Griet skryf ’n sprokie. Marita van der Vyver

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Griet skryf ’n sprokie - Marita van der Vyver страница 9

Автор:
Серия:
Издательство:
Griet skryf ’n sprokie - Marita van der Vyver

Скачать книгу

in die koerant gelees, is herenig met haar seun wat kort ná sy geboorte 74 jaar gelede aangeneem is. “Ek wou my seun vind voor ek sterf,” het Assunta Rabuzzi glo aan verslaggewers gesê. Griet het die beriggie dadelik uitgeskeur en in haar Creative Arts Diary vasgespeld.

      Sy probeer die res van haar inkopies doen sonder om te dink. Vark­worsies wat haar aan haar seun se tone herinner, knopiesampioene wat soos sy neus lyk, skulpiepasta wat die volmaakte klein kronkels van ’n kind se ore naboots. Donsperskes wat soos ’n baba se vel onder haar vingers voel, wat haar ’n knop in die keel gee wanneer haar tande deur die vel van die vrug breek, wat haar laat huil van verlan­ge terwyl sy die vleis in gulsige happe afsluk. Neem, eet, dit is my lig­gaam. Eendag, lank gelede, het sy op haar oupa se plaas gekyk hoe ’n sog haar kleintjies opvreet. Daarna het sy agter die varkhok gaan hurk en al haar ouma se kos opgebring.

      In ’n trollie voor die suiwelprodukte sit ’n seuntjie met groot, grys oë. Sy sal hom ignoreer, besluit Griet, en kies ’n blok botter vir haar mandjie. Hy dra blou seilskoene aan sy swaaiende voete. Griet wonder watter soort kaas sy moet koop, en waar die kind se ma kan wees. Mozzarella.

      Waarom kom haar gunstelingkoerantberigte, soos haar gunste­lingkossoorte, gewoonlik uit Italië? Groen ys wat op kloosters val en seniele vroutjies wat verlore seuns vind. Pizza en pasta en Parma-ham. Miskien maak sekere kossoorte die verstand meer vat­baar vir fantasie en vreemde verhale.

      Sy kan haar skaars voorstel wat boerewors en biltong aan haar eie volk se verstand doen.

      In Dante se visioen van die hel is die siele van selfmoordenaars as kreupelhoutbome langs ’n rivier van bloed voorgestel. Dink net hoeveel Suid-Afrikaanse kreupelhout al langs daardie bloedrivier sou groei. Al die mans wat eers hulle gesinne moet uitwis voordat hulle selfmoord pleeg, asof hulle bang is dat niemand behalwe hul­le eie kinders met hulle sal speel as hulle in die hel beland nie. Al die politieke tronkvoëls wat die afgelope dekade by vensters op die tiende verdieping uitgevlieg het, en al die ander wat die owerheid voorgespring en hul dood in hul eie hande geneem het.

      Dink net wie sy almal in so ’n kreupelhoutbos sou ontmoet as sy nie vir ’n kakkerlak geskrik het nie! Griet voel hoe haar voete van die vloer af lig. Hemingway en Hitler, Janis Joplin en Marilyn Monroe, Othello en Ophelia … Griet styg stadig op en kyk hoe die kind se swaaiende voete kleiner en kleiner word. Nat Nakasa en Ingrid Jonker … Dis gevaarlik om sulke seuntjies in supermark­trollies te los, besef sy terwyl sy hoog bo die yskaste vol kase van verskillende lande sweef. Van Gogh van Nederland en Cleopatra van Egipte en die kuise Lucretia van die klassieke Italië … Mal mense kan hulle maklik steel. Sy gly deur die plafon, so maklik soos die gevleuelde perd van die muses deur die wolke sou gly. Sy vlieg, vry soos ’n heks, lig soos ’n engel.

      I’ll huff and I’ll puff and I’ll blow your house down

      Griet wil huil toe sy die huis sien waarin sy soveel jare lank gelewe het. Home is where the heart is, dink sy terwyl sy deur die verwaarloosde tuin stap. En as jy nie meer ’n hart het nie, is jou huis seker waar jou boeke en jou musiek en jou kosbaarste herinneringe gehou word.

      Die boslelies brand oranje vlamme onder die slaapkamerven­ster. ’n Magtige middel teen impotensie, volgens ouvroustories, en be­skerming teen die bose. Hoewel ’n hele bos clivias nie die inwoners van hierdie huis teen impotensie of die bose kon beskerm nie.

      Sy sluit die voordeur oop, versigtig, en voel hoe haar knieë bewe­rig word toe sy instap. Sy ruik haar man, besef sy paniekbevange in die portaal, langs die tafel met die telefoon en die antwoordmasjien. Maar hy kan nie hier wees nie. Sy het seker gemaak dat hy nie hier sou wees nie. Dis net sy reuk wat in die huis agtergebly het, die reuk van sy geroosterde sigarette en sy lyf nadat hy tennis gespeel het en die rooi seep waarmee hy elke oggend stort. Sy ruik hom omdat die herinneringe in hierdie huis al haar sintuie verskerp, omdat sy soos ’n hond teruggesluip het om ou bene op te grawe.

      Ouma Hannie se huis was ’n Huis van die Sintuie, ’n klein bywo­nershuisie op ’n Karooplaas, koel en donker soos ’n put, veral op ’n Sondagmiddag wanneer almal veronderstel was om te slaap. Daar was ’n voordeur wat niemand behalwe die dominee ooit gebruik het nie en ’n agterdeur wat dag en nag oopgestaan het en ’n sifdeur wat gedurig geklap-klap-klap het in die kombuis. Een harde slag, oor­verdowend tot jy daaraan gewoond raak, en twee sagte slae soos eggo’s, elke keer dat iemand inkom of uitgaan.

      Daar was baie ander klanke in die huis, veral op ’n loom Sondag­middag. Die klap van die hond se kakebene wanneer hy na vlieë hap, die gekla van die windpomp in ’n kortstondige windvlaag, die dreuning van ’n vragmotor ver, ver weg op die grootpad. Die gekraak van oupa Groot Petrus se bed wanneer hy sy reusagtige lyf omrol.

      En snags was daar onverklaarbare roggelgeluide op die solder. Ouma Hannie het gesê dis rotte of iets, oupa Groot Petrus het gesê onmoontlik, rotte kan nie roggel nie, dis Iets. Ouma Hannie het net haar kop geskud en liewer niks meer gesê nie.

      Die onvergeetlikste geluid was die gesang wat hulle douvoordag elke oggend in die slaapkamer gesing het, nadat hulle Bybel gelees en gebid het. Oupa Groot Petrus selfversekerd in ’n suiwer basstem, ouma Hannie huiwerig en valserig agterna. Sy het nie van sing gehou nie, sy het dit net gedoen om hom gelukkig te hou.

      Griet kyk deur die hoop onoopgemaakte pos op die telefoontafel, kry ’n paar koeverte met haar naam op, meesal rekeninge wat sy in haar handsak druk en Reader’s Digest Sweepstakes wat sy opfrom­mel. Sy stap kombuis toe om die opgefrommelde papier weg te gooi. Net ’n verskoning om nie nou al die slaapkamer aan te durf nie.

      Sy het holderstebolder hier padgegee, net ’n tandeborsel en ’n paar stukke klere in ’n tas gegooi, in die middel van die nag nadat haar man vir haar gesê het sy is die mees patetiese mens wat hy nog gesien het. Die res van die nag het sy in haar motor langs die see ge­sit en presies so pateties gevoel soos sy volgens haar man was. Die volgende oggend vyfuur het sy na haar kantoor toe gery, waar die nagwag in die ingangsportaal na haar gekreukelde klere en onge­kamde hare gestaar het, en vir Louise in Londen gebel.

      “Ek het jou woonstel nodig, vir ’n paar weke, tot ek ’n plek van my eie kry.”

      “Wat’s verkeerd?” het Louise deur die slaap gemompel, in Londen waar dit nog nagdonker was. “Wat gaan aan?”

      “George het gesê ek moet padgee.”

      Sy het probeer om saaklik te klink, nie vir Louise met haar persoonlike probleme op te saal nie, maar haar stem wou nie saamspeel nie. Die nag in die motor was onwerklik, ’n nagmerrie waaruit sy sou wakker word, maar nou was sy wakker. Sy het nie ’n fairy godmother nie, het sy vir haarself in die grys oggendlig voor haar woordverwerker gesê. Sy kon aan niemand dink wat ’n pampoen in ’n woonstel sou verander nie.

      “Shit.” Louise se gewone antwoord op enige buitengewone mededeling. Ná ’n eindelose oomblik van stilte waarin Griet die ge­vreesde “ek het jou gesê” verwag het, het Louise dramaties gesug: “Marriage stinks, dis al wat ek kan sê.”

      “Kan ek jou woonstel gebruik, Louise?”

      Haar stem het gevaarlik begin bewe.

      “Natuurlik,” het Louise geantwoord, nou blykbaar helder wak­ker. “Bly so lank soos jy wil. Maar moenie verbaas wees as ek oor ’n paar maande by jou kom intrek nie. My man maak my mal.”

      Louise het met ’n Britse man getrou omdat sy van haar Suid­Afrikaanse paspoort ontslae wou raak, soos sy dit self gestel het sonder om te blik of te bloos, maar sy was terselfdertyd pessimisties genoeg om nie haar woonstel in Kaapstad prys te gee nie. You never know, het sy gesê, dis beter om ’n agterdeur oop te hou. Sy het haar les geleer

Скачать книгу