Dis koue kos, skat. Marita van der Vyver

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Dis koue kos, skat - Marita van der Vyver страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Dis koue kos, skat - Marita van der Vyver

Скачать книгу

in die badkamerspieël sien. “G’n wonder jou man het hom uit die voete gemaak nie.” En dan spoeg hierdie vreemdeling my woorde terug in my gesig, saam met die skuim van haar tandepasta.

      Bernard, Bernard, Bernard. Ek wonder of dit is wat hulle ’n cri de coeur noem. Of bloot ’n vervloekende inkantasie?

      Clara

      From: Clara Brand [[email protected]]

      Sent: Sun 02/08/98 23:25

      To: Marita van der Vyver [[email protected]]

      Subject: S.O.S.S.O.S.S.O.S.

      Ek wil vir haar skryf daai doos van ’n dief wat my man gesteel het ek wil haar op een of ander manier bykom. Skel en skreeu en skop en byt. Séérmaak. julle skrywers sê mos altyd mens moenie jou kritici antwoord nie dit gee hulle net onnodige mag oor jou mens moet eerder waardig stilbly. Maar sy’s nie my kritikus nie sy’s my ek weet nie wat de fok sy is nie en ek is in ieder geval laaankal by waardigheid verby. ’n Vrou wat te dooslik en onnooslik was om agter te kom dat haar man verlief raak op haar vriendin en nou snags deur die huis slof in skaapvelpantoffels en met haarself praat en wanhopige hulpkrete oor internet stuur. Keer my voor ek myself verder verneder deur die doosdoosdoos te smeek om my man vir my terug te gee! C

      3 Augustus 1998

      Op kantoor, Goudstad

      Brief aan A

      Hoe anders moet ek begin op hierdie blou Maandag? Liewe gewese vriendin wat my man genaai het? Heil die leser? Beste kollega? Maar beste impliseer goed, beter, beste. Beste beteken beter as iets anders, en ek weet waaragtig nie waarmee jy die beste kan wees nie, behalwe miskien skynheiligheid en agterbakse gedrag.

      Seks? Jy’s mooi, jy’s tien jaar jonger as ek, jy’t ongetwyfeld ’n beter lyf – maar dit maak jou nie noodwendig ’n beter seksmaat nie. Soos Minette op ’n keer ’n jong man kortgeknip het wat dit gewaag het om haar “tannie” te noem: “Tannie? Luister, boet, hierdie tannie kan vir jou ’n blowjob gee wat jou hare saam met jou voël sal laat regop staan.” Ja, pasop vir ons “tannies” as dit by bedsake kom.

      Die bed is een van die min plekke op aarde waar ervaring en mededeelsaamheid steeds meer bevrediging verskaf as blote entoesiasme en egoïsme. Maar dis nou ook nie asof jy ’n maagdelike tiener is nie, nè. Op amper dertig moes enkele onskuldige twintigjariges jou seker ook al “tannie” genoem het. Was jy so geskok soos ek toe dit die eerste keer gebeur het?

      Nee, hel, waarom probeer ek nou nice wees met jou? Asof ek jou met small talk en “tannieskap” aan my kant sal kry! Ek wil jou nie aan my kant hê nie, ek wil jou so ver moontlik van my hê, verkieslik heeltemal uit my en my man en my kinders se lewe, maar ek’s bevrees daarvoor is dit te laat.

      Ek het my soos ’n hond met ’n lam onderlyf teruggesleep werk toe. Terug na hierdie enorme gebou waar soveel koerante en tydskrifte daagliks, weekliks, maandeliks, uitgebroei word. Die wete dat jy en my man (ja, hy is steeds my man, al woon én werk hy nou saam met jou) op ’n ander verdieping iewers onder my besig is met julle eie duistere broeiwerk, konkelwerk, samesweerdery, steek my verskriklik dwars in die krop. En moet my asseblief nie beledig deur dit af te skryf as blote jaloesie wat sal oorwaai nie. Ek weet wat jaloesie is.

      Of dalk het ek net gedog ek weet.

      Ek het al voorheen ligte aanvalle van hierdie vieslike siekte gekry. Enkele kere, in my jonger dae, vóór Bernard, selfs ernstige aanvalle. Veral saam met James, ’n man wat te mooi en te ydel en te selfsugtig vir enige vrou was. Ek het jou van hom vertel, onthou ek, omdat ek jou wou troos oor jóú verhouding met ’n mooi en ydel en selfsugtige lover wat nie uitgewerk het nie. Wat was sy naam nou weer, die vent oor wie jy soveel krokodiltrane in my kombuis gestort het? As dit nie vir dié bliksem was nie, het ek jou dalk nooit jammer gekry en huis toe genooi nie, het ons dalk net vriendelike kollegas in ’n vrouetydskrif se redaksie gebly, het jy dalk nie …

      Hier gaan ek al weer. As, as, as. Ek maak myself mal, dwaal in eindelose sirkels om elke enkele ding wat ek die afgelope jaar of twee gedoen of gesê het – of erger, nie gedoen of gesê het nie. Nie gesien of gehoor het nie. Terwyl alles volgens jou seker so bestem was, written in the stars, jy glo mos aan sulke snert. Gerieflik, nè, nou hoef jy nie skuldig te voel oor enigiets nie, dis Jupiter wat in Venus was. En my man wat in jou was. Waarom maak dit so séér elke keer as ek daaraan dink?

      Na James het ek ’n soort immuniteit teen jaloesie verwerf. Hoe meer onseker ’n vrou van haar eiewaarde is, hoe makliker word sy die prooi van jaloesie. Die Evangelie van Eva en ander vrouetydskrifte. Ek het werk gemaak van my onsekerheid, ’n muur van selfvertroue om my gebou, baksteen vir blerrie baksteen, jare lank. Ek het ’n intelligente, sensitiewe, kunssinnige man getrou, ’n kenner van rolprente en musiek en boeke, en ons het drie gesonde en gelukkige kinders in die wêreld gebring, hoe geseënd kan ’n vrou nie wees nie. Ek kon my passie vir kos en vir woorde in ’n beroep omskep, kosskrywer vir koerante en tydskrifte word, betáál word om te kook en te eet! Hoe geseënd kan ’n vrou …

      Selfs wat die uiterlike betref, het ek geleer om van myself te hou. Dwarsdeur my tienerjare en tot in my twintigerjare het ek nooit enigiemand geglo wat my “Mediterreense voorkoms” aantreklik vind nie. Ek het bly hoop ek gaan een oggend my oë oopmaak en ontdek – o, die vreugde! – dat ek oornag lank en slank en sportief en blond geword het. Teen dertig het dit oplaas tot my deurgedring dat dit nooit gaan gebeur nie. Ek het weer eens na Eva se raad gegryp. Eva en Cosmopolitan en Elle en Glamour en al hulle pragtige papiersusters. Maak die meeste van wat jy het, nie van wat jy nie het nie. Ek het my donker vel en my rojale kurwes begin beklemtoon, geleer om klere te dra wat my voorkoms vlei eerder as om al daardie lang, skraal, blonde modelle op die modefoto’s te probeer naboots, en dit het waaragtig gewerk. As ek dink aan al die jare wat ek gemors het in die verkeerde outfits. Die afgelope dekade het ek oplaas gemaklik in my eie vel begin voel, tuis in my eie lewe, oukei oor wie en wat ek is.

      En hier bars jy by my lewe in, ’n cliché van lang, skraal, sportiewe, blonde skoonheid, en ek voel nie eens bedreig nie, want ek is mos oukei, al is my bene miskien ’n bietjie kort en al neig my boude miskien na plomperigheid en, en, en … En sowaar, my intelligente, sensitiewe, kunssinnige man val vir jou. Soos enige breinlose bastard sou, enige lieplapper wie se voël harder werk as sy verstand, enige man wat …

      Soos enige man sou?

      Hulle kan tog nie almal sulke dose wees nie! Of kan hulle? As dit gaan oor toegang tot ’n begeerlike vroulike doos, is hulle dalk almal verdoem tot ewige doosagtigheid.

      Hoor hoe bitter klink ek. Alles waarin ek geglo het – intelligensie en eerlikheid in intieme verhoudings, wedersydse respek tussen geslagte, liefde-tot-die-dood-ons-skei – alles het die afgelope maand verdwyn, spookasem wat in die yskas gelos is en klam geword het, daar’s niks oor nie. Net hierdie galbitter smaak in my mond, ek vermoed dit moet een van die newe-effekte van jaloesie wees, dat selfs my gunsteling-geregte vir my soos aalwynsap smaak. Sjokolade is al wat ek nog kortstondig kan proe, hoe soeter en goedkoper hoe beter, my enigste oorblywende smaaksensasie, dis ’n katastrofe. Vir my om my smaaksintuig te verloor, is soos ’n verspringer wat sy voete verloor, ’n operasangeres wat haar stem verloor. Van opera gepraat, ek is nou by Verdi se Otello. Van slagoffers in hulle liefde verlaat tot slagoffers van jaloesie. Hoewel ek die sterkste identifiseer met die siniese Iago. E credo l’uom gioco d’iniqua sorte … Inderdaad, op die oomblik glo ek die noodlot speel met ’n mens, van die wieg tot die graf. Vien dopo tanta irrision la Morte!

Скачать книгу