Dis koue kos, skat. Marita van der Vyver

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Dis koue kos, skat - Marita van der Vyver страница 7

Автор:
Серия:
Издательство:
Dis koue kos, skat - Marita van der Vyver

Скачать книгу

nie (gaan vertel dit vir my kinders wat elke aand wil weet wanneer hulle weer hulle pa sal sien), maar as “die begin van iets beter”.

      Vir ’n ongelooflike en absurde sekonde het ek gedog sy bedoel ’n menage à trois. Ek en jy en sy almal saam, soos lede van die Bloomsbury Circle of ander boheemse Europese siele – en lywe, moenie die lywe vergeet nie – of erger, dat ek soos ’n onderdanige Moslem- of Zoeloe-eggenote moet aanvaar dat my man ’n tweede vrou gevat het.

      Toe besef ek nee, ek word nie ingesluit by daardie “iets beter” nie. Al wat sy bedoel, is dat jy en sy iets beter sal hê as wat ek en jy ooit gehad het, en tant pis vir my of die kinders of enigiemand anders wat in die proses seerkry. Daar was nog ’n sin of drie, maar ek kon nie verder lees nie, die woorde het wasig geword voor my oë. Nie weens trane nie, o nee, dit was woede en verontwaardiging wat my tydelik verblind het. Ek was so kwaad dat ek nie asem kon kry nie. Ek moes by die kantoor uitvlug om onder in die straat ’n sigaret te gaan rook. My masochistiese manier om my longe net nog meer te straf.

      Minette het my daar aangetref, één kyk gegee, en my na die koffiekroeg op die grondvloer gesleep. As hulle whisky bedien het, het ek ’n dubbele dop bestel. Ek moes tevrede wees met ’n cappuccino. Ek het vir Minette die brief gewys.

      As A my briewe vir jou kan wys, kan ek hare seker ook vir iemand anders wys.

      “Die fokken bitch,” het Minette gesê. Net dit, niks anders nie. “Die fokken bitch.”

      Ek het niks om by te voeg nie.

      Clara

      13 September 1998

      Stil Sondag in Suburbia

      Liewe Nita

      Wie sou nou kon dink, toe jy skaars twee maande gelede sak en pak hier weg is, dat my eerste brief aan jou in jou nuwe tuiste ’n treurmare oor my “verbrokkelende huwelik” sou wees? Getik op my sukkelende ou skootrekenaar, terwyl ek uitkyk oor my verwaarloosde tuin. Things are falling apart, voorwaar, the centre cannot fucking hold.

      Goddank vir telefone. Al is dit onbekostigbaar duur om Skotland toe te bel, kan mens dit darem nog in noodgevalle doen. En die afgelope twee maande het my ganse lewe een groot noodgeval geword. Dankie tog ek kon jou bel en vertel wat aangaan, so oor duisende kilometer heen op my sus se skouer huil, anders moes ek nou die hele droewige sage hier neerskryf. Ek het nie die krag daarvoor nie, ek het die meeste oggende skaars die krag om my tande te borsel, om die smaak van die vorige aand se whisky en sigarette uit my mond te skrop voor ek werk toe ry, ek het ’n regte voëlverskrikker geword.

      My beenhare moet geskeer word en my wenkbroue moet gepluk word en my snor moet gebleik word, moenie lag nie, ek oordryf nie, ek is in ’n toestand! My hare kort ’n knip, dringend, en dis nie al wat ’n knip kort nie as ek nou vulgêr wil wees. Maar ek wil nie, nee, ek wil nie eens dink aan seks nie, dit het ’n donnerse doodloopstraat geword waaruit ek sweerlik nooit weer gaan ontsnap nie. En dan bly ons maar liewers diplomaties stil oor die gewig wat ek aangesit het. Ander vroue teer uit ná liefdesteleurstellings, verloor hulle eetlus en word bleek en fragiel soos kerse in die wind, maar ek kry dit reg om binne twee maande meer gewig op te tel as toe ek my kinders verwag het. Pateties, nè.

      Dis die innerlike wat saak maak, sal jy my probeer troos, nie die uiterlike nie. (Nee, jy sal nie sulke snert kwytraak nie, jy wéét hoe lewensbelangrik die uiterlike vir ons sogenaamde bevryde vroue geword het.) Maar as my uiterlike nie juis die aptyt prikkel nie, dan is my innerlike waaragtig genoeg om as purgeermiddel te dien. ’n Vullisdrom vol verfoeilike jaloesie en wrewel en wanhoop en moenie vergeet van die dronkenskap en brassery nie, al sewe doodsondes, dis wat jy in my binneste sal vind. Ek dink darem nog nie daaraan om iemand dood te maak nie. Wel, ek moet erken ek wens soms iemand wil namens my van my man se lover ontslae raak, sê nou maar soos in Hitchcock se Strangers on a Train. Kan jy gló wat ek skryf?

      Jy’s die enigste mens op aarde teenoor wie ek kan erken hoe opgefok ek eintlik is, my liewe sus. Vir my kinders moet ek voorgee dat ek oukei is, vir my kollegas en vriende, wel, hulle kan sien dat ek nou nie juis ’n voorbeeld van diep innerlike vreugde is nie, maar ek kry dit tog reg om die stank van my wanhoop vir hulle weg te steek. Om die deksel soort van op die vullisdrom te hou. Net nou en dan snags of douvoordag is ek besope of babelaas genoeg om die deksel vinnig op te lig en vir arme Marita ook so ’n virtuele snuif op internet te gee. Ek vermoed sy gaan binnekort ophou om my e-pos oop te maak, siestog, ek sou dit lankal gedoen het as ek sy was.

      Verder vermy ek my vriende, weier alle uitnodigings, antwoord nie die telefoon nie. By die werk sonder ek my af in my proefkombuis waar ek na bulderende operamusiek luister terwyl ek bak en brou. Die musiek dien as afskrikmiddel vir indringers, werk beter as traangas, glo my. Verdi se La Traviata oor en oor, Violetta se hartverskeurende “Addio del passato”, vaarwel aan die verlede, die rose het reeds verwelk … Ek hou ’n hele verskeidenheid van Violettas in my proefkombuis aan, Callas, Tebaldi, Sutherland, en terwyl hulle een vir een singend sterf, kook ek snikkend voort. As iemand sou vra waarom my oë rooi is, kan ek altyd die uie of die brandrissies beskuldig.

      Ek proe nie meer aan die geregte wat ek vir Eva se kosblaaie optower nie. Dit sou nutteloos wees, want alles smaak vir my eenders. Solank dit goed lyk op ’n foto, het ek wat my betref my plig vervul. En ek het lankal geleer dat selfs ’n bak hondekos smaaklik kan lyk op ’n foto; al wat nodig is, is die regte bykomstighede en beligting. Onthou jy hoe ek altyd beklemtoon het dat kos met liefde en geesdrif gemaak moet word? Dan kan selfs die eenvoudigste gereg ’n feesmaal wees? Nou ja, met al die bitterheid wat op die oomblik in my binneste opgaar, kan selfs ’n feesmaal nie anders as ’n fiasko wees nie.

      En soos die wrede noodlot dit wil hê, moet ek juis nóú die grootste feesmaal van die jaar kook. Toe ek vanoggend met die hond gaan stap (wat ek weke laas gedoen het, die arme Tjoklit is besig om so vet en onfiks soos sy ounooi te word), merk ek dat die jakarandaboom onder in die straat pers spatsels begin wys. Vir my elke jaar die teken dat ek my met Krismiskos moet bemoei. As jy by ’n maandblad werk, lewe jy mos altyd drie maande vooruit, vanweë die sperdatums. In November vier ons Valentynsfees en in Februarie gedenk ons Moedersdag. Daarom moet jou ousus binne die volgende week in aller yl ’n paar geskikte resepte vir ’n onvergeetlike Kersmaal vind. Dit word vir my elke jaar ’n erger marteling. Nie die maal nie (wel, ja, dit ook, saam met onaangename familielede en selfs meer onaangename skoonfamilie), maar hierdie vervroegde poging om iets oorspronkliks en verbeeldingryks vir Eva se lesers op te tower (maar nie té oorspronklik of té verbeeldingryk nie, dan word dit volksvreemd) wat nie te veel moeite, tyd of geld kos nie. Met bestanddele wat lesers van Naboomspruit tot Nababeep maklik in die hande kan kry.

      Ek wens ek kon sê kom ons onthou ’n slag dat die Kind waarom die hele fees veronderstel is om te draai, in ’n stal gebore is. Kom ons smeer dik snye tuisgebakte brood met skaapvet, soos die herders wat die stal besoek het, en sluk dit af met ’n gebraaide lamstjoppie as ons uitspattig wil wees. En basta met al hierdie aangeplakte pretensie van opgestopte kalkoene en twintig bykosse en tafels vol pronkende poedings.

      Intussen sit ek alleen op die stoep van my huis wat vanoggend so leeg soos ’n skulp voel. As ek my oor teen ’n venster druk, sal ek sweerlik die see deur die vertrekke hoor suis. Ek sit op die stoep, ja, soos ouma sonder oupa, geen menslike geluide om my nie, selfs ’n poepende oupa sou nou nogal welkom gewees het, en ek staar uit oor my tuin waar selfs die voëls onverklaarbaar ophou sing het. Hulle sê mos diere weet instinktief wanneer aardbewings en ander natuurrampe aan die kom is. Dalk het hulle ook ’n aanvoeling vir menslike rampe soos egskeidings en moeders wat vir die eerste keer ’n kinderlose Sondag moet deurbring. Dalk swyg die tuinvoëls uit simpatie en respek vir my, soos mans in die ou dae hulle hoede afgehaal het wanneer ’n begrafnisstoet verbyry,

Скачать книгу