Tikkun Ha'olam. Marzanne Leroux-Van der Boon

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Tikkun Ha'olam - Marzanne Leroux-Van der Boon страница 14

Tikkun Ha'olam - Marzanne Leroux-Van der Boon Israel-reeks

Скачать книгу

deur die sneeu. Hy nooi hom in om die kaggel met hulle te deel en maak vir hulle ’n stywe fles mud. Hy onthou die ou professor, wat nog tot sy 80ste jaar klas gegee het, het ’n voorliefde vir goeie moerkoffie.

      Yhoshi verdwyn met Lewinsky se boek en ’n kers na sy kamer. Marc neem aan hy gaan die storie lees wat hy met ’n gebruikte koevert vir hom in die boek gemerk het. Natan kom sit by die besoeker, van wie hy baie hou, met Shishi in die een arm. Ilan streel die katjie en luister na Marc wat vertel van Siegfried se ondervindings in Westerbork.

      “Ken, ek het die ou ook nou die dag ontmoet toe hy die duiwe gesit en voer het. Jammer dat hy geen geloof in die Ewige, baruch Hu, het nie. Hy moes ’n bitter tyd in Auschwitz gehad het, maar hy wou ook nie met my daaroor praat nie.”

      “Jy is ’n Oostenryker van geboorte?” vra Marc.

      Die ouer man se intelligente oë verhelder by die herinnering en hy lag skalks. “Nie heeltemal gróótgeword nie, daarvoor het Herr Hitler gesorg, maar ek het darem 12 jaar lank daar gewoon.”

      “Ek verbeel my jy het eenkeer gesê jou vader was ’n bankier?” probeer Marc om sy buurman aan die praat te kry. Met Natan in die omtrek, is Marc dié keer nie so bevrees soos die vorige aand nie, want hy weet Ilan het nooit in een van die uitwissingskampe beland nie.

      Die glimlag bly huiwer. “Dit wás hy ook. Ek kan my die tyd van die Anschluss nog heel goed voorstel. Dis meestal eie herinneringe, want ek was in 1938 darem al 12 jaar oud, maar ook ander feite omdat ek ná die tyd teruggegaan en soveel opleeswerk en ander navorsing gedoen het as wat ek kon. Ons het in Wene in nogal ’n deftige woonstel gewoon. Dié het, toe ek dit 20 jaar later gaan opsoek het, nog feitlik onveranderd gelyk. Al was dit natuurlik gestroop van alles wat my vader en sy vader en sy oupa voor hom oor byna twee eeue opgebou en versamel het. Ek sou wát wou gee om sy biblioteek te kon erf, want dié was onvervangbaar. Om nie eens van die kunswerke te praat wat ook oor geslagte versamel is nie. Ons is darem nou in die proses om ’n fraksie daarvan terug te kry.”

      “Ek het eintlik nie besef jy het die Anschluss beleef nie.”

      Ilan neem ’n sluk van sy koffie. “Toe Yedidyah nog geleef het, wou ek nie veel oor my ervarings praat nie. Myne was in vergelyking met my vrou s’n so onbenullig. Sy was in Birkenau. Sy moes op die paradegrond staan en toekyk hoe haar pa gehang word – en vir dae lank daar bly hang het. Sy het ál haar familielede in die gaskamers verloor. Net soos ou Siegfried wou sy ook nie praat nie.”

      “Ek verstaan.”

      “Ken. Ek was daar met die Anschluss, maar soos ek sê, my eie herinneringe en alles wat ek gaan naspeur het, loop soms deurmekaar. Ek is nou al lank nie meer seker wat is wat nie.”

      “Dit maak nie saak nie. Vertel maar, want van die Oostenrykse Jode weet ek nie veel nie.”

      “Nu, in Maart 1938 het die hoop vir die Oostenrykse referendum wat op hande was, hoog geloop. Op 10 Maart het bondskanselier Kurt Schuschnigg ’n vurige toespraak gehou. Ek, my ouers en my broer het voor die radio gesit en luister.”

      Hy glimlag weer effens by die herinnering. “Dit was so ’n ou groot Engelse radio wat in die biblioteek gestaan het, bruin en indrukwekkend. Op die wyserplaat het die name van hoofstede gestaan. Ek onthou nog hoe die ganse Wene in rooi-en-wit vlae getooi was in afwagting van die voorgenome referendum. Die leuse was: Met Schuschnigg vir ’n vrye Oostenryk – gee die Führer jou ‘ja’. In die strate het skares bymekaar gekom. Die dansende jong mense het baniere en plakkate met slagspreuke vertoon so ver as wat die oog kon sien. Selfs die strate was hier en daar rooi en wit geverf. Heil Schuschnigg! Heil Freiheit! het daar gestaan. Later het ek uitgevind die Israelgesinde Jode het 500 000 schilling, dis sowat $100 000, gegee om die veldtog te finansier. Dit was destyds ’n aardige bedrag! Met dié steun vir ’n gunstige referendum wou die Jode van Oostenryk ’n bastion skep teen die verskrikking wat in Duitsland aan die gang was.”

      “Daarmee sou die Führer seker nie baie in sy skik gewees het nie.”

      Ilan lag. “Beslis nie. Voor dagbreek die volgende dag nog het die tyding gekom van troepebewegings aan die Duitse grens. Daar was desperate pogings uit Wene om te sien of Londen of Parys of Rome bereid sou wees om steun te bied teen die toenemende Duitse druk op die bondskanselier om te bedank. Die Duitsers wou die Nazigesinde minister Kurt Seyss-Inquart aan bewind hê. Die veldtog teen anneksering was egter vergeefs. Die volgende dag het die Israelgesindes ’n verdere 300 000 schilling aan die Schuschnigg-veldtog geskenk. Hulle het nie geweet dis hul begrafnisgeld nie.” Hy kry ’n suur trek op sy gesig. “Gerugte het reeds die rondte gedoen dat Duitse troepe die grens oorgesteek het en dat die referendum uitgestel sou word.”

      Hy drink sy koffie klaar. Natan is nie langer geïnteresseerd nie en klim met kat en ál van die rusbank af, en hou homself by die kaggel besig deur stokkies in die vuur te gooi.

      “Ons het weer die ganse dag voor die radio deurgebring, weet ek nog. Eers is die uitstel van die referendum aangekondig en ’n paar minute later die bedanking van die volle kabinet, behalwe Seyss-Inquart.”

      “Uiteraard,” sê Marc.

      Ilan knik. “Nachon. Hy het aangebly as minister van binnelandse sake. Nu, daardie tyd het ek maar min besef van wat regtig aan die gang was. Ek was net bewus van my ouers se onsteltenis, wat hulle onsuksesvol probeer verberg het. Maar nou weet ons al dat die regering van die Duitse Ryk ’n ultimatum gestel het. Oostenryk moes óf ’n kandidaat vir die kanselierskap aanwys, óf Duitse troepe sou ons grens onmiddellik begin oorsteek.”

      “En Oostenryk was nie bereid om Duitse bloed te verspil nie.”

      “Dis soos jy sê, Marc,” Ilan lyk sinies. “Hoe sou ons dit immers ook reggekry het? Maar ja, dit was asof die wêreld omgekeer is. Dit kan ek my nog goed voorstel. Die krete wat skielik toenemend in die strate opgeklink het, het nuwe slagspreuke bevat: Ein Volk, ein Reich, ein Führer! En heel spoedig ook: Jude, verrecke!”

      “Sjoe!”

      “Ek onthou baie goed die see van bruin hemde wat deur die straat voor ons woonstel verbygestroom het terwyl ek angstig vanuit die boonste vensters op hulle neergekyk het. Oral was mense met wapens te sien en skielik het die polisie almal swastika-armbande gedra. Trouens, die vragmotors wat in die strate afgejaag het, en die trems het ook swastikas vertoon. Dit was iets wat ek tot in daardie stadium nooit tevore gesien het nie. Jong mans en seuns het aan hulle gehang, gewuif en uitgelate geskreeu. My pa het my by die vensterraam kom weghaal en die ligte afgeskakel.”

      Hy lag weer. Dis amper dieselfde laggie as ou Siegfried s’n, dink Marc.

      “Tja, dit was nie asof dit ons onsigbaar kon maak as dit donker is nie. Dit was vir my duidelik dat my ouers nie geweet het wat om te doen nie. Vir die eerste keer in my lewe het ek dit meegemaak …”

      Marc leun oor en skink vir hom nog mud uit die termosfles op die tafel. Eers toe merk hy in die halfdonker dat Yhoshi uit die kamer gekom en in een van die diep gemakstoele gaan sit het.

      Ilan neem die koffie by Marc en sit dit op die tafeltjie langs hom neer. “Een van my pa se neefs het gebel en gesê hulle gaan die nagtrein Praag toe probeer haal. Hy het daarop aangedring dat ons hulle moet vergesel. My moeder het radeloos haar hande gevryf en my vader het gesê ons sal nooit ongedeerd deur die skare kom nie en die trein sal in elk geval vol wees. Ek het later besef dat hy nie kans gesien het om alles waaruit sy lewe bestaan het, net so agter te laat nie. As 12-jarige seun het ek geen idee gehad van die geskiedkundige impak van die oomblik nie, maar nou weet ek president Miklas het ná middernag die nuwe kabinet goedgekeur en daar is aangekondig dat Oostenryk nou vry

Скачать книгу