Bosveldliefde vir Jemma. Amelia Strydom

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Bosveldliefde vir Jemma - Amelia Strydom страница 7

Bosveldliefde vir Jemma - Amelia Strydom

Скачать книгу

voor Jemma en Reuben neer. Dan skuif hy die koffietafel nader aan Kaydee sodat sy haar beker maklik kan bykom. Hy gaan sit styf teen haar met sy hand op haar bobeen.

      Iets roer agter Jemma se ribbes. ’n Ongekende hunkering. Tot dusver het sy haar vryheid geniet, maar iets omtrent die opvallende intimiteit tussen hierdie twee maak ’n vreemde honger in haar wakker. Sal sy ooit iemand vind wat haar só sal liefhê? Saam met wie sy ’n tuiste, ’n gesin, kan bou? Dalk iemand . . . soos die man hier langs haar?

      Haar asem stok in haar keel vas van skrik. Beslis nie só iemand nie! Vaderland, Reuben Stiller is alles wat sy nié in ’n man soek nie. Hy’s arrogant. Selfvoldaan. Ergste van als, ’n dokter. En hy’s heeltemal té mooi. Mens kan sulke mooi mans g’n vertrou nie. Sy gryp haar beker en neem oorhaastig ’n sluk. Eina, demmit! Kokend. Instinktief spoeg sy die brandende mond vol terug in die beker. Ag hemel, wat gaan sy nog als vanaand doen om haar naam krater te maak?

      “Versigtig,” waarsku Reuben te laat. “Dis warm.”

      “Dankie,” antwoord sy so kalm moontlik. “Ek kom so agter.”

      Hy kom orent en haal die suikerpot van die skinkbord af. Hy skep ’n teelepel vol bruinsuiker en hou dit na haar uit. “Dè. Suig hieraan.”

      Jemma gluur hom aan. “Dis suikerwater wat help vir skrik, nie suikerkorrels nie. Boonop ly ek nie aan skok nie, net aan stupidgeit.”

      Hy glimlag geduldig, sy gesig so naby hare dat Jemma die kraaispoortjies rondom sy oë kan tel. “Suikerkorrels help vir ’n verbrande mond,” sê hy. “Toe, probeer dit. Rol dit ’n bietjie rond op jou tong voor jy dit insluk.”

      Jemma maak gehoorsaam haar mond oop. Reuben se oë rek effens en sy besef sy moes die lepel aangevat het. Nou’s dit te laat. Haar ore suis. Sy maak haar oë toe sodat sy nie in syne hoef te kyk nie. Die metaal is koud op haar tong, die suikerkorrels grof soos sand. Sy rol dit in haar mond rond en voel hoe die soetigheid deur haar are trek.

      “Beter?” vra Reuben baie sag.

      Sy maak haar oë oop en sien dat sy gesig steeds digby hare is. Naby genoeg om hom te soen, dink sy koorsig. Naby genoeg om aan die stoppels op sy ken te raak. Hoe sou dit onder haar vingers voel?

      “So jammer,” ruk Adam haar wegholgedagtes in die bek. “Ek moes jou gewaarsku het.”

      “Moes jy?” stamel Jemma. Dan besef sy hy verwys na haar drankie, nie na Reuben nie. “Dis doodreg,” keer sy vinnig. “Dis ek wat my kop moes gebruik het.” Sy weet nie of sy jammer of bly is dat die oomblik – want dit was beslis ’n oomblik – tussen haar en Reuben verbreek is nie. Sy leun terug teen die bank om ’n bietjie afstand tussen hulle te sit. “Dankie vir die suiker. Dit voel sowaar beter.”

      Kaydee hervat gretig die gesprek. “Ek wou nog vra, Jemma. Mag ek en Adam self ná die geboorte loer wat die geslag is? Is dit orraait as jy nie vir ons sê nie?”

      Jemma voel asof tyd botstil gaan staan. Die bruin oë wat sy al uit soveel plakkate sien staar het, brand in hare. Langs haar hou Reuben sy asem op. Adam leun vooroor. Tot die geknetter van die kaggelvuur verstil asof die hele vertrek wag op haar antwoord. Beelde van helder winterdae langs die strand, van ’n sorgelose maand by die see flits deur Jemma se kop. Sy hoor haar ma se snedige telefoongesprekke met haar susters as hulle van haar nuwe kliënte uitvind.

      Maar dan word die beelde een vir een verdring deur die afwagtende gesigte rondom haar: Kaydee se blink oë, Adam se stil vertroue, maar veral Reuben se warm blik. Sy wil dit nie eens teenoor haarself erken nie, maar daar is iets wat al heelaand tussen hulle twee prut. Iets blinks en opwindend, ten spyte van die Neandertaltaktiek waarmee hy haar hierheen gebring het. Hoe sou dit wees om vir ’n hele maand op ’n Bosveldplaas in noue kontak met hierdie man te werk? Die blote gedagte laat woer-woere agter haar naeltjie draai.

      Haar vaste voornemens vermurwe. Sy gee ’n sug van oorgawe.

      “Ja, Kaydee. Dis orraait. Vertel my wat’s nog als in jul geboorteplan.”

      “Ek het geweet jou hartjie gaan smelt soos ’n marshmallow oor ’n braaivleisvuur.” Reuben spin behoorlik van selftevredenheid. “Dis nie net Adam wat nie vir Kaydee kan nee sê nie. Sy’t ’n paar truuks aangeleer as die enigste ooilammetjie ná vier broers, dis gewis.”

      “Hmm,” mymer Jemma. “Ek hou van haar. Ek’t nie verwag om iets in gemeen te hê met hulle nie, maar ek hou regtigwaar van haar. Van Adam ook, so op sy stil manier.”

      “Ek het jou mos gesê hulle’s net mense. Onseker, onervare, nes elke swanger paartjie wat na jou spreekkamer kom.” Sy elegante hande stuur die Jeep deur die slapende strate. “En dis hoe hulle behandel wil word. Soos gewone mense. Kaydee sê sy wil voel hoe dit is om net ’n mamma te wees. Ek het gesoek na ’n vroedvrou wat hulle só sou hanteer, wat nie heeltemal starstruck sou wees nie. Kaydee wil so graag omring word deur mense wat soos vriende voel, nie soos kliniese personeel nie. Toe ek jou die eerste keer sien, toe jy my so uitgevreet het by jou kliniek, het ek geweet jy is die perfekte vroedvrou vir hulle. Jy sal jou nie deur roem laat intimideer nie. Daarvoor is jy heeltemal te vurig.”

      “Eintlik het ek vanaand gebewe in my broek,” erken Jemma sag.

      Sy oë verlaat die pad ’n oomblik en kom rus op haar. “Jy’t dit nie gewys nie. Jy was ’n toonbeeld van professionaliteit. En van warmte. Dankie dat jy ingestem het om die bevalling te doen, Jemma.”

      Sy glimlag suur. “Wel, as hierdie die plek is waar ek jou moet bedank dat jy my ontvoer het, moet jy maar lekker wag!”

      “Weer die Stockhölmsindroom-ding?” vra hy ewe vroom.

      “Dit ook, ja. Maar veral die rooikopvroumens-ding.”

      “Die rooikopvroumens-ding?” vra hy versigtig, klaarblyklik bewus van die plofbare terrein waarop hy hom bevind.

      “Hmm. Ons is soos skeidsregters, jy weet? Nie altyd reg nie, maar beslis nooit verkeerd nie.”

      Toe hy lag, weerklink dit diep binne haar. Dis so kosbaar dat sy voel asof sy tevrede sal wees om vir die res van haar lewe niks groters te bereik as om nou en dan vir Reuben Stiller só te laat lag nie.

      Die gevoel maak haar oneindig bang.

      4

      “Kaydee, hi!” Jemma strek haar bene uit en skuif reg vir ’n lang telefoongesprek. Vrydae sien sy geen pasiënte nie. Mits niemand kraam nie, lê die dag skitterend van belofte voor haar. Dis vroegoggend, haar gunstelingtyd van die dag, en sy’t nog nie besluit hoe om die ure wat voorlê te benut nie. Maar ’n geselsie met ’n vriendin terwyl sy haar koppie koffie geniet, is nou presies waarvoor sy lus het.

      En ’n vriendin is inderdaad wat Kaydee geword het. Om die sangeres teen die skerp oë van die paparazzi te be-skerm gaan Jemma haar weekliks tuis ondersoek. Adam is gewoonlik op stel. Hy wil soveel werk as moontlik voor die geboorte afhandel sodat hy en Kaydee ordentlik “babymoon” kan hou.

      Aanvanklik het Jemma ’n professionele afstand probeer handhaaf. Sy was skrikkerig dat Kaydee haar gebruiklike belangstelling in haar pasiënte vir opdringerige familiariteit sou aansien. Maar hulle het so lekker gekliek dat die afsprake spoedig gesellige kuiertjies geword het. Jemma het Kaydee selfs een keer uitgesmokkel na ’n kunsfliek in ’n sonbril, ’n serp en ’n mus wat hulle laag oor haar voorkop getrek het. Micky het natuurlik die vermomming vervolmaak.

      “Hi.”

Скачать книгу