God se pad van vryheid. Engela Linde

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу God se pad van vryheid - Engela Linde страница 9

Автор:
Серия:
Издательство:
God se pad van vryheid - Engela Linde

Скачать книгу

lied uit 1880 is steeds gewild onder wêreldsangers. Die trane het aan sy moeder se wimpers gehang wanneer sy hom die liedere uit die skat van herinnering leer, lui die woorde. As seuntjie by sy pa se herberg het hy musiek soos hierdie geleer en nooit vergeet nie. Die opdrag in Deuteronomium 6:7 (ook Deut 11:19) om oor te vertel, dra groot gewig. Die mondelinge verteltradisie moet meer krediet kry wanneer dit by Bybelse waarhede kom. Die skone Moseslied (Deut 32) gee opdrag: “Vra jou pa dat hy jou vertel, jou oumense dat hulle jou dit sê” (Deut 32:7).

      Op ’n Israel-toer het ons Joodse gids vertel hoe sy pa hom kleintyd wydsbeen oor sy skouer teen Massada uitgedra het terwyl hy heelpad vertel van die versetshelde wat op die berg selfmoord gepleeg het eerder as om voor die Romeine te buig. Die vraag: “Waar het die antieke mens skryfgoed gekry?” word hierdeur deels opgehef. Oorlewering is ’n kragtige dokument, soos blyk uit Lukas 1:2: “Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat … ooggetuies … was.”

      Oor my ouers is daar niks opgeskryf nie, maar deur hulle vertellinge het hulle grootwordlewe ons as kinders helder voor die gees gestaan. Dalk sal ons jeug weer begin soek na stories. Ware herinneringe, sonder bitterheid. Ook oor gebedsverhoring en wonderwerke in ons lewe. Dalk sal hulle die kuberkuiery te efemeer begin vind, te triviaal, vervlietend. Dalk sal hulle weer “hougoed” soek. Pragtig dig Marnix Gijsen: “Zie, zoo lange tijd is aan elk mens gegeven dat zijn woord rijpe tot lied voor Gods aangezicht.” Dalk is dit tyd dat nie net tieners stilletjies dagboek hou nie, maar ook ouers en grootouers. Ons kry dit reeds op Facebook en Twitter; maar skryf dit liewer op papier neer, bind en bewaar dit.

      GEBED: Here, ek wil vertel van my lewe en u wonderdade. Suiwer my woorde van bitterheid en skewe persepsie en laat dit voor u aangesig ryp word tot lied.

      30 Januarie Deuteronomium 32:10-18

      MOSES ONTHOU DIE ARENDE VAN MIDIAN

      “Soos ’n arend … so het die Here … sy volk gelei …” (Deut 32:11-12).

      Hoewel vertalings rondval tussen die groot roofvoëls, is almal dit eens dat die arend hier ter sprake is. Hierdie Moses-lied, skuins voor Moses se sterfte (Deut 31:2) getuig weer van die gehalte van die man wat deur God geroep is om sy volk te lei. In sy eerste veertig jaar ontvang hy Egiptiese geleerdheid in skrif, wet en leierskap. Terselfdertyd kry hy Godsgeloof met moedersmelk in, ook wanneer hy wegglip na die popelende kleihutte van sy erfvolk. Die volgende veertig jaar leer hy as vlugteling en veewagter in Midian die ruwe natuurmagte ken.

      In hierdie tyd moet hy die lammertjies beskerm teen die neerswiepende arend, volgens hom ’n onrein voël (Lev 11:13), maar aangrypend in sy adelaarsweë. By ’n Horeb-krans sien hy hoe die ouers die kuikens leer vlieg. Hy ys as die kleintjies tot 30 m val; en soms kry hy nog die angsdrome van hoe hý in ’n afgrond afstort voordat hy wakker ruk. Hy voel verlig as die arendouer onder die kuiken inseil. (Daar is wetenskaplikes wat die rugdraery weerlê, maar ’n meisie was in 1918 ooggetuie hiervan toe sy en haar pa heuning uithaal in die berge van Kalifornië.) Moses onthou hoe sy volk kreun langs die Nyl. As hy soos ’n arend was, sou God hom dalk kon gebruik om … maar wat dink hy tog? Hy is nie meer gemaklik tussen baie mense nie, net maar sy gesin en skoonfamilie. Sy eie volk sal dalk bly vra: “Wie het jou aangestel as baas en regter oor ons?” (Eks 2:14).

      Toe hoor hy die dag by die brandende doringbos: “Moses! Moses!” (Eks 3:4). Meermale daarna sou hy voel hoe hy en sy mense val, mekaar die dieptes insleur … dan kom daar ’n tyd dat hy half verwonderd besef: Maar ons val mos nie meer nie, ons sweef nou …

      GEBED: Here, hoe dikwels voel ek ook dat ek net val en val … dan stabiliseer en verbeter alles, en ek weet dis U wat my weer eens oor die afgrond gedra het.

      31 Januarie Deuteronomium 34:1-12

      MOSES, DIE MAN VAN GOD, STERWE

      Hy het die Here persoonlik geken (Deut 34:10).

      Moses kom te sterwe. Maar hy sou voortleef, beide in die Judaïsme en die Christendom. Hy was die man van God, uitgesoek en voorberei om die volk uit slawerny uit te lei.

      Nie dat die pad van vryheid altyd glad verloop het nie. ’n Kommandant in die Anglo-Boereoorlog het gekla: “Daar kom dae wat jy met almal moet baklei.” Moses word die sondebok vir alles wat skeefloop, van kos en water tot oorlogsugtige vyande. Sy eie broer en suster kom dikwels teen hom in opstand. Die uittog word veertig lang jare. Maar sonder Moses is die aanvang van Israel se geskiedenis ondenkbaar. Die Fenisiërs en Grieke sou beter vaar op die gebied van kuns, bou- en beeldhouwerk. Maar Israel sou die volk van die openbaring van die Woord word.

      Geheimsinnig soos sy lewe, is Moses se sterwe. Soos ’n ou olifant soek hy die eensaamheid op toe sy tyd daar is. Volgens die geskiedskrywer lyk dit of God hom die prag van die land wys, en dan die deur voor hom toeklap. Dis anders as in Jesus se gelykenis van die verlore seun, wat ten spyte van sy foute deur die vader binnegenooi word. Sou God werklik vir Moses straf omdat hy sy humeur verloor het? (Eks 32:19-20; Num 20:9-12). God laat hom dalk eerder toe om te sterf: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg … Gaan in in die vreugde van jou heer” (Matt 25:23). Dalk was dit ’n begeerte van Moses dat die laaste oorloë en die vestiging hom tog gespaar bly. God sou verstaan. Hy het God persoonlik geken, Hom altyd geraadpleeg, in sy diepste binneste geluister na die antwoord, gekyk na die tekens wat God gee. As dit blyk hy het verkeerd gehoor, het hy wéér geluister. Hy was bo alles middelaar tussen God en volk, ’n prototipe van die Christus wat sou kom.

      GEBED: O Here, dat dit tog van my gesê sal kan word dat ek U persoonlik geken het; nie eendag nie, maar nóú reeds, in ons Here Jesus Christus en deur die leiding van u Gees.

      Februarie

      Matteus, Markus, Lukas

      Kriptiese prikkels

      (om in die loop van die maand na te slaan)

      ___________________________

      Matt 4:10

      Net een manier om met hom te werk: ferm!

      Matt 12:50

      Huisgesin, gesellig saam om die lamplig

      Matt 13:51

      Die basiese vraag wat ’n knap leermeester behoort te stel

      Matt 14:14

      Die dood van sy vriend en bloedverwant het Hom verseker ook bewoë gestem

      Matt 17:24-25

      ’n Senutergende situasie vir Petrus – hier was hy nog bang

      Matt 21:3

      Hoe gou? Saam met wie en wanneer het Hy hulle teruggestuur?

      Matt 25:15

      Begrip vir die psige van verskillende werknemers

      Mark 5:31

      Hulle snap nog steeds nie veel van Jesus nie

      Mark 9:23

      Kleingeloof, iets anders as ongeloof

      Mark 9:29

      Is daar ’n tikkie minagting te bespeur in Jesus se stem?

      Mark

Скачать книгу