Anton Rupert: 'n lewensverhaal. Ebbe Dommisse

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Anton Rupert: 'n lewensverhaal - Ebbe Dommisse страница 25

Anton Rupert: 'n lewensverhaal - Ebbe Dommisse

Скачать книгу

“want ek moes vir Anton verniet werk en ek ken hulle opset. Maar elke ding wat jy vermag het, was ’n avontuur gewees.”

      Daaraan voeg sy toe: “Al die jare het Anton my as sy klankbord gebruik. Wan­neer daar ’n probleem was, het ek geluister, die probleem saam met hom beleef. Maar dan sou hy dit op die ou einde self oplos.”

      Dinge was stram, maar die sakepioniers byt vas. Nadat TIB op 16 Maart 1943 geregistreer is, sou dit uiteindelik ontwikkel in ’n maatskappy met verspreide belange in tabak, drank, steenkoolmyne, wolmakelaars, tee en koffie. Anders as wat soms in sakekringe vertel word, begin Rupert dus baie vroeg in sy loopbaan diversifiseer.

      Weens die invoerbeheer en die gepaardgaande gebrek aan masjinerie vir siga­retvervaardiging, asook Voorbrand se teleurstellende vertoning wat produkte betref, moontlik omdat te veel op Afrikanersentiment staatgemaak is, wend Ru­pert en sy vennote hulle in hierdie vroeë stadium tot die drankbedryf. Hy en een van sy mededirekteure, Coenie (Oupa) Kriel van Wolgroeier Afslaers (WGA), besluit in September 1943 om aktief tot die drankhandel toe te tree. Teen dié tyd het Voorbrand se verliese opgeloop en hy besef dat die sterk mededingende tabak­bedryf hulle nie ’n genoegsame vastrapplek in die nywerheidswese gee nie. Daar moes wyer gekyk word, ook suidwaarts.

      Hy en Kriel begin navraag oor moontlikhede doen en ontmoet Canzius Pre­to­rius, rekenmeester van die Koöperatiewe Wynbouersvereniging (KWV), in Okto­ber 1943 in die Paarl. Hy sê die enigste moontlikheid om die bedryf te betree is om die Kaapse dranksaak van Forrer Broers te koop.

      In samesprekings wat gereël is met die Forrers, Joe en Herman, broers van Ne­derlandse oorsprong, bekom Rupert-hulle ’n belang van 50% vir £17 500. Forrer Broers se ouditeur, Roux van der Poel (stigter van die latere ouditeursfirma Theron & Van der Poel), “het ons baie gehelp”, vertel Rupert.

      In die Noorde het geld vir kapitaaluitbreidings skaars geraak weens die mislukking van instellings soos Kopersbond en Spoorbondkas. Rupert wend hom dus tot die meer bestendig welvarende gemeenskap van die Boland en begin aan­dele vir vyf sjielings elk verkoop, by name aan die wyn- en uitvoerdruiwe-boere, wat die groot steunpilaar van sy sakeryk sou word. Die beleggers is uitsluitend Afrikaners; niemand anders stel belang nie.

      Rupert moes toe tegelyk sakebelange in Kaapstad en Johannesburg behartig, en hy begin per trein tussen die twee stede pendel. Die jaarkaartjie vir die treinrit van duisend myl wat hy aanskaf, kos hom £50, en oor naweke bring hy twee nagte en ’n dag op die trein deur. In een jaar slaap hy 63 nagte, langer as twee maande, op die trein.

      In sy werwingsveldtog kry Rupert baie hulp van De Wet Theron van die plaas Montpellier by Tulbagh, wat voordat hy gaan boer het, ’n wyndeskundige was by die KWV, waar sy vader, Hennie, die voorsitter was. Van die eerste kopers wat vertroue in Rupert toon, was Frank le Roux en Paul Roux van die Paarl, stigters van die KWV.

      Rupert ry met sy klein motortjie die Boland plat saam met De Wet Theron, wat ’n klomp van die wynboere goed geken het. Hy verkoop die DKW eers nadat ’n winkeleienaar in Linden in Johannesburg die motortjie staan en bekyk en reguit sê: “Rupert, ek sal nie met jou sake kan doen nie.” Hy skaf uiteindelik ’n twee­de­handse Studebaker aan.

      Teen Januarie-Februarie 1944 beloop die uitstaande skuld op die koopsom van die Forrer Broers se onderneming nog £9 000, geld wat Rupert nie gehad het nie. Dit is nogtans wat entrepreneurs betref niks ongewoons nie: hulle is, anders as die populêre mening, dikwels nie mense wat met hope geld begin of toegang tot groot kapitaal het nie. Hulle is eerder ondernemers wat geleenthede raaksien en met passie die benutting daarvan nastrewe.

      Desnieteenstaande druk die nood in ’n stadium wat Huberte as ’n “donker tyd” in die Ruperts se lewe beskryf.

      Op Saterdag 29 Januarie 1944 bevind die Ruperts hulle in Kaapstad toe hulle tyding kry dat sy moeder die vorige aand oorlede is. Sy het ’n swak hart gehad en was in Port Elizabeth vir ’n operasie, maar sterf voordat dit uitgevoer kon word.

      Mev. Hester Rupert, die sesde van Oom Kootjie van Eeden se tien kinders (ses dogters en vier seuns), was met haar oorlye betreklik jonk. Sy was pas 50, terwyl haar jonger suster, Johanna Sophia, die latere tant Hanna (Stefaans) Nel, haar met baie jare oorleef het. Op sy tant Hanna se 103de verjaardag op Jansenville, wat Rupert in 1999 bygewoon het, kon sy nog uit haar kop die geboortedatum van elke kind en kleinkind van die naaste familielede korrek meedeel.

      Huberte beskryf haar skoonmoeder as “’n lieflike vrou”. Voor haar dood, toe sy en Rupert sy moeder op Graaff-Reinet gaan groet het, was Huberte se laaste woorde aan die ouer vrou: “As my moeder nie meer daar is nie, dan sal ek nie sonder een wees nie, want u is soos sy.”

      Rupert besluit die Saterdagoggend nadat hy die tyding ontvang het om dadelik na Graaff-Reinet te vertrek, ondanks die probleem dat brandstof in die oorlogsjare gerantsoeneer is en hulle nie meer koepons gehad het om tussen 6 vm. en 6 nm. petrol te kry nie. Hulle ry na Oudtshoorn waar een van sy direkteure, Jurgens Schoeman, sakeman en boer van die plaas Vadersgawe, die motor se petroltenk vir hulle vul, en is betyds vir die begrafnis.

      Op pad vra Huberte dat Rupert eers stilhou sodat sy kan klaar huil oor haar skoonmoeder. Sy het geweet sy was nou, hoewel vroeg in die twintig, die moeder van die huis, want Koos, jongste broer van Rupert, was net veertien jaar oud.

      Toe hulle op Graaff-Reinet aanland, stap Koos na Huberte en slaan sy arms om haar: “Jy vat my saam, nè?” Sy het reeds met Rupert afgespreek dat sy vader nie vir Koos sou kon sorg nie en antwoord dadelik: “Ek het dit reeds met Boetie Anton bespreek. Jy kom na ons toe.”

      Rupert moes taamlik gou vir onafgehandelde sake na Kaapstad terugkeer en sy vrou bly op Graaff-Reinet agter om na die reëlings om te sien. Sy reël onder meer dat Koos saam met hulle terugkeer na Johannesburg, waar hy later aan die Hoërskool Helpmekaar sou studeer. Toe Anton-hulle Kaap toe trek, woon hy in by die Wesselse op Krugersdorp en voltooi sy matriekjaar aan die Hoërskool Monu­ment.

      Toe Rupert enkele dae ná die begrafnis by ’n hotel in die Paarl inteken en die middagkoerant oopmaak, sien hy ’n berig dat sy goeie vriend Jan de Kock, die hoof­bestuurder van die Magaliesbergse Koöperatiewe Tabakvereniging wat hom so standvastig bygestaan het, saam met die MKTV se voorsitter, Nick Com­brinck, in ’n rivier tussen Pretoria en Rustenburg verdrink het.

      Die aanloop van die brug waaroor De Kock-hulle moes ry, het weggespoel. Hulle kon die relings sien, maar nie die verspoelde padoppervlak nie en hul mo­tor is meegesleur. Twee seuns het lewend uit die ongeluk gekom. Die een was M.H. (Tienie) de Kock, later regter van die Kaapse hooggeregshof en voorsitter van die Wes-Kaapse tak van die Raad op Nasionale Gedenkwaardighede. ’n Ge­denkplaat ter herinnering aan Combrinck en De Kock – “heengegaan in vloedwater-motorramp, Sterkstroom, middernag 2-3 Februarie 1944” – is in die MKTV se hoofkantoor op Rustenburg aangebring.

      Vir Rupert was dit ’n dubbele slag: In een week het hy sy moeder en een van sy beste vriende verloor. De Kock was immers die man wat by dr. Stals, wat ’n bestuurshoof vir Voorbrand gesoek het, aanbeveel het dat daar net een persoon is wat die taak sal kan verrig, “daardie jong kêrel Rupert”.

      Terwyl Rupert-hulle nog besig is om aandele te plaas, tref nog ’n terugslag hulle. Daan Hoogenhout, latere finansiële kundige van die Rembrandt Groep, deel hom mee dat hy bedank. Hoogenhout en sy vrou, vroeër sy sekretaresse, het besluit om in Botswana te gaan boer. Sy broer Imker Hoogenhout, konsul van Suid-Afrika in die Kongo, het ’n Griekse vriend gehad wat in so ’n boerdery wou belê.

      Daan Hoogenhout doen egter reeds weer in 1945, toe die boerdery misluk en sy vrou ’n baba verwag, aansoek om terug te kom. Hy word as rekenmeester van Distillers Korporasie op Stellenbosch aangestel. In 1948 keer hy terug na die tabakgroep.

      Kort

Скачать книгу