Griet skryf ’n sprokie. Marita van der Vyver

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Griet skryf ’n sprokie - Marita van der Vyver страница 7

Автор:
Серия:
Издательство:
Griet skryf ’n sprokie - Marita van der Vyver

Скачать книгу

mooiste suster is aan nat hare dood,” het ouma Hannie graag vertel. “Sy het goue krulhare gehad soos joune, net baie lan­ger, tot amper op haar knieë. Sy het dit elke dag gewas, en ure lank in die son geborsel. Soos ’n meermin, het die mense altyd gesê. Een aand het sy natgereën en met klam hare gaan slaap. Die volgende oggend het sy in haar bed gelê, haar hare soos ’n goue mantel om haar lyf gedraai. Morsdood.”

      Ouma Hannie was die jongste van sestien kinders wat almal op vreemde maniere dood is.

      Een broer het sy nek gebreek toe sy perd een donker nag vir ’n spook geskrik het. Dit moet ’n spook gewees het, het die mense gesê, want hy was die beste ruiter in die distrik. Hy sou nie eens dronk van sy perd afgeval het nie.

      Dit was die suster met die nat hare se spook, het die familie ge­fluister. Sy wou wraak neem omdat hy ná haar dood ’n hap uit haar hare geknip het. Hy wou glo vir sy dogter ’n pop met regte hare gee.

      ’n Ander broer het sewe vroue getrou – soms meer as een gelyk, was die skinderstorie in die familie – en op sy sewende huwe­liksnag ’n hartaanval gekry. Die bruid was ’n goeie veertig jaar jon­ger as hy, en ses maande later het sy geboorte geskenk aan ’n kind wat al sy geld geërf het, en volgens die ontstelde familie glad nie na hom gelyk het nie.

      Maar die vreemdste dood van almal het die broer in die toring getref. Hy het die rykste van almal geword – oor hy die suinigste was, het ouma Hannie altyd gesê – maar geld kon nie vir hom geluk koop nie, het sy altyd bygevoeg. Hy was nooit juis ’n vrolike vinkie nie, maar op sy oudag het hy heeltemal moedeloos geword en ’n hemelhoë toring op sy plaas laat bou. Hierin het hy heeldag na die horison gesit en staar, op die uitkyk vir die Rooi Gevaar of die Oordeelsdag, wat ook al eerste sou kom. Op ’n dag het hy die gebrul van leeus en die trompetgeskal van olifante gehoor, en besluit die Oor­deelsdag het aangebreek. Die Kommuniste sou nie olifante saam­bring nie, het hy gereken. Hy het hom ondertoe gehaas en in sy opgewondenheid op die trap in die toring gestruikel en sy nek gebreek. Die olifante en leeus het aan ’n sirkus behoort wat vir die eerste keer deur die distrik getoer het.

      Griet het aan haar familie gedink, die aand toe sy in die oond wou klim, en gewonder of so ’n selfmoord nie vreeslik onoorspronklik sou wees nie.

      “Ek het seker aan George ook gedink. Maar ek was gatvol daar­voor om altyd aan ander mense te dink, wat-sal-hulle-sê, hoe-sal-hulle-voel! Ek wou net een keer in my lewe aan niemand behalwe myself dink nie.”

      “Maar jy kon dit nie doen nie,” sê Rhonda versigtig. “Jy kon dit nie doen nie omdat jy steeds aan ander mense gedink het.”

      “Ek kon dit nie doen nie omdat ek vir ’n kakkerlak geskrik het.”

      “Ek weet dit gaan vir jou vreemd klink,” sê Rhonda en skryf iets in die lêer op haar skoot, “maar die feit dat jy selfmoord oorweeg het, ernstig oorweeg het, en nie deurgevoer het nie … dui op ’n mate van vordering.”

      “Vórdering?”

      “Jy’t tot dusver nog net agter woede weggekruip, Griet. Jy’t ge­weier om enige skuld te aanvaar vir enigiets wat gebeur het. Nou begin jy die werklikheid aanvaar. Dis die moeilikste deel. Dis ver­staanbaar dat jy soms aan selfmoord sal dink.”

      Maar ek dink aanhóúdend aan selfmoord, wil sy stry. Ek dink obsessief aan selfmoord en kanker en kinders wat honger ly en aan wat de hel van hierdie land gaan word as die hemel ons nie help nie! Ek kry angsaanvalle oor die dood en oor die moontlikheid dat ek dalk Aids kan kry – dat ek reeds Aids kan hê! – en dat ek gerape kan word of genecklace kan word deur ’n woedende swart skare, en dan dink ek wat de hel, as ek dit self doen, kan ek ten minste die manier kies. Wat klaar is, is klaar, het ouma Lina altyd gesê.

      Maar sy voel skielik te moeg om met haar sielkundige te stry.

      “Kan jy onthou hoe jy daardie dag gevoel het? Het daar iets ge­beur, al was dit hoe klein, iets wat die laaste strooi kon wees?”

      Sy haat dit as haar shrink soos ’n artikel in Cosmopolitan klink.

      “Ja,” antwoord sy stuurs. “My bril het afgeval.”

      “Ekskuus?”

      “Die dag toe ek my kop in die oond gedruk het.”

      ’n Vlaag verwarring waai oor die blou damme, ’n rimpeling roer die water, en Griet glimlag.

      As soon as you stop waiting for him and focus your attention on your­self, life will improve no end, het sy ’n halfuur gelede in Rhonda se wagkamer gelees. Show me a fairy tale with a beautiful woman in it and I’ll show you a bimbo in limbo waiting to be released by the love of a good man. Sy het die tydskrif geïrriteerd toegeklap en ’n sigaret aangesteek.

      Nou smag sy na ’n sigaret, maar sy het haarself verbied om in Rhonda se spreekkamer te rook. ’n Mens moet soms dissipline hê.

      “Dis asof ek nog altyd deur die spreekwoordelike rooskleurige bril na die wêreld gekyk het – so ’n wonderlike, wasemrige wêreld – en toe val die bril skielik af. En toe sien ek myself vir die eerste keer soos ek is. Nie soos ek graag wil wees nie. Dit was ’n helse skok.”

      Help me, Rhonda, het die Beach Boys gesing, Help me, help me, Rhonda. Dis ’n wysie wat dikwels deur Griet se kop draai wanneer sy na die Mickey Mouse-horlosie kyk. Haar uur is amper om.

      “Dit het uiteindelik tot my deurgedring dat ek dalk nooit ’n kind gaan hê nie, dalk nooit ’n groot roman gaan skryf nie, dalk nooit eens ’n suksesvolle verhouding met ’n man gaan hê nie! Ek het nog nooit so fokken useless gevoel nie.”

      “Jy het amper sewe jaar saam met ’n man deurgebring,” troos Rhonda op haar rooi rusbankie. “Julle was drie jaar getroud. Jy kan nie nou maak of alles een groot mislukking was nie.”

      “Jammer,” mompel Griet, “maar dis hoe ek voel. Dis soos ’n fliek met ’n swak einde. Jy onthou die einde, maak nie saak hoe goed die res was nie.”

      It was not clear why the ice was green. Dit was die laaste sin in die beriggie wat sy vanoggend gelees het, wat haar weer hoop gegee het. Daar is tog nog dinge wat selfs haar man en haar shrink nie kan verklaar nie.

      En hoekom is die kind se oë dan so groot?

      Daar is dae soos vandag, dink griet, wanneer sy voel asof sy in die middel van ’n massiewe kinderpartytjie vasgevang is. Elke vrou in die supermark het ’n kind wat aan haar hand hang of in haar trollie tussen die kruideniersware gepak is. Asof jy ’n kind soos ’n lewensgroot gemmerbroodmannetjie van ’n rak af kan koop.

      En asof die swetterjoel kinders nie genoeg is nie, tart elke rak in die supermark haar oor haar mislukking as vrou. Bababottels en weggooidoeke en Purity-kos in verskillende kleure en geure. Kleuterspeelgoed en troeteldierkos, inkleurboeke en vetkryte, grondboontjiebotter en goue stroop. Alles laat haar aan kinders dink.

      Op sulke dae beny sy die Bybelse Sara. Of Lorca se Yerma. Hulle het ten minste die vernedering van die moderne supermark vrygespring.

      Sy stap doelgerig verby die medisynerak, verby die Soen-dit-beter-met-Band-Aid en die Kom-ons-dokter-dit-met-Dettol, en mik na die vervelige waspoeierrak. Sy voel soos Rooikappie – met ’n rooi T-hemp aan haar lyf en ’n oranje plastiekmandjie onder haar arm – wat die versoekings van die bos moet weerstaan. Haar enig­ste troos is dat sy nie ’n swaar trollie hoef rond te stoot vandat sy nie meer vir haar

Скачать книгу