Griet skryf ’n sprokie. Marita van der Vyver

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Griet skryf ’n sprokie - Marita van der Vyver страница 8

Автор:
Серия:
Издательство:
Griet skryf ’n sprokie - Marita van der Vyver

Скачать книгу

dink wat sy verloor het. Vier van hulle: drie van haar man, en die eerste een wat sy lank voor hom vrywillig afgestaan het. En nou die twee stiefseuns ook nog. ’n Hele half­dosyn kinders, vier uit haar eie lyf en twee uit haar hart, almal ver­lore vir haar.

      Sy kan dit nie eens met haar shrink bespreek nie.

      Sy kies die goedkoopste waspoeier omdat die advertensies vir haar almal eenders klink. Idiotiese vroue wat groter genot uit skoon wasgoed as uit seks kry. Can you see the difference?

      Sy is nie spyt oor die aborsie nie, dink sy dikwels. Sy het nie aan die fetus gedink as ’n mens nie. Sy het dit nie eens ’n naam gegee nie.

      Maar sy wonder, vandat sy die ander verloor het. Sy wonder of sy gestraf word omdat sy daardie een nie wou hê nie. En sy word kwaad vir haarself omdat sy nie haar Calvinistiese kettings kan los­skud nie.

      Here, sy was twintig jaar oud, wat kon sy doen? Die arme mede­pligtige was skaars ’n jaar ouer, die eerste man met wie sy ooit ge­slaap het, verbeel jou! ’n Bruingebrande, blonde seun op ’n surf­board. Dit was ’n ramp wat haar skitterende studentejare, haar bril­jante loopbaan, haar hele blink toekoms sou bederf.

      Sy het hom nooit eens gesê sy is swanger nie. Sy sien hom soms in die stad, ’n suksesvolle sakeman in ’n silwerblou BMW, getroud, met twee kinders, en wonder wat hy sou gedoen het as hy geweet het. Sy wonder hoeveel mans wêreldwyd nooit sal weet dat hulle minnaresse aborsies gehad het nie.

      Dis moeilik genoeg om ’n geboorte met ’n man te deel, om hom te laat verstaan hoe dit voel om op so ’n dierlike manier uitmekaar geskeur te word. Dis amper onmoontlik om ’n aborsie met ’n man te deel.

      Vat Louise, byvoorbeeld. Haar vriend het haar in ’n agter­straat in Woodstock afgelaai, ’n blanko tjek in haar hand gedruk en haar voorspoed toegewens. Drie dae later het hy eers weer by haar woon­stel opgedaag. Griet se suster Petra is nog ’n geval. Háár vriend het saam met haar Lesotho toe gery en saam met haar in ’n hotelkamer gewag dat sy ophou bloei – maar ’n maand later was die verhou­ding verby. Mens kan nie wen nie, het Petra gehuil. Daar is nie so iets soos ’n suksesvolle aborsie nie. Iets bly altyd in die slag.

      Griet stap verby die troeteldierrak en kyk vinnig weg toe ’n prentjie op ’n blik hondekos haar oog vang. Pas op vir die wolf, het Rooikappie se ma haar gewaarsku, pas op vir enigiets wat soos ’n wolf lyk. Griet wou vreeslik graag ’n hond hê, iets om te vertroetel in die plek van ’n kind, maar haar man wou niks hoor nie. Pas op vir mans wat nie van honde hou nie, het haar ma haar gewaarsku.

      Natuurlik glo sy in ’n god, het sy met haar siniese man gestry. Jy kan nie in hekse en engele glo sonder om ook in ’n god te glo nie. Maar haar god is ’n god van liefde, nie ’n towenaar wat jou straf om­dat jy as twintigjarige student ’n onwettige aborsie ondergaan het nie. Haar man het in niks geglo nie, nie in towenaars nie, nie in gode nie, nie eens in homself nie.

      Sy vermoed die eerste een was ’n seun. Sy wéét die volgende twee was dogters. Sy het hulle name gegee, Nanda en Nina, en ure lank met hulle gesels. Hulle gewaarsku teen wolwe en mans wat nie van honde hou nie. Snaaks hoe jy teruggryp na jou ma se onsinnigste raad wanneer jy self ’n dogter kry. Jy sal enigiets doen om haar te beskerm, haar vertel sy moenie met nat hare gaan slaap nie, ’n goeie fee vra om al haar wense waar te maak, jou siel aan die duiwel ver­koop om haar geluk te gee.

      Dit het nie gehelp nie. Sy het hulle net drie maande gedra. Die enigste bewyse dat hulle ooit bestaan het, is die sonarfoto’s van twee fetussies so klein soos Duimpie, die sprokieskind.

      Sy stap verby die yskaste vol vleis. Miskien sal sy nie so bloed­dorstig kwaad vir haar man voel as sy ’n vegetariër word nie. Sy aar­sel voor die koffierak. Miskien sal sy seksueel nie so gefrustreerd voel as sy ophou om haar koerasie met kafeïen die hoogte in te jaag nie. Sy kies ’n pakkie Blue Mountain-filterkoffie en laat sak dit ge­late in haar plastiekmandjie.

      Tog vreemd dat sy sonder kafeïen en nikotien en alkohol kan klaarkom elke keer dat sy swanger raak. Asof haar hele lyf so hard werk om ’n mens te maak dat daar net nie energie oor is vir onge­sonde obsessies nie. Die moederinstink moet een van die sterkste magte op aarde wees, sterker as die leër van enige land, magtiger as toorkuns of tegnologie. Sterker en magtiger – en onbegrypliker – as selfs die mens se selfvernietigingsdrang.

      Die vierde een was die seun wat haar hart gesteel het. Hy kon ook nie anders nie, hy het ’n volle nege maande lank al hoe nader aan haar hart gekruip, totdat sy teen die einde snags gesukkel het om asem te haal. Hy het te woelig geword vir die holte in haar buik, dit was asof hy die ruimte rondom haar longe ook wou inneem, asof hy haar hele ingewande as sy eiendom beskou het. Sy geboorte het haar lyf leeg gelos, ’n huis sonder meubels, ’n kombuis sonder stoof.

      Die geboorte was ’n ellendige ervaring wat dwarsdeur die nag aan­gehou het, erger as haar ergste nagmerries. “Is dit moontlik dat ’n appel soveel moeilikheid kon veroorsaak?” het sy die jong ver­pleegstertjie gevra wat haar hand vasgehou het. “Dink jy Eva het so ’n swaar straf verdien?” Die verpleegster het soos ’n engel ge­glimlag, bo die bed opgestyg en by die kamer uitgesweef.

      Miskien het sy geyl, miskien het haar oupa een van sy engele ge­stuur om haar hand vas te hou. Sy dog sy sou dapper wees – haar oumagrootjie het immers sestien kinders sonder die hulp van ver­dowingsmiddels of moderne medisyne in die lewe gebring. Maar ná ’n paar uur het Griet haar engelverpleegster om verlossing ge­smeek. ’n Epiduraal, ’n gasmasker, ’n keisersnee, het sy gemom­pel, enigiets om uit hierdie hel te ontsnap.

      Die sprokie van Suid-Afrika, het haar benewelde brein onthou, het ook met ’n Eva begin. ’n Eva en ’n Maria, soos in die bekendste sprokies van die Westerse wêreld: die Ou en die Nuwe Testament. Eva was ’n Khoikhoi-meisiekind wat deur Jan van Riebeeck in sy huis aangeneem is. So onskuldig en amper so kaal soos die oor­spronklike Eva. Maria de la Queillerie het ver gereis saam met haar man, soos die ander Maria, om ’n sondige wêreld te help red.

      Dis die Europese weergawe, die wit vrou wat swart sondaars help. Soos enige goeie sprokie het dié een ook verskeie variasies, wit en swart en bruin en geel. Soos Little Red Riding Hood en Rot­käppchen en Le Petit Chaperon Rouge.

      ’n Rukkie nadat die narkotiseur ’n naald in haar ruggraat gedruk het, het haar bene lam en leweloos begin word. En haar brein, goddank, ’n bietjie helderder. Maar sy kon glad nie die arme Eva uit haar gedagtes kry nie. Die Eva van wie sy op skool geleer het, die een wat uit die Paradys verban is as straf vir haar sonde, maar ook die ander een van wie sy op skool niks behalwe ’n naam geleer het nie. Die een wat met ’n wit man getrou het, en na Robbeneiland verban is as straf vir háár sonde.

      Die Khoikhoi-Eva het ’n belydende Christin geword, Westerse klere begin dra, Nederlands en Portugees leer praat en met die be­gaafde Deense chirurgyn Pieter van Meerhoff getrou. Maar ná die troue het die sprokie skeefgeloop. Eva se man het ’n paar jaar later doodgegaan en sy het ’n prostituut en ’n dronklap geword en haar kinders aan liefdadigheid oorgelaat. Sy is verskeie kere op Robbe­neiland aangehou, waar sy in 1674 dood is. So much for happy en­dings, het Griet gedink, en toe sê die engel sy moet begin druk.

      Eindelik het sy haar kind uitgedruk, in ekstase ondanks die bloed en die sweet, asof hy die heiland was wat die mensdom sou red. Hy was háár heiland, die kind op wie sy so lank gewag het, die seun wat sy so graag wou hê.

      Sy het die gladde lyfie gesien, die voetjies met tien perfekte tone, die pienk gesiggie met die oë styf toegeknyp teen die wreedheid van die wêreld. Dis hoe dit moet voel om ’n god te sien, het sy gedink.

      En toe vat hulle hom weg. Sy kon nie huil toe hulle vir haar sê hy is dood nie. Sy het net

Скачать книгу