Uit die Beek 2019. Barend Vos

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Uit die Beek 2019 - Barend Vos страница 6

Автор:
Серия:
Издательство:
Uit die Beek 2019 - Barend Vos

Скачать книгу

kla die Here sy uitverkore kinders aan. Tot vandag toe is dit een van die lewe se onverklaarbaarhede: Godskinders se gebrek aan selfinsig. Wié? Ék? Só vra hulle. Wat het ék dan gedoen?

      Terwyl die waarheid oop en bloot lê, vir almal om te sien. Vir almal, ja, behalwe vir hulleself. En dalk is dít die onverklaar­baarste van alles: die doodluiterse voortsetting van die ellendige gedrag. Te midde van allerlei suikersoet uitsprake en hoogheilige ontken­nings, gaan hierdie bevoorregtes voort om te doen wat hulle wil. Op die grofste moontlike manier.

      Ja, hierdie Jeremiaverse gebruik sterk taal, en boonop uit die Here se mond. Dit laat Bybellesers dalk bloos en krap sommiges selfs om. Maar dalk is dit nodiger as ooit. In ons selfbedrog sus ons ons­self alte dikwels met kuise taal en sagte woordjies en poeierkwas-beeldspraak. Roep ons “halleluja” en “amen” en “prys die Heer” – en hoer onverpoos voort met ons geliefde afgode.

      ____________________

      En U verdra ons … Hoe lank nog, Here?

      Vrydag 18 JANUARIE 2019 Lees Jeremia 3:19-25

      Kom terug!

      Kom terug, kinders wat afgedwaal het, Ek wil ’n einde maak aan julle afdwaling (v. 22).

      Spyt kom te laat.

      Daar is mense wat dit vas glo en dan die kop meewarig skud en sê: Krý vir jou! Julle wou mos nie hoor nie – en daar het julle dit nou! Dit is gans te laat vir trane; vat nou maar die pak.

      Daar is ook dié wat dit asseblief nie wil glo nie, wat bly vasklou aan elke greintjie hoop dat dit tog nie so is nie. Dat daar nóg ’n kans is. Hulle roep uit: Sê my net wat ek moet doen!

      Die profeet het weinig twyfel: Daar is net een moontlikheid en dit is om terug te kom. Om die krokodiltrane, die selfbejammering, opsy te skuif. Om daadwerklik om te draai.

      Vir Ou Israel, hoereerders met die afgode-op-die-heuwels, kom die boodskap klinkklaar. Smekend: “Kom terug, kinders …” (v. 22).

      Hul antwoord klink so reg: “Ons wil in die aarde insink oor die skande, ons wil wegkruip van skaamte …” (v. 25). Sal Hy hulle hoor? Sal Hy hulle hierdie keer glo? Daar was immers soveel vorige kere?

      Omdraai vra ’n besluit – én die waar maak van daardie besluit. Dít vereis ’n nuwe fokus. ’n Volgehoue wegkyk van die heuwels vol vlak verleiding. ’n Ongemaklike, moeilike krink van die nek en ’n opkyk na die berge, daar waar hul Hulp vandaan kom.

      Nee, spyt kom nooit te laat nie. Nie by Hom wat ver kyk en dwarsdeur trane sien nie. Nie by Hom wat harte ken en weet wat werklike berou is nie.

      ____________________

      U weet hoe lyk ek, Here. U sien my tot stilstand kom, U sien my omdraai. Hier kom ek, Here! Sal U my weer by U ontvang?

      Saterdag 19 JANUARIE 2019 Lees Psalm 36:5-10

      Gaan slaap maar!

      Selfs as hy gaan lê, dink hy kwaad uit … (v. 5).

      Pleks dat hy slaap. Pleks dat hy rus van die kwaad wat hy bedags doen. Maar nee, sê die psalmdigter, die goddelose mens gebruik selfs sy bed as ’n plek om te beplan wát hy volgende aan wié gaan doen. Sy kwaadwilligheid sluimer of slaap nie.

      Dis daarom geen wonder nie dat so ’n ellendeling se teenstanders nie eintlik ’n kans teen hom het nie – hy is dan heeltyds met sy boosheid besig. En as die potensiële teikens hulle enigsins teen hom wil verset, sal hulle sonder ophou moet keer, heeltyd op die verdediging moet wees.

      Hoe uitmergelend is dit nie. Om krag te meet met ander se wraak­sug. Om knaend te moet koes. Daar bly geen energie oor om goeie dade te doen nie. Lewensgenot word ’n onmoontlikheid.

      En kort voor lank word jy selfs méér as ’n teiken; jy begin in dieselfde patroon verval: Bedags sluip jy behoedsaam deur die lewe, saans val jy uitgeput op jou bed neer … en bly wakker. En beraam planne: Wat kan ék doen om my teen Boosheid verweer? Waar skuil ek teen hierdie donker?

      Die psalmdigter sê daar is maar een moontlikheid: “U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons” (v. 10). Die goddeloses kan dus maar gaan slaap; God se trou bou ’n muur om sy kinders. Hy self stel perke aan boosheid.

      As daardie uitvaagsels dus goeie raad wil hê – hier kom dit: As jy op jou bed gaan lê, sluit gerus jou oë. Probeer jou onstuimige, ongelukkige gemoed tot bedaring bring. Dalk, dálk hoor jy dan ’n Stem wat selfs vir jou ’n trooswoord het.

      ____________________

      Hoe kosbaar is u trou, Here! U beskerm dié wat by U skuil.

      Sondag 20 JANUARIE 2019 Lees Jesaja 62:1-5

      ’n Nuwe naam

      Jy sal genoem word: “Die een vir wie die Here liefhet,” en jou land: “Die een wat aan die Here behoort” (v. 4).

      Die jonges noem dit: om jou naam met ’n plank te slaan. Die ou mense het gesê: Gooi tog net nie jou naam weg nie. Ons weet van­dag: As jy jou naam “weggooi” (of dan “met ’n plank wegslaan”), kry jy hom nie sommer weer terug nie. Dit is nou allemansbesit. Almal ken die storie, giggel daaroor, bespreek dit agter hul hand. Die rekenaarvaardiges google daardie naam – en lag jou uit.

      Wie moet die skuld daarvoor kry? Net jy self. Nie “omstandig­hede buite my beheer” nie; nie “die noodlot” of “die duiwel” nie. Dit is net maar jy, en jy alleen, wat dit veroorsaak het.

      Dit is ook nie moeilik nie, juis nie vir kerkmense nie; selfs die vroomstes kry dit reg. Met jou woorde – dikwels; met jou dade – gereeld. En die hele wêreld lag jou uit. Te laat vir trane. Die slag is gelewer. Jou naam is Krater.

      Die ou volk se ballingskap (en die skandalige redes daaragter) sou ’n swart kol in hul geheue bly. Iets waaraan hulle nie graag her­inner sou wou word nie. Behalwe as jy trooswoorde daarby voeg. Soos Jesaja s’n hier: “Jy sal ’n nuwe naam kry, ’n naam wat die Here self vir jou gekies het” (v. 2).

      Dit blyk uit hierdie treurige geskiedenis dat die Here wel raad het met sy kinders se weggegooide naam. Hy stof dit nie af of vryf dit weer blink nie – dit is heeltemal te vuil. Nee, Hy gee hulle, daar­die ellendige plankslaners, ’n heel nuwe naam. Hy skaam Hom nie vir hulle nie – inteendeel. Hoor dan, sê Jesaja, Hy noem hulle nou “geliefdes”.

      ____________________

      Hoor ons lied vir U, Here: “Hy maak sondaars God se kinders. Halleluja! Amen.”

      Maandag 21 JANUARIE 2019 Lees Psalm 145

      Loflied!

      Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde (v. 8).

      Wat ’n loflied! En wat ’n geskenk is dit nie in ’n tyd soos dié nie.

      Ja, soms wil jy bloot dankie sê. Kom jy opnuut onder die indruk van jou ontelbare seëninge. Sien en hoor jy van ander se ellende, en dan gaan jou hart na hulle uit.

      En dit blom óóp in jou diepste

Скачать книгу