Boereverraaier. Albert Blake

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Boereverraaier - Albert Blake страница 7

Boereverraaier - Albert Blake

Скачать книгу

Gert Pieter en Susanna Salomina, het verskeie plase en dorpseiendom in die distrikte Amersfoort, Lydenburg, Vryheid en Wakkerstroom besit. Sommige van hul 14 kinders het op van die plase geboer.4 Klaarblyklik het die meeste van die kinders met hul gesinne die lyding in die konsentrasiekampe vrygespring – met ’n rede.

      Vyf van die broers is nogtans deur die Britte gevange gehou en na ’n militêre aanhoudingskamp by Ladysmith in Natal oorgeplaas. Die pa, wat nie deur Britse troepe weggevoer is nie, is daarna deur republikeinse burgers gevange geneem en van ontrouheid aangekla. Hy is vrygelaat nadat hy met £100 beboet is.5 Hy sterf egter op 25 Mei 1901 in die ouderdom van 69 jaar aan natuurlike oorsake te Zandspruit in die distrik Wakker­s­troom.6 Daardeur is hy die noodlottige gebeure wat sou volg, gespaar gebly.

      Die Britte het die vyf Brits-broers etlike maande lank in die militêre kamp op Ladysmith aangehou, waar hulle alles in hul vermoë gedoen het om vry­gelaat te word. Die afleiding kan gemaak word dat hulle toe al voorkeur­behandeling van die Britse militêre owerhede ontvang het, want hulle is nie as krygsgevangenes oorsee of elders gestuur nie. Die broers se ontrouheid aan die vryheidstryd word geïllustreer in ’n brief van 2 Februarie 1901, waar­in hulle die Britse bevelvoerder op Ladysmith vir sekere vergunnings vra en onomwonde hul onderdanigheid aan Britse beheer toon:

      We, the undersigned, desire respectfully to bring to your notice, that we have surrendered voluntarily to the British military authorities for protection, and that we are anxious to have also our families & stock placed fully under British protection. We wish you kindly to assist us in having this done, & would therefore respectfully suggest not only but request that you release one of us on parole, & allow him to return to Volks Rust for the purpose of bringing the families & stock of all of us across into the British lines. We are willing to comply with any reasonable conditions that you may deem requisite for such a release. We trust sincerely, Sir, that you will assist us in this matter, & grant our humble request and have the honor to be, Sir, your obedient servants.

      Die brief is deur vyf broers onderteken: Gert Pieter (35), Pieter Mathys (32), Okkert Johannes (26), Cornelius Johannes (22) en die enigste van die vyf broers wat die dood sou vryspring, Marthinus.7 Met hul versoek het die broers gepoog om nie net hul vrouens en kinders uit die konsentrasiekampe te hou nie, maar ook hul eiendom te beskerm. Met die voortsetting van die oorlog het hulle die gevaar geloop om al hul aardse besittings te verloor. Nie net het die Britse troepe alles geplunder nie, maar die Boere kon hul vee en ander noodsaaklikhede opgekommandeer of eenvoudig daarop beslag gelê het as hulle nie in ’n posisie was om dit te beskerm nie. Dit het inderdaad herhaaldelik gebeur terwyl die broers in aanhouding was.

      Die Britte sou hul versoek egter nie sonder meer toestaan nie. Goeie rede moes daarvoor bestaan – soos onbetwiste lojaliteit aan die Britte. Interessant genoeg, het die Britse bevelvoerder op Volksrust die broers se aansoek aanvanklik afgekeur omdat ’n sesde broer, Johannes Wilhelmus, reeds op parool vrygelaat is, maar nie teruggekeer het nie “and is now again on commando”, lui ’n skrywe van 4 Februarie 1901.8

      Na hul pa se dood was dit die Brits-broers se verantwoordelikheid om na die boerderybelange om te sien en dit teen oorlogsplundery te beskerm. Dit is waarskynlik dat die broers mekaar na hul wapenneerlegging beïn­vloed het om nog nouer by die Britse oorlogspoging betrokke te raak. Na aanlei­ding van die beweringe wat later teen die oudste, Gert Pieter, in die hoog­­verraad­saak gemaak is, kan ’n redelike afleiding gemaak word dat hy ’n lei­dende rol in hul besluit gespeel het. Boonop het hy voorheen ’n tydelike offisiers­rang van assistent-veldkornet in die Wakkerstroom-kommando beklee.

      Nadat parool aan hulle toegestaan is, is die broers toegelaat om na die Wakkerstroom-distrik terug te keer. ’n Mens kan met redelike sekerheid aflei hulle het die Britse afdelings op Wakkerstroom en later op Volksrust gehelp en hulle dus aan een of ander vorm van verraad skuldig gemaak. Die vergunning van die Britte was veel meer as waarvoor hulle aanvanklik gevra het. Bevestiging is gevind dat minstens twee van die broers verder as die neutraliteitseed gegaan het deur die eed van getrouheid by die Britte af te lê.9 Of die broers aktief as betaalde joiners by die Britse mag aangesluit het, kon nie vasgestel word nie. Die besonderhede in die aanklagte teen hulle in die latere hoogverraadverhoor dui egter daarop.

      Oorlewering wil dit hê dat mense wat gesien het hoe die oudste broer ’n jong burger doodgeskiet het, hom by die Boere verkla het. Die burger het glo gepleit: “Oom Gert moet my nie skiet nie!”10 Geen stawing van die voorval kon in ander bronne gevind word nie en dus kan die bewering nie bo twyfel aanvaar word nie.

      Die vyf Brits-broers het hulle geskaar by die leier van die afvalliges in die omgewing, die 58-jarige Frederick Wilhelm Koch. Hy was ’n vooruitstrewende boer met verskeie plase in die distrikte Wakkerstroom, Ermelo en Piet Retief. Die plaaslike waardeerder en afslaer beskryf sy boedel na die oorlog as “one of the richest in the district”.11 Voorts het die Britse magistraat op Volksrust hom in 1901 as “a Burgher of considerable influence and standing in the neighbourhood” beskou.12

      Frederick en sy vrou, Elizabeth Wilhelmina Hendrina, het drie seuns en vyf dogters gehad. Die welvarende Koch- en Brits-families was aangetroude familie van mekaar. Koch se oudste seun, Hendrik Johannes Stephanus, was met Lea Sofia Brits, die vyf broers se suster, getroud.13 Dit het ’n ideale teel­aarde vir groepsbeïnvloeding geskep. Albei families het besondere belang by hul boerdery gehad. Hulle het die vryheidstryd waarskynlik as ’n hulpelose en verlore saak beskou en geen sin daarin gesien om hul welvaart daarvoor prys te gee nie. Maar hulle het nog ’n stap verder gegaan – hulle was ook bereid om die wapen teen hul volksgenote op te neem.

      Aanvanklik het die Kochs net soos die Brits-broers aan Boerekant geveg. Nadat Frederick sr. sy rug op die republikeinse oorlogspoging gedraai het, het hy en sy drie seuns hul wapens neergelê. Dat hy aktief vyandig teenoor die republikeinse saak geword het, word gestaaf deur ’n inkriminerende verklaring wat die Britse magistraat op Volksrust in Oktober 1901 oor hom gemaak het: “He did everything in his power to assist the British in bring­ing the war to a conclusion, and the Military Authorities had such confidence in him that they allowed him and his sons to retain their arms for their own protection.”14 In ’n verklaring wat een van die Koch-seuns, Lodewyk Christiaan, in 1903 maak, bevestig hy ook: “We were given rifles by the British in order to protect us.”15

      Die Kochs is toegelaat om met hul boerderybedrywighede voort te gaan. Die Brits-broers het ook wapens gehad, wat die Britse militêre owerhede waarskynlik na hul vrylating vir hulle gegee het. Dit was ’n taamlik drastiese stap van die militêre owerhede om in ’n oorlogsituasie wapens te verskaf aan voormalige vyande, veral wanneer hulle nie direkte beheer oor daardie persone kon uitoefen nie. Dit dui waarskynlik op die sterk vertrouensverhou­ding tussen die Britse magte en die twee Boerefamilies.

      Die Koch- en Brits-mans, bygestaan deur ’n aantal ander hendsoppers, het hul basis op die plaas Rooipoort naby Volksrust gevestig. Destydse Britse militêre dokumente wek die indruk dat die groep as ’n soort semi-militêre een­heid gefunksioneer het. Hul bewapening was duidelik op hul volksgenote gerig en daar word deurgaans na hulle as “Koch’s laager of surrendered burghers” verwys.16 Die nabygeleë Britse mag op Volksrust het oën­skynlik beskerming aan die groep afvalliges gebied. Die aanduidings is dat hulle groot hoeveelhede vee onder hul beheer op Rooipoort gehad het. Die Britse mag het waarskynlik ook ’n gerieflike afsetgebied vir daardie vee gebied.

      Die presiese omvang en aard van die Koch- en Brits-mans se betrokken­heid by die Britse militêre bedrywighede kon nie vasgestel word nie, maar hul teregstelling het gevolg op ’n skermutseling met die Boere by Amersfoort. Sowat 60 Britse soldate – bygestaan deur ’n aantal joiners – het op 22 Mei 1901 ’n hinderlaag vir die Boere by Amersfoort gestel, waartydens kmdt. Rooi Jozua Joubert en ’n burger, Hendrik Spaarwater, gewond is. Joubert se arm moes geamputeer word en Spaarwater het later aan sy wonde beswyk. ’n Groot groep burgers het Spaarwater se emosionele begrafnis op 26 Mei 1901 onder ’n dreigende aanval van ’n Britse kolonne bygewoon.17

      Hoewel

Скачать книгу