Ena Murray Keur 6. Ena Murray

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ena Murray Keur 6 - Ena Murray страница 19

Ena Murray Keur 6 - Ena Murray

Скачать книгу

het nie eintlik soveel geld op daardie tydstip los gehad nie, bedoel ek,” verduidelik hy onsamehangend. “Ek weet ek het jou onder die indruk gebring dit was ék wat jou die geld geleen het, maar … maar dit was omdat Neil dit so wou hê. Dit was egter hý wat die geld voorgeskiet het. Hy wou nie dat jy agterkom dit was hy wat jou help nie, want hy was oortuig dat jy geen hulp, geldelik of andersins, daardie tyd van hom sou aanvaar nie.”

      “Maar hoekom het hy dit gedoen?” wil Deidre in ’n hewige hees stemmetjie weet. “Hy was so bitter gekant teen my nuwe loopbaan en tog het hy dit deur sy finansiële hulp vir my moontlik gemaak!”

      Oom Alwyn knik.

      “Ja, my kind. Dis reg. Hy het dit gedoen. Maar dis Neil, nie waar nie?”

      ’n Oomblik is dit stil in die kantoor terwyl elkeen met hul eie gedagtes besig is.

      Oom Alwyn onthou nog hoe hy met Neil geredeneer het, veral nadat Deidre se bestuurder ’n paar maande later ’n herhaling van die eerste bedrag gevra het.

      “Neil, jy kan nie weer so ’n groot bedrag sommer net weggee nie! Jy het geen bewys daarvan nie en nog minder enige sekerheid dat jy dit ooit sal terugkry!” het oom Alwyn gepleit. “Liewe hemel, wat maak hulle met al die geld? ’n Mens moet behoorlik mors met geld om soveel duisende rande in drie maande uit te gee!” het die spaarsamige prokureur uitgeroep.

      Neil het sonder ’n woord sy skouers opgetrek, sy tjekboek uitgehaal en nog ’n tjek uitgeskryf.

      “Neil, asseblief, besin jou! Hierdie Norman Zietsman sal jou rot en kaal uittrek!”

      “Ek gee dit nie vir Norman Zietsman nie. Ek gee dit ook nie vir Deidre nie. Dis ter wille van haar ouers en wat hulle vir my as kind beteken het, die mooi vriendskap wat daar was en … Verduiwels, oom Alwyn, wil jy Deidre dakloos en honger in Johannesburg se strate sien rondloop! Wat kan ek anders doen?”

      Oom Alwyn het met groot begrip gekyk na die gesig waarin diep, streng lyne die afgelope maande verskyn het.

      “My seun, jy jaag vir jouself verniet spoke op. Haar eerste CD’s was ’n groot sukses. Jy … jy gee nog baie vir haar om, nè, Neil?”

      Die aantreklike gesig het styf en ontegemoetkomend geraak, die stem kortaf.

      “Dit maak nie saak wat ek voel of nie voel nie. Dit behoort in elk geval aan die verlede.” Dit was selfs smalend bedoel. “Moenie ’n romantiese beweegrede agter my vrygewigheid soek nie, oom. Ek gee dit omdat ek in ’n mate verplig voel om dit te doen, omdat sy voor my grootgeword het en omdat ek haar ma beloof het ek sal na haar omsien. Maar aangesien sy my pligsgevoel teenoor haar lastig en vervelig en … baie onwelkom vind, is ek noodgedwonge verplig om haar haar gang te laat gaan. Maar ek kan nog op hierdie manier help … al is sy nie bewus daarvan nie. Sorg asseblief dat sy die geld môre kry.”

      Oom Alwyn het besef dat dit hom nie sou baat om verder oor hierdie saak te redeneer nie. Neil Maritz was vol verbittering teenoor Deidre. Hy het nie een keer in die maande wat verby is, gevra of hulle iets van haar gehoor het of ooit eerste haar naam genoem nie. Elke keer dat oom Alwyn of tant Bettie dit gewaag het om Deidre se naam te noem, het hy styf en afsydig geraak en geen belangstelling getoon nie. Later het die ou mense liewer Deidre se naam uit hul gesprekke gehou wanneer Neil in die geselskap was. Tog het hy twee keer groot bedrae geld sonder sekuriteit aan Deidre gegee, en vandag klink sy redes hoekom hy dit gedoen het vir oom Alwyn nog flouer as toe.

      Deidre is te verslae ná hierdie nuwe onthulling om rasioneel daaroor te dink. Hoekom Neil so iets gedoen het en nooit sy geld teruggeëis het nie, is vir haar ’n raaisel. Was hy nog die ou vriend wat sy geken het, sou dit nie vir haar snaaks gewees het nie, want sy ken Neil en weet hoe goedhartig hy werklik is. Maar hulle is as kwaaivriende, amper vyande, uiteen. Hy was bitter gekant teen haar nuwe loopbaan en haar nuwe bestuurder. Hy het haar skaars gegroet! En tog was hy die man wat haar daardie klomp geld voorgeskiet het toe sy sonder ’n sent gesit het … ’n groot bedrag geld wat nou nog nie terugbetaal is nie!

      Sy kyk vinnig op.

      “Oom Alwyn, daardie geld moet onmiddellik, plus rente, aan Neil terugbetaal word,” laat sy beslis hoor. “Hoe gou kom my erfgeld los?”

      “Deidre, ek dink nie Neil verwag terugbetaling nie. Hy het altans nog nooit die afgelope twee jaar daarna verwys nie en elke keer dat ek met hom daaroor wou praat, het hy my stilgemaak.”

      “Oom, maar … bedoel oom dat hy dit sommer net vir my gegéé het?”

      “Ja. Dit is soos ek hom verstaan het.”

      Deidre staan op.

      “Elke sent moet so gou moontlik terugbetaal word, plus rente,” herhaal sy vasberade.

      “Dit sal omtrent al jou erfgeld insluk, my kind.”

      “Wat maak dit saak? Ek wil nie ’n dag langer in die skuld wees by ’n man wat my verag en haat nie. O, as ek net van die begin af geweet het!”

      “Deidre, ek twyfel of hy die geld sal terugneem,” begin oom Alwyn aarselend, maar swyg toe die blou oë vuurvonke op hom skiet.

      “Ek sal hom nie vra nie. Hy sal dit net eenvoudig terugvat. Ek sal hom dit láát terugvat!”

      “Wag nou, my kind. Niemand kan Neil iets laat doen as hy nie wil nie. Dit weet jy so goed soos ek. Laat ek hom eers kontak en die saak taktvol aanvoor –”

      “O, nee! Nee, oom Alwyn, dit spyt my, maar hierdie keer maak ek my sake … en my skulde … self reg,” val Deidre hom ongeduldig in die rede. “Wat is Neil se adres? Ek sal persoonlik na hom gaan en sy geld gaan teruggee en hom … bedank.”

      Sy moet hard sluk aan die knop van hartseer en vernedering in haar keel. Op hierdie oomblik kom haar harde woorde van die verlede baie helder in haar op. Sy het hom reguit gesê dat hy sy neus in die toekoms uit haar sake moes hou. Sy het hom ewe manhaftig vertel dat sy op eie bene gaan staan, dat sy sonder sy hulp en vriendskap sal kan klaarkom. En vandag moet sy hoor dat sy juis die teenoorgestelde gedoen het. Sy het op die man wat sy uit haar lewe gestamp het, se geld geteer, geld wat vandag nog nie terugbetaal is nie, wat sy nog aan hom skuld. Hoe lekker moes hy nie in sy mou gelag het nie – vir haar onafhanklikheid, haar uitdagende houding, haar wonderlike bestuurder! Sy kan in haar verbeelding sien hoe sy mond smalend getrek het toe haar versoek om ’n tweede lening by oom Alwyn opdaag. Met watter heerlike leedvermaak en gevoel van oorwinning moes hy nie ook die tweede tjek uitgeskryf het nie! Deidre kan nie sonder hom klaarkom nie! Ten spyte van haar wonderlike nuwe loopbaan moet hy haar darem nog aan die lewe hou! Arme klein gek!

      “Ek sal jou nie Neil se adres gee nie,” val oom Alwyn se stem haar verbitterde gedagtegang in die rede.

      “Hoekom nie?”

      “Omdat hy my verbied het. Dit geld nie net vir jou nie, Deidre,” vervolg hy vinnig. “Dit geld vir almal. Ek mag nie sy adres aan enigiemand verstrek nie. Alle korrespondensie van hom gaan deur my kantoor.”

      “Maar hoekom?” wil Deidre koppig weet en oom Alwyn sug. Daar het geen ander genade oorgebly nie. Hy sal haar moet vertel.

      “Dis mos al amper anderhalf jaar dat Neil hom teruggetrek het en ’n soort kluisenaarsbestaan voer. Hy woon op ’n afgesonderde plasie, eintlik ’n kleinhoewe, êrens langs die kus. Hy ontvang geen mens nie. Selfs vir my laat hy net toe om daar te kom as dit in verband met sake is. Hy wil met niemand iets te doen hê nie. Hy

Скачать книгу