Anton Rupert: 'n lewensverhaal. Ebbe Dommisse

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Anton Rupert: 'n lewensverhaal - Ebbe Dommisse страница 24

Anton Rupert: 'n lewensverhaal - Ebbe Dommisse

Скачать книгу

en ek probeer om dit vir my kinders te leer: as julle by Hermanus loop en julle sien daar myle en myle van sand, dan is die mens niks meer as ’n sandkorreltjie nie. En as jy nou gekyk het van 200 000 myl en dis ’n niks, ’n oogwink in die heelal, lyk die wêreld soos ’n tennisbal. Maar onthou altyd, die ander man is ook niks meer as ’n sandkorreltjie nie. Dan kan jy nooit verwaand wees nie. Jy is nederig, maar jy kan tog nooit ’n gebrek aan selfvertroue hê nie. Ek neem nou die basiese konsepsie, wat ons klein groepie mense wat begin het en dié wat hier sit, gedra het tot die feit dat ons vandag een van die grootste groepe in die wêreld is. Jy is niks, maar die ander manne nie meer nie.”

      Tabak is inderdaad ’n produk wat die latere Rembrandt Groep deur dik en dun sou dra. Dit het daartoe bygedra dat terugslae as geleenthede aangegryp kon word – ’n deurlopende filosofie van Rupert, wat dikwels daarop gewys het dat die Chinese woord vir “krisis” uit twee simbole bestaan: die een beteken “ramp”, die ander “geleentheid”.

      “As ons die ramp wil vermy, moet ons die geleentheid met alle mag aangryp,” sê hy op 24 Februarie 1967 toe hy die landbou-en-nywerheidstentoonstelling in Port Elizabeth open.

      ’n Vroeë voorbeeld van hoe hy ’n terugslag as ’n geleentheid aangegryp het, kom voor toe FVB teen die einde van 1942 aan die toekoms van die tabakmaat­skappy begin twyfel. Die ironiese gevolg is ’n volgende verreikende inisiatief, ’n vernuftige uitweg wat deur Rupert bedink is: om met ’n nuwe beleggingsmaat­skappy te begin wat deur aandeleverkope sy kapitaalbasis kon versterk.

      Die vindingrykheid wat hy meermale in sy sakeloopbaan aan die dag lê, lei tot die stigting van ’n aanvanklike klein beleggingsmaatskappy, Tegniese en In­dus­triële Beleggings Beperk.

      Hertzog som die situasie so op: “Intussen word dr. Rupert bestuurder van ’n pyptabakfabriek en toe kom die dag dat ’n maatskappy vir ons sê: ‘Kyk, ons wil weet of julle ’n koper kan vind vir ons aandele, ons sien geen toekoms in hierdie bedryf nie, en as julle nie kan nie, gaan ons die aandele opsit vir tender.’ En toe besluit ons, ons gaan nou maar die droogskoonmakery verkoop en hulle aandele koop. Tegniese Beleggings begin met die droogskoonmakery se geld daar­in. Toe kom ek, kort nadat ek begin het, op Voorbrand se raad.”11

      Rupert spring self in om Tegniese Beleggings se aandele te verkoop. ’n Keer­punt op pad na die eerste £5 000 word bereik toe dr. P.C. du Toit, ’n geneesheer van Boshof in die Vrystaat wat ’n vriend van Oupa Kriel was, ’n mooi klompie aan­dele by hom koop. FVB se 2 000 aandele in Voorbrand kon gevolglik vroeg in 1943 teruggekoop word, ook danksy die wins wat uit die verkoop van Che­miese Reinigers gemaak is, en daardeur word beheer verseker. Toe FVB jare later ontbind is, was daardie 2 000 aandele meer werd as al sy bates.

      Die belang van Kopersbond is intussen ook deur Rupert-hulle teruggekoop. En danksy die welwillendheid van Voorbrand se direksie is Rupert toegelaat om aandele in Tegniese Beleggings te plaas.

      Met die stigting van Tegniese Beleggings kom die eerste tekens na vore dat Rupert aan die beweeg is. Die beleggingsmaatskappy lê die fondament vir een van die skouspelagtigste uitbreidings in die Suid-Afrikaanse nywerheidswese, die Huis van Rembrandt.

      Hoofstuk 6

      Lokstem van die druif

      Die begin van die nuwe beleggingsmaatskappy wat Rupert se voertuig sou word om toegang tot die drankbedryf te verkry, is weliswaar be­skeie, soos die geval met tabak was. Die nominale kapitaal van Teg­niese en Industriële Beleggings Beperk beloop net £5 000. Maar die beleggingsmaatskappy, spoedig bekend as TIB, sou binne drie jaar groei tot die moedermaatskappy van die Rembrandt Groep, wat toe reeds £1 miljoen sterk was.

      Toe die £100 000-kerf bereik word, word Rupert besturende direkteur van TIB, maar nie voordat alle geld wat hy by Voorbrand verdien het, terugbetaal is nie.

      Rupert gee in 1942-’43 aan die Reddingsdaadbond £700 se verskuldigde salaris wat aan hom betaal is, terug in die vorm van Voorbrand-aandele. Vyftig jaar later, op 16 Junie 1992, is bereken dat daardie aandele, as dit in Tegkor-aandele met die heersende markwaarde van R34,24 omgeskakel sou word, toe reeds R5 493 500 werd was.

      By die stigting van die beleggingsmaatskappy sê Dirk Hertzog vir Rupert: “Man, Anton, ons eerste klein onderneming (Chemiese Reinigers) was nou nie juis ’n mislukking nie en ek vertrou jou en kan darem my naam aan jou leen.” Sy woorde word aangehaal in die eerste uitgawe van Tegniek, die Afrikaanse sake­tydskrif waarmee Rembrandt begin het en wat later die bekende Finansies & Teg­niek in die Naspers-stal sou word. Inderdaad was Tegniek uit eie reg ’n belangrike poging om Afrikaners insig en inligting oor die sakelewe te gee, aangesien Afri­kaanse koerante in daardie jare feitlik geen sakenuus gepubliseer het nie, nie eens beurspryse nie. Sakenuus spesifiek vir die Afrikaanse sakegemeenskap het hoof­saaklik gekom uit Volkshandel, die tydskrif waarmee J.G. (Kaalkop) van der Merwe van Heilbron vroeg in die jare veertig begin het.

      TIB begin in Maart 1943 sonder sy eie kantore. Dit was oorlogstyd en geld was skaars. Rupert huur ruimte by die handelskunstenaar Kobus Esterhuysen in Jo­hannesburg. Die kantoor het slegs ’n naambord buite gehad. Daar was ’n staalboek­rak, maar geen telefoon nie. Wanneer jaarvergaderings gehou is, moes stoele ge­leen word om sitplek aan almal te verskaf.

      Geen salarisse of direkteursvergoeding word in die eerste jaar betaal nie. Hu­berte Rupert is ’n lang tyd die onbetaalde sekretaresse, tikster, klerk en boodskap­per. Sy beginsel geld: “Solank ons nie ons eie kapitaal het nie, moet koste vermy word.”

      Die jong egpaar kry verblyf in ’n gemeubileerde woonstel in Joubertpark wat hulle 15 ghienies per maand kos, die helfte van Rupert se salaris, voordat hulle na ’n huis in Aucklandlaan 59 in die voorstedelike Auckland Park trek.

      Hulle deel die woonstel in een stadium met Rupert se jonger broer Jan, wat toe ’n prokureursklerk in die firma Van Wyk De Vries, Malan & Steyn was, asook met Kobus Esterhuysen, wat op die balkon moes slaap. Esterhuysen, broer van Joubero Malherbe, grande dame van die Suid-Afrikaanse musiekwêreld, was die ontwerper van die land se banknote en hy doen in die begin vryskutwerk vir Voor­brand.

      Huberte werk nie die hele tyd by TIB nie. Sy is ’n slag ook die sekretaresse van die Hoër Meisieskool Helpmekaar. ’n Studentemaat, Marié Opperman, help as sekretaresse van die beheerliggaam van die meisieskool en die seunskool. Sy is die eggenote van die digter Dirk Opperman, die “bonkige Zoeloelander” wat later ook ’n huisvriend van die Ruperts op Stellenbosch sou word, en hulle ontmoet hom toe hy ’n ruk lank onderwyser in Afrikaans van die seunskool was. En sy doen vryskutwerk by die SAUK voordat sy weer by TIB inval.

      “Ek moes self uitspring om vir Anton te help,” vertel sy.1 “Totdat Hanneli vyf jaar oud was, het ek self al ons klere gemaak. Ek moes die lakens omdraai wanneer hulle skif geraak het van baie gebruik. Maar dit het ons nie gepla nie, want ons was Depressiekinders. Ons het geweet waarin jy woon, het niks te doen met die kwaliteit van jou lewe nie. Wat ons wel gepla het, was dat Anton ’n ding sou maak waarop daar geen wins was nie.”

      Sy het in daardie tyd twee groepe vriende, die een haar tydgenote en die ander almal ouer as sy.

      “In Johannesburg was dit ’n geroesemoes van mense gewees, maar vreeslik interessant. Jy het soveel stimulasie absoluut nodig. Ek moes my dissiplineer om in die sakewêreld in te gaan en belang te stel en mense te onthaal en iets te weet waarvan hulle praat. Dis hoekom dit ’n genade was dat ek gratis vir Anton-hulle gewerk het, sodat ek die besigheid van binne kon leer ken. Die mense wat dinge so maklik het, weet nie wat hulle mis en watter bevrediging dit bied om swaar te kry, maar te weet dat jy die ding kan doen nie,” sê sy later.

      Haar noue betrokkenheid by Rupert se sakeondernemings sou oor dekades ge­handhaaf word. In ’n vroeë stadium kry sy

Скачать книгу