Vers en Vlam. Jeanette Ferreira

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Vers en Vlam - Jeanette Ferreira страница 6

Vers en Vlam - Jeanette Ferreira

Скачать книгу

’n haikoe oor enige onderwerp. Probeer soveel as moontlik van die haikoe se eienskappe inwerk.

      Pre-lees

      ’n “Droë weer” is ’n term vir weersomstandighede waarin al die tekens van reën daar is, onder meer weerlig, maar dit kom uiteindelik nie tot reën nie.

      “droë weerligstraal” in konteks: Die vers vertel in uiters spaarsamige woord­gebruik van ’n weerligstraal wat nie die verwagte reën bring nie. Dus sal die droogte voortduur.

      Lees

      droë weerligstraal

      1.droë weerligstraal

      2.die verrimpelde vel van

      3.’n rivierbedding

      WOORDVERKLARINGS

      rivierbedding: die sandstrook waaroor ’n rivier loop / Eng.: river bed

      Pitkos: Die gedig voldoen aan die basiese vereistes van die hai­koe. Wat bou betref, bestaan dit uit drie versreëls. Die tema hou verband met iets uit die natuur, naamlik ’n weerligstraal. Wanneer die weerligstraal flits, verlig dit die rivierbedding wat ook droog is. Die bedding en die droogheid van ’n vel staan in direkte teenstelling tot mekaar. Let op hoe die “v” in versreëls 2 en 3 die onheilspellende klank van ’n weerligstraal naboots net voor dit begin kraak.

      LEERFOKUS

      alliterasie

      beelding

      haikoe

      klanknabootsing

      natuurgedig

      teenstelling

      Post-lees

      Kontekstuele vrae

      1.Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter (a-c) neer. Die beeld “verrimpelde vel van / ’n rivierbedding” is ’n voorbeeld van:

      a.’n hiperbool

      b.’n metafoor

      c.’n teenstelling

      2.Beskryf die beeld in versreëls 2–3.

      3.Watter klank oorheers die alliterasie?

      4.Wat is die funksie van die oorheersende alliterasie?

      5.Beskou jy die haikoe as ’n groot uitdaging en waarom?

      Vir jou joernaal en/of in die klas

      Skryf ’n haikoe oor enige aspek van die natuur en probeer soveel as moontlik van die tradisionele eienskappe daarin vervat.

      T.T. Cloete

      (*31 Mei 1924 – †29 Julie 2015)

      CLOETE IS IN 1924 GEBORE en het ná uitgebreide studie as ’n prominente letterkundige in Afrikaans bekend geraak. Hy het talle belangrike akademiese werke gepubliseer, maar eers op ouderdom ses en vyftig met die verrassende bundel Angelliera sy debuut as digter gemaak. Daarna het hy hom met nog agt digbundels en elf groot pryse as een van die belangrikste digters in Afrikaans gevestig, waaronder die Hertzog-, Ingrid Jonker- en die Rapport-prys. Intussen het hy ook ’n bundel kortverhale en ’n toneelwerk gepubliseer, maar bowenal betreklik laat in sy lewe ’n verbasende taak verrig deur in die loop van sowat tien jaar honderd en vyftig Psalms in die Ou Vertaling vir gebruik in die Afrikaanse susterskerke in eietydse idioom te herdig. Saam met enkele ander digters se weergawes het dié groot werk in 2001 in Liedboek van die kerk die lig gesien. T.T. Cloete se sukses as digter het van die begin af berus op sy unieke ontginning van die taal as ’n soepel en veranderlike instrument. Hy is veral bekend vir sy nuutskeppings in enkele woorde en die vloeiende grepe waarin frases van ’n versreël sonder leestekens oorloop na die volgende gedagte, maar dikwels ook weer na agtertoe gelees kan word. Verder word Cloete se poësie gekenmerk deur ’n enorme leeskennis en ’n uitgebreide belangstelling in die verstommende wondere van God se skepping. Daarby het hy ’n sterk belangstelling in die natuur, menslike gedrag, in die produkte waarmee mense hul en ander mense se bestaan dokumenteer in boeke, briewe, foto’s, skilderye en alles wat die tegnologie deur die eeue gebring het.

      Pre-lees

      Gesels in die klas oor watter soort mens as barbaars beskou word en kyk hoeveel uit­eenlopende menings daaroor bestaan.

      “die barbaar” in konteks: ’n Kenmerk van Cloete se oeuvre is sy knap hantering van die verstegniese aspekte, ingewikkelde sinstruktuur en woordplasing. Een van die bekendste temas in Cloete se werk is die ironiese kyk na die samelewing en die rol van die digter in ’n aanstellerige bestel. In hierdie gedig kritiseer hy gemaksug en materiële barbarisme in die samelewing. Dis ironies dat die moderne samelewing juis groot waarde aan rykdom heg.

      Hierdie gedig verskil van die meeste mense se opvatting oor wat ’n barbaar is. Dit verwys na die ryk en vername mens. Dié soort mens is selfgesentreer en dis vir hom belangrik om van al die simbole van rykdom omring te wees en aansien te geniet en om ’n openbare figuur te wees. Hy neem trouens leiding in die samelewing, maar eintlik is hy ver van die grootste deel van die samelewing verwyder, omdat hy sy geld aanwend vir uiterlike vertoon. Hy het ook nie belang by sake wat van durende belang is soos kultuur, welsyn, etiek, geluk en samesyn en ander ewigheids­waardes nie.

      Dit beteken nie dat alle ryk mense barbare is nie. Daar is rykes wat baie vir liefdadigheid en ander sake in openbare belang doen. Vir sulke mense is dit egter nie belangrik om geprys te word en aansien te geniet nie.

      Lees

      die barbaar

      1.die barbaar is onherkenbaar

      2.hy sit soggens agter sy netjiese lessenaar

      3.en lees koerante van voor tot agter

      4.hy kyk deur ’n bril met getinte donker glase

      5.sy foto’s verskyn daagliks in die pers

      6.op die tv se nuusbulletins lei hy optogte

      7.waar die skare na sy pype dans

      8.mens hoor sy stem gereeld oor die radio

      9.hy reis internasionaal ekonomiese klas

      10.met albei sy vet hande groet hy

      11.en glimlag met ’n geoefende gesig

      12.hy borsel gereeld sy geel tande

      13.en sproei poleigeur in sy toilet

      14.stort met geurige jel en aramisseep

      15.hy skeer sy skedel kaal en blink

      16.dit laat hom jonk en macho lyk

      17.’n vetgordel wiel om sy heupe

      18.hy het ’n stywe bankrekening

      19.’n makelaar en aandele op die jse

      20.hy

Скачать книгу