Recce. Koos Stadler

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Recce - Koos Stadler страница 11

Recce - Koos Stadler

Скачать книгу

sin was skaars klaar toe ’n onaardse gebrul die namiddagstilte skeur. Die Boesmans het blitsig opgespring en op hul wapens afgestorm wat vroeër buite die lesingkamer staangemaak is. Sekondes later het hulle in ’n ry buite die hut gestaan, gespande wapens in die hand en gereed om die leeu te trotseer. Geeneen wou dit te ver waag om te gaan kyk waar die leeus is nie. Met elke brul het hulle teruggeskarrel. Teen daardie tyd kon ek beswaarlik my lag hou. Eers toe die leeu se gebrul deur ’n olifant se getrompetter gevolg word, het hulle besef hulle is uitgevang. Sommige was só kwaad dat hulle hul wapens neergegooi en geweier het om met die dag se opleiding voort te gaan.

      Tango Naca is in die verkenningsvleuel opgeneem lank voordat ek by die eenheid aangekom het en het al vele spesiale take op sy kerfstok gehad. Die Vasquelas én die Barakwenas het baie respek vir hom gehad. Die wit leiersgroep het swaar op hom gesteun, nie net tydens opleiding en operasies nie, maar ook om huishoudelike probleme onder die Boesmans uit te stryk. Hy en Dumba Katombela het ’n onverbeterlike span gevorm en ek het tydens die eerste operasies saam met hulle alles opgeslurp wat hulle my kon leer.

      Later, nadat ek die eerste groep Barakwenas gekeur en opgelei het, het Xivatcha Shekamba en Chimango Kanyeti my heeltydse makkers geword. Ek het weldra agtergekom dat die Barakwenas net so goed vir verkenningswerk toegerus was as die Vasquelas, aangesien hulle aan dieselfde vyandige omstandighede in Angola blootgestel was. Ek was daarna op vele verkenningstake saam met dié twee en erken ruiterlik dat ek my oorlewing aan hulle te danke het.

      ’n Makkerpaar het gewoonlik uit ’n wit spanlid en ’n Boesman bestaan omdat die Boesman onontbeerlik vir die span was. Die meeste Boesmansoldate was egter nog ongeletterd en hul kennis van Engels en Afrikaans het veel te wense oorgelaat. Hulle kon ’n radio opstel en elementêre boodskappe oordra, maar nie verslae skryf of ingewikkelde boodskappe saamstel, kodeer en stuur nie. Daarvoor was ’n wit spanlid nodig.

      Praktiese oorwegings het destyds die grootte van die span be­paal. Ons wou spanne so klein as moontlik hou, aangesien die konvensionele sesman-span te lomp was en te veel spore gelaat het. ’n Vierman-span was ’n beter keuse vir verkenningstake.

      Makkerpare kon ook onafhanklik optree indien nodig. Wanneer ’n teiken genader word, kon een paar in ’n skuilplek agterbly om die HF-radio te beman en as deurgeestasie vir die verkenningspan op te tree. Die verkenningspan kon voorts die swaar rugsakke by die RV-posisie los. Die skuiling het ook as nood-rendezvous (nood-RV of crash RV) gedien as die voorste span moeilikheid sou optel. Die spanne sou dan in verbinding bly deur baie hoëfrekwensie-radiokommunikasie (BHF-radiokommunikasie).

      As die verkenningspan nie die teiken kon opspoor nie, moes hulle na die skuilplek terugkeer, waarna die hele span dan nader aan die teiken sou beweeg tot by die volgende RV. Hierdie prosedure, bekend as die kruiptrekkertegniek, of caterpillaring, sou dan herhaal word totdat vasgestel kon word of die vyand daar is of nie.

      Stadig maar seker het ek my kennis van guerrilla-operasies uitgebrei. Die taktiek en aanleg wat verkenningstake vereis het, het mettertyd tweede natuur begin word. Uiteindelik het ek my eie filosofie en ’n unieke konsep vir dié soort operasies ontwikkel. Hier­die taktiese grondslag het my goed te pas gekom in my latere loopbaan in die Spesiale Magte en sou uiteindelik die basis vorm van die nuwe doktrine waarvolgens ons opleiding aangebied het.

      Dit het ’n uitdaging gebly om ongemerk deur vyandige en dikwels bewoonde gebiede na die teiken te infiltreer en ons het voortdurend nuwe idees getoets en tegnieke ontwikkel om die vyand te uitoorlê. Die metode van infiltrasie was dus altyd ’n faktor om tydens die beplanningsfase te oorweeg. Valskerminfiltrasies is dikwels bespreek, maar nooit uitgevoer nie omdat die Boesmans nie daaraan blootgestel is of die opleiding ondergaan het nie.

      Dit is waarom ek einde 1979 met ses Boesmans gestuur is om die Basiese valskermkursus by 1 Valskermbataljon in Bloemfon­tein te doen. Ons het onsself baie goed voorberei en was topfiks toe die kursus begin het. Die tydjie in Bloemfontein het gesorg vir ’n ongelooflike ervaring, want die manne van die bos was nog nooit in ’n stad nie en het nog nooit ’n hoë gebou, hyser of roltrap gesien nie. Vir die meeste was ’n teerpad ’n luukse wat hulle selde ervaar het, terwyl die baie winkels en besighede vir hulle oorweldigend was. Wanneer ons naweke stad toe is, moes al sewe hande vashou as ons strate oorsteek.

      Apartheid was op sy hoogtepunt en ek het hulle vooraf probeer waarsku om die ergste te verwag. Maar selfs ek was geskok deur die manier waarop mense met ’n ander velkleur hanteer is, hetsy deur winkeleienaars, treinkondukteurs of selfs net deur mense op straat. Meer as een keer moes ek in winkels tussenbeide tree en aan die persoon agter die toonbank verduidelik dat die Boesmans saam met my was en dat ek die items vir hulle wou koop. Dit het my erg in die verleentheid gestel want op Omega was rassisme onbekend. Ek het gespartel om aan hulle te verduidelik hoe ons kon toelaat dat so ’n stelsel ons samelewing oorheers.

      Die Boesmans het nie goed gevaar in die valskermkursus nie. Hulle was uitsonderlik fiks, maar kon nie die kragoefeninge baas­raak van die befaamde twee weke lange LO-kursus wat as keuring vir die valskermkursus gedien het nie. Ek was teleur­gesteld want ons het saam bloed gesweet op Omega, en ek het die kursus as relatief maklik ervaar. Ek het selfs energie gehad om by Bloemfontein se wulpse jong meisies te kuier.

      Vier Boesmans het uiteindelik tot die valskermopleidingsfase deurgedring, maar tot my verdere teleurstelling kon hulle nie die landingsdrils bemeester nie. Net een het uiteindelik die kursus geslaag en as valskermspringer gekwalifiseer. Terug in die Caprivi het ons in elk geval dikwels die res van die groep laat spring.

      Aan die einde van die kursus is ons per trein terug na Pretoria. Op Germiston se stasie moes ons op ’n voorstedelike trein oorklim. Ek het hulle vooraf gewaarsku dat die trein net vir enkele oomblikke stop. Hulle moes nie tyd mors nie en hul bagasie so vinnig moontlik aan boord kry. Met die trein se aankoms het ons op die perron gereed gestaan. Toe die deur oopgaan, het ek my bagasie saam met van die Boesmans s’n ingegooi en ingeklim. Twee het my gevolg, maar toe die trein wegtrek, het hulle skielik uitgespring en by hul makkers agtergebly. Daar sit ek toe op die trein met die helfte van ons bagasie. Deur die venster het ek net gesien hoe die Boesmans in ’n bondel aan mekaar vasklou terwyl hulle die trein grootoog agternastaar.

      Ek was baie bekommerd want ek het geweet die Boesmans het geen benul gehad waarheen om te gaan nie. Ek het ook nagelaat om op ’n nood-RV ooreen te kom waar ons mekaar sou kon ontmoet. Die trein het eers vier stasies verder gestop en ek het op ’n trein terug Germiston toe geklim. Gelukkig kon ek die bagasie by ’n ander soldaat los wat ook op pad was na Pretoria, met die versoek dat hy dit by die stasiepolisie afgee indien ek nie opdaag nie. Terug op Germiston se stasie was daar geen teken van die manne nie. Ek het oral navraag gedoen, maar niemand kon sê waarheen die Boesmans verdwyn het nie.

      Germiston was ’n rangeerstasie van waar treine letterlik na oral aan die Witwatersrand vertrek het en hulle kon dus enige plek wees. Baie mismoedig het ek die volgende trein na Pretoria gehaal. Maar wie wag my toe in later die aand toe die trein op Pretoria se stasie aankom? Die manne het vol bravade op die perron gestaan en al laggende vir my gewaai. Hulle wou net weet hoekom ek so sukkel om in my eie land oor die weg te kom!

      Terug by die eenheid het ons vinnig weer in die gewone roetine ingeval van opleiding, heropleiding en wag vir die volgende operasieorders, waarna jy wegspring met voorbereidings en inoefening vir die taak. Die padkonstruksiebasis op Chetto, sowat 60 km van Omega, was ideaal vir talle van ons inoefeninge, want dit was soos ’n werklike teiken in ’n digbeboste gebied.

      Tydens een so ’n inoefening – ’n verkenning op Chetto wat ek en Xivatcha Shekamba sou onderneem – het ek ’n voorval beleef wat my goed laat wakker skrik het. Ons het die basis lank dopgehou en toe besluit om daardie nag te infiltreer deur onder die dubbele heining deur te kruip. Ons wou ’n omgekeerde boot in die middel van die kamp as skuiling gebruik, van waar ons die kampbedrywighede sou dophou en die roetine kon aanteken. Die infiltrasie in die vroeë oggendure het vlot verloop en ons het ons

Скачать книгу