie saans uit nie.”

      “Waarom nie?”

      “Ek … ek doen dit nie. Ek is saans te moeg.” Sy weet dis ’n ellendige verskoning, maar sy weet nie wat om te sê nie.

      “As ons vroeg gaan eet?”

      “Maar nie vanaand nie,” sê sy wanhopig. Nie na ’n oggend by die hospitaal en ’n dwase uur in die stad nie.

      “Saterdagaand?”

      Sy dink vinnig. Sy het op die aarde niks anders om Saterdag te doen nie, maar sy kan ook kwalik drie dae voor die tyd reeds weet hoe sy gaan voel.

      “Ja, goed,” stem sy lammerig in.

      “Ek sal jou sesuur kom oplaai. Ons kan uit die stad ry. Ek ken ’n plek waar hulle vroeg al begin bedien.”

      Seker vir kinders, dink sy bitter. Maar sy sê ja.

      “Dan bring ek tog die boek saam,” sê hy. “Dit hinder my nou al twee weke lank. Ek kon dit al teruggebring het.”

      Die vermaledyde boek, dink sy toe sy aanstap na die bushalte. Sy wens sy het genoeg geld by haar gehad om ’n taxi te bekostig, want sy is nie nou lus vir staan en wag nie. Dit was ’n verwarrende uur, en sy wil so gou moontlik by die huis kom.

      En asof alles teen haar gekant is, slaap sy die Vrydagnag sleg. Sy weet dis die nuwe medikasie, maar elke keer as sy vas slaap, word sy rukkend wakker van die vreeslike nagmerries totdat sy vroegdag maar opstaan en in die sitkamer gaan sit. Haar hare is papnat gesweet en klou teen haar voorkop vas, en sy voel lighoofdig van die slegte nag. Sy drink ’n handvol vitaminepille en maak vir haarself ontbyt, maar toe die son deur die mistigheid breek, weet sy dat dit nie ’n maklike dag gaan wees nie. Terwyl sy haar hare later was, word sy so duiselig dat sy op die ou end op die rand van die bad moet sit met albei hande klouend aan die wasbak. En sy huil van frustrasie omdat sy tóg uitgesien het na die aand. Teen haar wil en beterwete in het sy uitgesien daarna. Om weer soos ’n mens te voel. ’n Jong meisie wat op ’n Saterdagaand uitgaan. Sy het selfs die vorige dag ’n nuwe rok gekoop; iets wat sy nie dikwels meer doen nie omdat sy gewoon nie opgewasse is teen die bejammerende blikke van verkoopdames nie wat meer daarop ingestel is om oorgewig klante te troos. Hulle weet hoe om ’n gul lyf te

Скачать книгу