Recce. Koos Stadler

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Recce - Koos Stadler страница 6

Recce - Koos Stadler

Скачать книгу

sou ontplooi – dus tot sowat 60 km in Angola of Zambië in. Daar was wel verskeie uitsonderings op die reël. Talle Spesiale Magte-operasies is by­voorbeeld in die taktiese sfeer uitgevoer – soos die pseudo-­guerrilla-operasies deur 51 Kommando aan albei kante van die Suidwes-Angola-grens.

      Handboekdefinisies van daardie era het strategiese verkenning beskou as operasies waar ’n span onafhanklik – dus sonder enige direkte grond- of lugsteun – opereer. Die inligting wat tydens die verkenning ingesamel is, sou ook nie noodwendig tot direkte optrede teen die vyand lei nie, maar sou wel ’n strategiese uitwerking op die uitkoms van die oorlog hê. Daarteenoor is taktiese verkenningstake in die taktiese invloedsfeer van operasies uitgevoer, dus binne reikafstand van grond- en lugsteun. Dit sou ook feitlik altyd tot direkte taktiese optrede deur eie grond­magte lei.

      Die modus operandi van die taktiese verkenningspelotons het van eenheid tot eenheid verskil. ’n Verkenningspatrollie wat voor ’n gevegsmag moes patrolleer, het uit vier tot ses man bestaan en moes swaar genoeg bewapen wees om hulself in ’n geveg te handhaaf. Vir ’n verkenning van ’n Swapo-basis sou ’n patrollie uit hoogstens vier manne bestaan. Indien die basis binnegedring moes word, sou dit dikwels deur twee manne gedoen word.

      Selfs in die beginjare van die oorlog het die moeilike terrein en gebrek aan skuiling die gebruik van groot spanne verhinder. Dit het meegebring dat die konsep van kleinspanoperasies reeds teen die laat 1970’s met groot sukses deur die taktiese verkenningsvleuels toegepas is.

      Die keuring vir die verkenningsvleuel van 31 Bataljon was die strafste wat ek nog deurgemaak het. Aan die begin van die keuring is ons ’n week lank aan die ergste liggaamsoefeninge (LO) denkbaar onderwerp, van 05:00 in die oggend tot laat in die nag. Die instrukteurs wou ons klaarblyklik vir die bosfase gereed kry, maar al wat hulle bereik het, was om ons tot die dood toe uit te put. Ons moes nog eers aan die Caprivi se warm en vogtige lug gewoond raak.

      Toe is ons bos toe vir die regte keuring, maar het gou besef dat dit bloot ’n aanhoudende gesloeg deur die ruie bosse was van die een rendezvous (RV, of soms ruitverwysing) na die volgende. By elke RV het die instrukteurs ons met nóg ’n verrassing ingewag. Soms was dit ’n stywe LO-sessie in die sand en ander kere moes ons kilometers ver leopard crawl. Daarna het ons ’n nuwe kompas­peiling gekry na die volgende RV, wat gewoonlik ’n onmoontlike afstand weg was om binne die gegewe tyd af te lê. Die instrukteurs sou ons dan die volgende dag daar inwag.

      Die eerste skof van ons avontuur het ons by ’n RV op die Angola-kaplyn – die grens tussen die Caprivi en Angola – uit­gebring. Ons moes dit teen die volgende oggend bereik. Met rug­sakke van minstens 30 kg elk het ons deur die nag gespook om by ons eerste ontmoetingspunt uit te kom. Daar is ons verwelkom met ’n stywe LO-sessie in die sand.

      Teen 09:00 het ons ons volgende opdrag ontvang: Ons moes die volgende oggend 08:00 by ’n RV 30 km verder oos in die Caprivi wees. In ons fisieke toestand en met die digte Caprivi-bos was dit ’n bykans onbegonne taak, maar daar was geen ander uitweg nie – ons moes maar net aanhou.

      Die instrukteurs is daar weg nadat hulle hul opdragte gegee het. Ons het geen kos gehad nie en slegs die water wat in ons rugsakke oor was. Om ons was net die nimmereindigende savanna van die Caprivi. Dit was gelukkig reënseisoen en die bos was welig en groen. In die omurambas (oop grasbedekte panne tussen die duine) was genoeg water. Ek het besluit om dadelik weg te spring en die eerste deel agter die rug te kry. Hoe korter die afstand wat ons in die nag moet aflê, hoe beter, het ek gereken.

      Dit was egter makliker gesê as gedaan, want ek het dadelik voor my eerste toets te staan gekom. ’n Mede-kandidaatoffisier (KO) – ’n kêrel van wie ek nie besonder baie gehou het nie – het die leiers­rol op hom geneem en verklaar dat die groep oor die hitte van die dag sou rus en teen 15:00 daardie middag sou begin beweeg. Dit sou ons kwansuis genoeg tyd gee om die 30 km voor die volgende oggend 08:00 af te lê. Ons het ’n bietjie daaroor gestry, maar almal was moeg en die KO het die argument gewen.

      Hulle kan maar rus, het ek besluit. Ek gaan die pad vat. Sonder om verder te kibbel het ek omgedraai, my rugsak op my rug gekry, die kompas op sy peiling gerig en begin stap. Net een van die ander het besef hoe onsinnig dit is om te lê en rus terwyl ons met keu­ring besig is. Ek was enkele meters weg toe hy roep: “KO, wag, ek kom saam met jou!” Hy het al struikelend, terwyl hy beur om die swaar sak op sy rug te kry, agter my ingeval.

      Die keuring het ons twee uitstekende blootstelling aan die bos gegee en dit was uiteindelik ’n wonderlike ervaring. Daardie dag het ons troppe olifante en ander wilde diere teëgekom. Ons het gou geleer waar om water in die omurambas te kry en hoe om die oli­fanttroppe te vermy deur onder die wind om hulle te sirkel. Ons het ook vinnig geleer om na mekaar om te sien.

      Laat daardie middag het ons ’n noue ontkoming met ’n olifantbul gehad terwyl ons by ’n watergat ons watervoorraad aangevul het. Ons het dit ’n gewoonte gemaak om aan weerskante van ’n watergat stelling in te neem sodat ons die bos agter die ander persoon kon fynkam terwyl ons ons bottels vul. Terwyl ons besig was, het ’n olifant om ’n boom aan die oorkant van die watergat gestap en reg op my makker afgepyl. Ek het nie eens tyd gehad om ’n woord uit te kry nie, maar hy moes die geskokte uitdrukking op my gesig gesien het, want in ’n breukdeel van ’n sekonde het hy weggespring en half onder ’n boomstam ingeduik. Tot op daardie oomblik het die olifant hom nog nie gesien nie. Sy uitroep en vinnige reaksie het waarskynlik sy lewe gered, want die ou grote het net een snork gegee en die bosse ingestorm.

      Die volgende oggend was ons twee betyds vir die RV, maar die res van die keuringsgroep het verdwaal en is eers ’n dag later opgespoor nadat hulle skote in die lug gevuur en seinfakkels gelanseer het. Hul water het reeds op die eerste dag opgeraak en som­mige het begin dehidreer. Daarna het hulle verward geraak oor die afstande wat hulle afgelê het, omdat hulle nie in die nag die kap­lyne, wat as hoof-navigasiehulpmiddels moes dien, kon opspoor nie. Om hulle ’n redelike kans te gee – die instrukteurs het nie werklik geweet presies wat gebeur het nie – kon almal met die keuring voortgaan. Hulle is per voertuig na ’n volgende RV geneem en het in die proses ’n veel korter roete as ons twee afgelê.

      Die keuring het nog ’n week aangehou. Ek het tred verloor met die tyd en ook met die aantal kandidate wat nog oor was. Tot van­dag toe weet ek nie hoe ver ons tydens die keuring gestap het nie. Ek het ook nie regtig omgegee hoeveel manne werklik die keuring slaag nie, want soos dit later sou blyk, het ons eerste operasionele ontplooiing gou die kaf van die koring geskei.

      Ek het twee baie belangrike dinge daardie week geleer. Die eerste het ek reeds besef die dag toe ek die graf in Ariamsvlei se begraaf­plaas moes grawe: Moet nooit eens dink aan tou opgooi nie, want dan sal jy ook. Die ander: Doen wat jy glo is reg, sonder om toe te gee aan die versoeking om by ’n groep in te val. Dié twee waarhede het my rigsnoer geword tydens my latere operasionele loopbaan in die Spesiale Magte.

      Deur die jare het ek drie keuringskursusse deurgemaak – die eerste een was by 31 Bataljon, die tweede by 1 Valskermbataljon (die berugte LO-kursus) en die laaste by die Spesiale Magte. Ek kan onomwonde sê dat die eerste kursus die heel moeilikste was. Ek kan ook met ’n oop gemoed sê dat ek nie gedurende een van hulle vir ’n oomblik oorweeg het om op te gee nie. Boonop was daar darem ook ’n sekere mate van pret in elke kursus.

      Ná ’n week se hersteltyd op Omega het ons opleiding in alle erns begin. “Spesops”-uitrusting is aan ons uitgereik. Dit het outydse Alpine-rugsakke, Swapo-gevegsuitrusting en ’n verskeidenheid vreemde wapens, soos AK47’s, RPD’s4, RPG-7’s en pistole uit die Oosblok-lande ingesluit.

      Die Maandagoggend ná die breek het ons ons by die verkenningsvleuel se hoofkwartier aangemeld en ons uitrusting op die Unimogs gelaai wat gereed gestaan het. Ons was onseker wat om te verwag terwyl ons na Fort Vreeslik, die verkenningsvleuel se opleidingsbasis, gery het. Die basis was weggesteek in die Caprivi se ruie bosse sowat 14 km suid

Скачать книгу