HaKotel: Die muur. Marzanne Leroux-Van der Boon

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу HaKotel: Die muur - Marzanne Leroux-Van der Boon страница 10

HaKotel: Die muur - Marzanne Leroux-Van der Boon

Скачать книгу

loop hy weg.

      Hoofstuk 3

      19 Julie 2013

      Jerusalem

      Die effense glimlaggie waarmee Gilles in die deur van die wagkamer verskyn, maak dat Marc en Rivkah vinnig opspring en na hom toe kom. Hul gesigsuitdrukkings is ’n mengsel van hoop en vrees.

      Gilles skuif die haarnet wat hy nog in die teater gedra het hoër op sy voorkop en vee vlugtig oor sy oë. Toe lê hy sy hande op die skouers van die twee ouers voor hom en sy moeë glimlag raak breër.

      “Rustig maar. Natani het goed deur die operasie gekom en die gewas is beslis nie kwaadaardig nie.”

      “Baruch HaShem!” snak Marc na sy asem.

      “Todah! Todah! Todah!” fluister Rivkah.

      “Maar ek hou hom vandag en môre nog hier. As hy teen Yom Rishon goed lyk, kan julle hom huis toe neem.”

      “Ag, wonderlik!” roep Rivkah verlig en vat die hand wat Marc na haar uithou styf in hare.

      Gilles raak ernstig: “Laat my maar weer die waarskuwing tot julle rig: Natani is delikaat en hy sal dit vir jare nog bly. Miskien sal hy dit later ontgroei, maar vir ’n lang tyd sal hy goed dopgehou moet word. Kyk dat hy hom nie ooreis nie. Oor – laat ek dink – vier maande, November, moet julle hom weer bring vir ’n scan en dan so dikwels as wat dit dalk nodig lyk. En …” hy huiwer effens, “julle moet onthou dat hy nie Yhoshi is nie. Hy sal nie soos Yhoshi presteer nie – nie akademies nie en ook nie op sportgebied nie. Ook nie emosioneel nie. Veral nie emosioneel nie.”

      Marc en Rivkah knik.

      “Dit beteken nie dat hy nie ook begaaf is nie. Ek dink julle weet dit. Dat hy klaarblyklik ryklik met jou talent bedeel is, besef jy natuurlik ook, Marc.”

      Marc knik, sy oë rooi van emosie.

      Rivkah vryf haar wang teen Marc se skouer. “Natani is sy abba se kind, Gilles, in talent en in gevoeligheid. En in karakter. Hy is net ’n klein Marc.”

      “Ag, kom nou …” protesteer Marc.

      Gilles lag. “Soos Yhosh jóú weergawe van die stoere Israeli is, Rivkah, met daai bek-geweer altyd gereed om woorde af te vuur.”

      “Skaam jou, Gilles!” Haar wange gloei verleë.

      “Wat ek as pa van vier eintlik maar vir julle wil sê, is: Moenie die twee met mekaar vergelyk nie. Hulle verskil soos dag en nag.”

      “Solank hy net gesond is, vra ek niks, niks meer nie!” sê Rivkah.

      Erev Shabbat en Shabbat

      19-20 Julie 2013

      Marc en Rivkah kry toestemming om ’n klein verwelkoming van die Shabbat saam met Natan te vier omdat hy laatmiddag reeds uit die waaksaal na ’n privaat kamer oorgeplaas is. Die kleintjie is nog redelik slaperig weens die oggend se narkose, maar sy oë volg elke voorbereiding wat sy ouers op die tafeltjie by sy bed maak. Yhoshi is ook toegelaat om saam te kom. Hy is vir ’n verandering heeltemal stil waar hy aan die voetenent van sy boetie se bed sit en met ontsag na die groot verband om Natan se kop staar.

      “Is dit seer?” vra hy versigtig.

      Natan glimlag effens. “’n Bietjie as ek my kop roer.”

      Rivkah het hul kershouers van die huis af gebring. Sy bedek die twee challahs op die silwerskinkbordjie met ’n versierde oortreksel. Dan skink sy druiwesap in die silwer Kiddush-bokaal.

      Net toe is daar ’n ligte kloppie aan die deur en Ruwth kom binne met ’n glaspot gevul met oop, goudgeel rose.

      “Oe! My gunstelingkleur.” Rivkah omhels Ruwth.

      “Dit weet ek,” sê Ruwth en gee Marc, wat na haar toe afbuk, ’n hartlike soen.

      Daar kom ’n blye lig in Natan se oë toe hy sy oumagrootjie sien. Yhoshi is onmiddellik by haar en slaan sy arms so styf om haar middel dat sy byna omval en Marc haar vinnig aan die arm neem.

      “Natani,” sy gaan buig oor die seuntjie en soen hom versigtig sodat hy nie sal seerkry nie, “jy het ons darem laat skrik, yeled katan.”

      Natan glimlag skaam. “Ek is nou weer beter, Savta.”

      “Ek sien so. Ek het vir jou iets gebring.” Sy steek haar hand in die diep sak wat aan haar arm hang en haal ’n oulike beertjie uit. Hy is selfs uitgedos met ’n kippah op die kop en tallit om die skouer. “Kyk, hy kan hier op die kassie voor jou bed sit en jou môre laat onthou dat dit Shabbat is.”

      “Todah, Savta.”

      Ruwth kyk na haar ander agterkleinseun. “Ek het darem vir jou ook iets gebring, Yhoshi.” Dis ’n groot sjokolade wat hy met entoesiasme aanvaar.

      Marc kyk op sy horlosie. “Nog vier minute voordat dit tyd is om die kerse aan te steek, Savta. Bly jy by ons?”

      “Graag!” Sy gaan sit in die stoel wat Marc vir haar nader getrek het. “Ek het Gilles gebel en hy’t gesê ek mag tot ’n halfuur ná die aansteektyd bly.”

      Marc grinnik. “Ons het dieselfde opdrag gekry.’’ Hy knik in sy vrou se rigting. “Tyd vir die kerse.”

      Rivkah het die glaspot met Ruwth se rose op die Shabbat-tafeltjie neergesit. Hulle gloei daar in die sterwende dag se laaste lig wat deur die venster val.

      “Die Shabbat-koningin gaan nou kom,” sê Natan sag.

      Rivkah glimlag in sy rigting voordat sy die twee kerse ligweg met albei haar hande omkring en dan weerskante van haar gesig hou. Dan bid sy die seënbede vir die aansteek van die kerse: “Baruch Atah Adonai Eloheinu Melech ha’Olam, asher kidushanu b’mitzvotav …”

      Daarna steek sy die kerse aan en die vlammetjies flikker sag in die kamer se skemerlig.

      “Hoekom twéé kerse, Natani?”

      “Ons moet Shabbat onthou en ons moet dit hou soos HaShem gesê het ons moet dit doen.”

      “Goed gesê,” koor die drie volwassenes gelyk.

      Marc sê die Kiddush op oor die wynbokaal wat hy omhoog hou: “Vayehi erev, vayehi boker, yom hashishi …”

      “Hoe heerlik is die Shabbat wat Adonai ons gegee het tog!” Ruwth sug diep. “Só mooi …”

      Instinktief buig Marc oor en soen sy ouma.

      Toe wens hulle mekaar almal “Shabbat shalom” toe. Marc neem Natan se handjie in syne en dank die Ewige van Israel dat Hy hom bewaar het en veilig aan hulle teruggegee het.

      “Ek gaan sommer net die inleidende deel van die parashah Eikev lees,” sê Marc, “want ons tyd is so te sê daarmee heen.”

      Rivkah knik, want sy het gesien Natan se ogies raak swaar van die slaap.

      “Ek

Скачать книгу