Griet skryf ’n sprokie. Marita van der Vyver

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Griet skryf ’n sprokie - Marita van der Vyver страница 6

Автор:
Серия:
Издательство:
Griet skryf ’n sprokie - Marita van der Vyver

Скачать книгу

die natuurrampe en die mensgemaakte rampe was dat die mense graag kerke en moskees en ander goddelike geboue soos konings sonder onderdane op die verlate skaakbord agtergelaat het.

      Die ergste rampe in die veelkleurige land is altyd deur mense ver­oorsaak. Daar was vuurspuwende berge, nie omdat ’n god dit so beskik het nie, maar omdat onverskillige mense die berge aan die brand gesteek het. Daar was ’n gevaarlike gat in die lug bo die land waardeur die son se dodelikste strale mens en dier gebrand het. Die gat is ook nie deur ’n god gemaak nie, maar deur mense wat meer bekommerd was oor gate in hulle klere as oor gate in die hemel. Wat die mense nie besef het nie, was dat die engele hulle graag deur die gat dopgehou het, soos kinders wat op hulle mae lê en deur ’n kraak in ’n soldervloer loer. En die engele het so geskrik vir wat hulle ge­sien het, dat hulle vlerke op hulle rûe gerys het.

      Dit was ’n land waar swartrenosters en swart kinders by die duisende doodgegaan het. Toe skrik die mense op ’n dag en maak miljoene rande bymekaar om die renosters te red. Dis voorwaar ’n vreemde land, het die engele kopskuddend vir mekaar gesê.

      “Ek is besig om ’n sprokie te skryf,” sê Griet vir haar sielkundi­ge. “Ek wou eintlik oor my verhouding skryf. Maar ek is beter met sprokies.”

      Rhonda glimlag bemoedigend, ’n juffrou wat kyk hoe ’n kleuter haar eerste letters met lomp vingers vorm. Sy moet ’n moeilike dag gehad het, bespiegel Griet, want daar is ’n duidelike kreukel in haar lang katoenromp. Maar haar hemp is skitterwit soos altyd. Nie eens ’n vuil kringetjie in die boordjie nie. Griet vee selfbewus oor haar eie hemp wat ook vanoggend skoon was.

      “Wil jy my meer vertel?”

      “Nee,” sê Griet vinnig en voeg verskonend by: “Daar’s nie juis veel om te vertel nie. Ek het nog skaars begin. Ek weet nog nie hoe dit gaan eindig nie.”

      Nuns startled by green ice from heavens, het sy vanoggend in die koerant gelees, een van daardie absurde beriggies wat sy altyd beter onthou as die ernstige hoofberigte. Sy het seker ’n behoefte aan on­verklaarbare verskynsels, ná sewe jaar saam met ’n man wat alles kon verduidelik, logies, rasioneel, onemosioneel. En enige vraag wat hy nie kon beantwoord nie, soos wat die sin van die lewe is, kon hy met sinisme omseil.

      ’n Groot stuk groen ys, het sy met groeiende belangstelling ge­lees, het uit die lug deur die venster van ’n Roomse klooster geval. Die nonne het hulle yskoud geskrik en die bewysstuk in ’n vrieskas gebêre.

      Bewysstuk vir wát? wou Griet weet. ’n Hofsaak teen die hemelse wesens wat die ys aarde toe gegooi het? En wie sou in die beskuldig­debank staan? Die engele sou tog nie hulle teleurstelling in die mensdom op ’n klomp nonne uithaal nie. Nee, het Griet bespiegel, die arme hekse sou seker weer die skuld kry. En jy kan hulle nie kwalik neem as hulle soms ’n paar kloostervensters wil breek nie. Almal weet wat die Rooms-Katolieke Kerk eeue lank met hekse ge­maak het.

      “Het jy weer vir George gesien?”

      “Nee.” Griet kyk vlugtig na die Mickey Mouse-horlosie. Nog amper ’n volle uur oor. Sy kan seker maar eerlik wees. “Ek het probeer om hom te sien. Ek het ’n paar keer by ons huis verbygery … ek bedoel by sy huis … of by vriende se huise waar hy dalk kon kuier. Maar ek het nooit die moed gehad om in te gaan nie. Ek is bang vir wat ek aan hom kan doen.”

      “Is jy nog baie kwaad vir hom?”

      “Ek wil hom nie meer doodslaan soos ’n maand gelede nie, as dit is wat jy bedoel. Ek sal nooit weer so dom wees om hom te probeer slaan nie! Ek het amper my hand gebreek! Ek weet nie eens hoe om ’n vuis te maak nie! Dis mos nie iets wat ordentlike meisies op skool leer nie. Al wat ons ooit geleer het, is hoe om ’n ou tussen die bene te skop, maar die LO-juffrou het gesê dis baie erg, jy mag dit net doen as jy verkrag word.”

      Rhonda knik haar kop simpatiek, maar sê nie ’n woord nie.

      “Sy’t nie gesê wat jy moet doen as jou kind dood is en jou man jou uit die huis wegjaag nie,” sê Griet.

      “Jy het verskriklik seer gekry.” Rhonda leun effens vooroor op haar rooi rusbankie, haar oë rustig soos altyd. Griet voel asof sy in daardie roerlose damme kan wegsink, af, af, af, met klippe in haar sakke, soos Virginia Woolf dit gedoen het. “En jy steek dit weg agter hierdie verskriklike woede.”

      Sy wil hom nie meer doodslaan nie, sê sy vir haar sielkundige. Sy wil hom stadig doodmartel, maar dit sê sy vir niemand nie. Sy wil hom in sy eie huis toesluit, sonder telefoon of koerante of boeke of enige verbinding met die buitewêreld. Sy wil sy slaappille en sy de­pressiepille in die toilet wegspoel. Sy wil ’n afstandbeheerde vi­deokamera in elke kamer inbou, en kyk hoe hy geleidelik waansin­nig word.

      Soms skrik sy vir haar eie waansin.

      “Hy sê hy kan nie verstaan hoekom ek so kwaad is nie. Dis die ergste van alles, dat hy kan aangaan met sy lewe asof niks gebeur het nie, asof ek ’n blad is wat sommerso uitgeskeur kan word. Nie ’n blad met woorde op nie, nie iets wat jy sal mis as dit uit ’n boek verdwyn nie, nie eens ’n bleddie advertensieblad nie! ’n Spierwit, dolleë blad.”

      “Is dit nie dalk moontlik dat jy hom nou op ’n ander manier wil straf nie?” vra Rhonda versigtig. “Noudat jy hom nie meer wil slaan nie?”

      “Wat bedoel jy?” vra Griet net so versigtig.

      “Het jy nie aan hom gedink toe jy die aand jou kop in die oond gedruk het nie?”

      “Ek het geweet jy gaan dit vra,” sê Griet stadig.

      Oupa Groot Petrus, wat met die Hand van die Dood gestraf is, het gereeld met die engele gesels. Dit was lank voordat daar ’n gat in die hemel was, maar hy het sy eie manier gehad om met hemelse wesens in aanraking te kom. Hy het eenvoudig ’n ver ent in die veld gaan stap, na die wolklose lug van sy geliefde Karoo opgekyk, en dan het hy die geruis van engelevlerke gehoor.

      Hy het met hulle saamgestem dat hy in ’n rare land woon. Veral nadat hy in die depressiejare sy plaas verloor het en ’n bywoner op sy neef se plaas moes word. Die mense het gesê hy het nooit oor die vernedering gekom nie, dat dit sy verstand aangetas het, dat hy stemme begin hoor het. Maar Grietjie het geweet dat hy van kleins af met die engele gesels het soos ander kinders met feetjies en ka­bouters speel. Hy het dit self vir haar vertel, toe sy nog baie jonk en hy al baie oud was, eendag terwyl sy saam met hom na die geruis van vlerke geluister het.

      “Hy was ’n goeie man,” het ouma Hannie ná sy dood gesê, “maar hy was te trots om ’n bywoner te wees. Dis hoekom hy met Die Hand gestraf is.”

      Ouma Hannie het altyd met groot ontsag van Die Hand gepraat.

      “Hy was ’n sagmoedige man,” het ouma Hannie altyd gesê. “Hy het net een keer in sy lewe kwaad geword. Toe klap hy ’n man morsdood. Hy het nie sy eie krag geken nie. Toe sê die magistraat hy is met die Hand van die Dood gestraf en hy mag nooit weer enig­iemand slaan nie, nie eens sy eie kinders nie.”

      Oupa Groot Petrus was ’n reus van ’n man – so groot dat ouma Hannie al sy klere self moes maak – met voete soos berge en hande soos heuwels. Grietjie kon haar oë nie van sy hande afhou nie, veral nie van daardie dodelike regterhand wat ’n man met een hou tot in sy graf geslaan het nie. Die Hand was grondbruin en kliphard ge­bak deur ’n genadelose son, vol barste soos ’n leë dam in ’n droogte.

      Ouma Hannie was ’n lang, seningrige vrou met lang, seningrige hande, maar wanneer sy vir oggendgodsdiens langs oupa Groot Petrus kniel, het hy albei haar hande in sy een hand toegevou. Ouma Han­nie

Скачать книгу