Vers en Vlam. Jeanette Ferreira

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Vers en Vlam - Jeanette Ferreira страница 3

Vers en Vlam - Jeanette Ferreira

Скачать книгу

SAMESTELLERS

      Peter Blum

      (*4 Mei 1925 – †5 Desember 1990)

      PETER BLUM WAS EEN VAN die boeiendste digters wat die Afrikaanse poësie nog opgelewer het. Hy is in 1925 in Wene, Oostenryk, gebore. Sy ouers was van Joodse afkoms en sy huis­taal was Duits. Die gesin het in 1936 na Suid-Afrika verhuis, waar die elfjarige seun in Johan­nesburg en Durban skoolgegaan en Afrikaans vlot aangeleer het. Daarna studeer hy aan die Universiteit Stellenbosch, maar voltooi nie sy graad nie. Eers in 1954 gaan hy terug na Stellenbosch, waar hy in 1955 die BA-graad in tale met lof behaal. Hy was baie intelligent en het wyd gelees in verskeie tale. Met sy kennis van die groot werke in ander tale, was hy baie krities oor die Afrikaanse literatuur van sy tyd en tog het hy self Afrikaanse gedigte begin skryf en in tydskrifte gepubliseer. In 1955 verskyn sy verrassende debuut, Steenbok tot Poolsee. Die bundel is met groot lof ontvang, veral omdat hy die Afrikaanse taal so ongewoon kreatief gebruik het. Maar daar was ook ’n groep konserwatiewe skrywers en akademici wat morele en politieke besware teen die bundel gehad het. Dié houding van Afrikaanse kenners het Blum se antagonisme teen die konserwatiewe figure van sy tyd versterk, en toe daar teen sy tweede bundel, Enklaves van die lig, nog meer besware was, het hy al hoe meer na ’n uitgeworpene gevoel. Toe sy tweede bundel in 1958 verskyn, was Blum al ontnugter met die Afrikaanse establishment. Boonop het die NP-regering van dié tyd jare lank gesloer om Suid-Afrikaanse burgerskap aan hom toe te ken en in 1960 het hy daarvan afgesien en die land sonder meer met sy Afrikaanse vrou, Hetta, verlaat om hulle in Londen te gaan vestig. Daar het hy dertig jaar lank in volkome isolasie van die Afrikaanse letterkunde gewoon tot met sy dood in 1990.

      Pre-lees

      Monumente en standbeelde word opgerig om die geskiedenis te herdenk en mense wat ’n belangrike rol gespeel het te vereer. Ongelukkig deel almal nie altyd die sentimente wat deur dié huldiging uitgebeeld word nie. Almal het ook nie dieselfde verering vir bepaalde persone nie. Soos die lewe voortgaan, verloor sommige figure hulle belangrikheid en daarmee saam ook beelde van hulle, of is net nie meer rele­vant nie.

      “Oor monnemente gepraat” in konteks: Die gedig kom uit die bundel Steenbok tot Poolsee wat in 1955 verskyn het. Die digter lewer sosiale kritiek op die hoër stand. In hierdie gedig uit ’n reeks “Kaapse sonnette” is die sprekers bruin mense en praat hulle Kaapse Afrikaans. Die spreker stel die kunstige teenoor die kunsmatige. Die gedig weerspieël die ervaringswêreld van die spreker. Aangesien die monumente en standbeelde die geskiedenis van ’n volk moet weerspieël, vertel elke standbeeld sy eie storie. Cecil John Rhodes en koningin Victoria verteenwoordig die kolonialisme en die rol van die Engelse oorheersing oor ’n groot deel van die wêreld. Daar is gesê dat die son nooit oor die Britse koninkryk sak nie – want dwarsoor die wêreld was daar Engelse kolonies. Cecil John Rhodes se ideaal was ’n spoorlyn van die Kaap tot in Kaïro – alles op Engelse grondgebied.

      Lees

      Oor monnemente gepraat

      1.Wat spog jul so met julle monnement?

      2.Hy’s groot ma’ lielak, en hy staan so kaal

      3.da’ op sy koppie. Wie’t vir hom betaal –

      4.al daai graniet en marmer en sement?

      5.O ja, hy’s groter as ’n sirkustent –

      6.ma’waa’s die pêd, die mooi nooi innie saal?

      7.die lekka clowns, die leeus in hul kraal?

      8.Nei, daa’s g’n spôts nie vir jou Kaapse kjend!

      9.Hier het ons stetjoes, elkeen soos ’n mens:

      10.ou Afduim-Murray, Hofmeyr met sy pens;

      11.hier’s Jan van Riebeeck, bakgat aangetrek

      12.in sy plus-fours; Cecil Rhodes wat jou wys

      13.wa’ die reisiesbaan lê; en vorie Paalmint-hys

      14.ou Mies Victôria met ha’ klein spanspek.

      WOORDVERKLARINGS

      bakgat: netjies, spoggerig / Eng.: neatly, smartly

      graniet: korrelrige klip / Eng.: granite

      kjend: kind / Eng.: child

      lekka: lekker, aangenaam / Eng.: enjoyable

      lielak: lelik / Eng.: ugly

      marmer: kalkgesteente met fyn korrels / Eng.: marble

      monnement: monument / Eng.: monument

      Paalmint-hys: Parlementshuis / Eng.: House of Parliament

      pêd: perd / Eng.: horse

      plus-fours: pofbroek, kniebroek / Eng.: plus-fours

      spôts: pret / Eng.: fun, sports

      stetjoes: standbeelde / Eng.: statues

      Pitkos: Die gedig is ’n sonnet waarin die voorkeur en afkeer van die monumente/standbeelde visueel met behulp van die strofe­­­bou en die rym aangetoon word. Die pittige manier waar­op die spreker, in Kaapse Afrikaans, die vergelykings tref en die standbeelde beskryf, sorg vir ironie en humor in die gedig. Op ’n skyn­baar onskuldige manier en beskrywing word die spot hier­mee gedryf. Die spreker sê hiermee die Voortrekkermonu­ment kan nie vergelyk met die Kaapse monumente wat almal soos mense lyk nie. Wat hy eintlik wil sê, is dat die Voortrekkermonument so duur is en nie eens ’n herkenbare mens verteenwoordig nie.

      LEERFOKUS

      humor

      ironie

      Kaapse Afrikaans

      Italiaanse sonnet

      teenstelling

      Post-lees

      Kontekstuele vrae

      1.Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter (a-c) neer. In die eerste strofe word daar verwys na die … monument.

      a.Cecil John Rhodes-monument

      b.Andrew Murray-monument

      c.Voortrekkermonument

      2.Waarom, dink jy, verkies die spreker die Kaapse standbeelde bo die monument?

      3.Maak ’n lys van die Kaapse standbeelde wat hier genoem word.

      4.Watter soort sonnet is hierdie gedig? Gee drie redes vir jou antwoord.

      5.Dink jy die spreker verkies die Kaapse monumente omdat hy onder die indruk van die historiese waarde daarvan is? Motiveer jou antwoord.

      Vir jou joernaal en/of in die klas

      Debatteer oor die volgende stelling in die klas en kom tot ’n gevolgtrekking: Monu­mente en standbeelde is geldverkwisting. In ’n land waar daar soveel armoede is, kan die geld wat sodanig bestee word, baie beter aangewend word.

      Boerneef

      (*11

Скачать книгу