Moerbeibos. Dalene Matthee

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Moerbeibos - Dalene Matthee страница 11

Автор:
Серия:
Издательство:
Moerbeibos - Dalene Matthee

Скачать книгу

kan ons hulle glad nie beheer nie. Ek het ’n vermoede dat Christie hulle aanhits in plaas van hulle te kalmeer. Hy bly vir my seksie tien van die regulasies aanhaal wat bepaal dat die goewerment dit mág oorweeg om klein bedrae geld aan immigrante voor te skiet, wat dan oor ’n tydperk van twee jaar terugbetaal kan word. Hy vergeet van seksie nege, wat dit baie duidelik stel dat alle immigrante hul eie kos moet voorsien vanaf datum van aankoms. Ek het hulle reeds vyf weke lank langs die meer van rantsoene voorsien en dit baie duidelik gestel dat dit net sou wees totdat hulle hier kom. Nou eis hulle net al hoe meer. Saterdag, toe ons hier aangekom het, het hulle gesê hulle weier om enigiets te doen voordat daar aan hulle eise voldoen is – die goed is hulle beloof. Gisteraand en vanmôre is dit weer ’n ander storie.”

      “Mister, leer nou vandag van my een ding: as ’n ding verknoei is, is hy verknoei; jy kry hom nie met nog meer knoei reg nie. Die platrand is nie ’n plek vir sywurms nie, vat vir hulle terug.”

      “Hierdie is ’n goewermentsaak, Miggel. Ek is bloot die Agent van Immigrante op Knysna, ek voer opdragte uit. Hierdie mense is totaal verkeerd ingelig en ek sit sonder bewyse van wat hulle alles beloof is.”

      “Hulle is nie verkeerd ingelig nie, Mister, hulle is plyn belieg. Waar het jy in jou lewe van ’n moerbeibos gehoor?”

      “Ek het reeds daaroor skrywe gerig aan Mister Laing in die Kaap en gevra dat daar onmiddellik en dringend op die saak ingegaan word.”

      “Laat weet my net wanneer daar met die uitdeel van al die beloftes begin word solat ek ook in die ry kan kom staan vir ’n ploeg. Die platrand ken nie so iets nie. Ek moes maar al die jare die aarde sonder ploeg omsukkel.”

      “Moenie jy ook begin dink ek sit met sakke vol goewermentsgeld om maar net uit te deel nie, Miggel. Ek moet vir alles magtiging kry. Net die trekdiere en die implemente en die ander losgoed alleen sal oor die vyfhonderd pond beloop. ’n Sjieling per kop per dag: ’n verdere twee-en-veertig pond per maand vir ses maande lank, as ek die kinders onder drie jaar oud nie tel nie, en ook nie die een wat weg is nie, ook nie Canovi wat op weg hierheen by hulle aangesluit het nie. Sou ek magtiging kry, en ek betwyfel dit, om al hierdie eise aan hulle toe te staan, moet hulle dit nog altyd binne twee jaar terugbetaal en die vraag is waaruit? Christie sê hulle is onder die indruk gebring dat hier reeds ’n aanvang gemaak is met die sybedryf, hulle moes dit net kom uitbrei.”

      “Dis van Barrington se jêmpot sywurms wat hulle verneem het, ja.”

      “Hulle was onder die indruk dat die skure vir die wurms reeds opgerig is.”

      “Dis van die droom in Barrington se kop wat hulle verneem het, ja.”

      “Nou wil hulle alles van my hê. Ek is maar net die een wat hulle aan die einde van die proses moes ontvang en ek is besig om ’n ineenstorting te kry.”

      “Trek met hulle Poortland toe.”

      “Dit is nie wat hulle wil hê nie, Miggel. Hulle het gisteraand ’n lang vergadering gehou en ek is ingelig dat hulle eenparig besluit het om terug te gaan Italië toe. Nou eis hulle van my ’n skip.”

      Ek wou op die oomblik opspring en juig, maar die onnooslike White het gesit soos een met ’n juk oor die skof en die uitkoms nie gesien nie. “Juig, Mister,” sê ek vir hom, “dis die beste wat hulle kon besluit het en dis ons almal se uitkoms! Ek sal my eie slee en osse vat en jou help om hulle terug te kry by die water. My slee is nou wel nie groot nie, maar ek sal nag en dag aanry. Mirjam, skink daar vir Mister White nog ’n beker koffie.” Ek kon nie verstaan waarom die man so slapnek bly nie. “Kry moed,” sê ek vir hom, “ons gaat van hulle ontslae raak!”

      “Immigrasie, Miggel, is ’n lang en ingewikkelde proses, ’n Wetlike proses. Die wet sê alleen die immigrante wat die goewerment begeer om terug te stuur, sal vry oorvaart kry. Lank voor dit kan gebeur, is die wet nog altyd ’n wiel wat in sy eie spoor rol, ’n goewermentswiel. As ’n goewermentswiel eers rol, kan jy hom nie sommer stop nie.”

      “Luister, Mister, jy’t meer as genoeg klippe om voor hierdie wiel in te rol. Waar het jy in jou lewe van sywurms op die platrand gehoor? Dis net so goed die goewerment stuur my om te gaan mielies plant op die maan. Gebruik die klippe, Mister, gebruik hulle!”

      “Ons doen wat ons kan. Ek en Mister Christie het voordag opgestaan en aan verskeie hooggeplaastes skrywe gerig, onder andere weer eens aan die Kommissaris van Kroongrond in die Kaap, Mister Laing, om alles van voor af aan hom te verduidelik. Mister Christie het in opdrag van die Italiane ’n klagskrif opgestel wat elkeen reeds vanmôre vroeg kom onderteken het.”

      “Nou vir wat sit Mister dan soos een wat van die duister oorval is? As julle julle klippe reg gekies en goed gemik het, stop daardie wiel in sy spoor in. Ek hoop julle het gemeld lat hier nie ’n enkelte moerbeiboom is nie.”

      “Ek, sowel as Mister Christie, het dit in elke brief genoem.”

      “Wat van die wildemoerbei in die Bos, Pa?” kom staan en vra Mirjam skielik godweetwaarom. Ek het aspris van die wildemoerbei stilgebly omdat dit net kon moeilikheid maak in die verkeerde ore, en toe kom bring sý dit uit en White kyk my oombliklik met die grootste agterdog aan.

      “Watse wildemoerbei?” vra hy.

      “Dis Mirjam wat staat en yl oor ’n ou piepgatboompie in die onderbos wat ons sommer die wildemoerbei noem. G’n wurm sal na hom kyk nie.”

      “Hoe weet jy?”

      “Ek weet. Ek ken sywurms, ek het hulle oorkant op Poortland sien vreet en spin.”

      “Hoe lyk die boom?” White wou nie los nie.

      “Mirjam!” sê ek, “sien jy nou wat jy kom staat en opjaag het? Dis ’n ou slaplyfboompie in die onderbos, Mister White. As Mirjam nie vanmôre ’n uitgegroeide meisiekind was nie, het ek haar ’n pak slae gegee wat haar sou leer om stil te bly as dit nie haar beurt is nie.”

      “Lyk dit soos die regte moerbeiboom?”

      “Daar is ’n trek tussen die blare, ja, maar dis al. Dis hoekom hy die naam het. Ek sê vir Mister g’n wurm sal sy bek aan hom sit nie.”

      “Is jy baie seker?”

      “Ja. Drink Mister se koffie, die dag gaat om en die briewe moet op die dorp en op die poskar kom sodat die klippe voor die wiel kan val.”

      “Ek het eintlik kom hoor of jy nie vir ons die briewe sal dorp toe vat nie, ek wil Mister Christie nie alleen los nie en daar is niemand anders wat ek kan vra nie.”

      Kon hy dit nie eerder gesê het nie? “Los die koffie!” sê ek vir hom, “en loop kry die goed reg lat ek kan loop. Mirjam, bring my skoene en staat ver laat ek jou nie bykom nie!” Die kind het my amper in ’n ding gehad.

      Kort voor die middag het ek die koevert by die poskantoor afgegee en drie keer vir die man agter die tralies gesê om te kyk dat dit op die poskar kom. Goewermentsake. Van die heel hoogste soort.

      Toe ek weer die dorp uitstap, het ek ’n mooi klompie moed gehad. Die goewerment moes sommer ’n vinnige skip stuur; nie een met seile nie, een met ’n skoorsteen wat nie vir die wind en die gety voor die koppe hoef te wag om van die see af in die meer in te kom tot by die kaai nie. Ek het geweet dit sou nie binne ’n week of twee wees nie, maar ek sou uithou. Gelukkig het ek deur die jare sterk heinings om my tuinkampe gepak teen die bosvarke en die bosbokke en die grysbokke en goed. Tot die skip kom, sou die heinings die Italiane en hulle trop

Скачать книгу