Vers en Vlam. Jeanette Ferreira

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Vers en Vlam - Jeanette Ferreira страница 10

Vers en Vlam - Jeanette Ferreira

Скачать книгу

’n reisiger beskou?

      2.Watter onmoontlikheid kom in die gedig voor?

      3.Hoe bind die gedig die plek waar die doek vandaan kom en die artikel wat daarvandaan kom deur klank?

      4.Hoe wyk hierdie gedig van die tradisionele kwatrynvorm af?

      5.Gee jou opinie omtrent die gebruik van hoofletters waar spelreëls dit nie vereis nie.

      Vir jou joernaal en/of in die klas

      Skryf ’n paragraaf aan iemand vir wie jy omgee om te verduidelik hoekom jy enige artikel van jou keuse uit jou kultuur vir hom/haar as geskenk stuur.

      Koos du Plessis

      (*10 Mei 1945 – †14 Januarie 1984)

      DU PLESSIS HET AAN DIE OOS-RAND in Gauteng grootgeword en later sy opleiding as onderwyser in Pretoria voltooi. Hy was as joernalis aan verskeie koerante verbonde. Dit was egter sy talent vir musiek en sang wat hom binne enkele jare as liedskrywer en “late troebadoer”, soos Hennie Aucamp dit stel, as sanger en komponis van formaat in die Afrikaanse musiekwêreld gevestig het. Sy unieke “Kinders van die wind” (wat deur Laurika Rauch se opname klassieke status behaal het) het ’n SARI-toekenning vir liedjie van die jaar ontvang. Ook met latere ballades soos “Sprokie vir ’n stadskind” en “Skielik is jy vry” het Koos du Plessis ’n bekende naam in die lys van liedskrywers en sangers van hoë gehalte geword. Sy lirieke is uitstekend versorg, en saam met dié van enkele ander sangers soos Amanda Strydom, Randall Wicomb, David Kramer en Coenie de Villiers, kan dit son­der meer ook as poësie gelees word. Sy lirieke is in vier bundels gepubliseer. Koos du Plessis is op nege en dertig in ’n motorongeluk oorlede nadat hy slegs drie albums uitgereik het. Ná sy dood is nog ’n album uitgereik met nuwe liedjies wat reeds opgeneem was. Asof hy bestem was vir ’n kort lewe, spreek sy lirieke en musiek byna deurgaans van verlange en verlies. Baie het gebeur sedert Koos du Plessis se dood, maar dat hy ’n feno­menale impak op die ontwikkeling van Afrikaanse musiek gehad het, is moeilik om te betwis.

      Pre-lees

      Gesels in die klas oor waar jy jouself oor tien jaar sien. Sal jy baie ongelukkig wees as jy nie daardie mikpunt bereik nie of sal jy kan aanvaar ons lewe verloop nie altyd soos ons dit in die vooruitsig stel nie?

      “Kinders van die wind” in konteks: Mens kan baie dinge in Du Plessis se musiek lees, juis omdat dit sulke universeel menslike temas aanroer. In hierdie liriek wat ook as gedig waardeer word, skryf hy oor mense wat nie rigting in die lewe kan vind nie en voortdurend swerf. Die slotsom is egter dat selfs mense wat sterk rigtinggedrewe is, maar soekers bly omdat niemand sy of haar lewensloop in alle opsigte kan bepaal nie en alle mense feilbaar is. ’n Verlies, herinnering en droewe sinisme voer die botoon. Selfs herinneringe bly vaag.

      Lees

      Kinders van die wind

      1.Ek ken ’n ou, ou liedjie

      2.van lewenswel en -wee;

      3.van lank vergane skepe in

      4.die kelders van die see.

      5.Die woorde is vergete

      6.en tog, die deuntjie draal –

      7.soos vaag onthoude grepies uit

      8.’n baie ou verhaal …

      9.Van swerwers sonder rigting;

      10.van soekers wat nooit vind …

      11.En eindelik was almal maar

      12.kinders van die wind.

      13.Gesigte, drome, name

      14.is deur die wind verwaai;

      15.en waarheen ál die woorde is,

      16.sou net ’n kind wou raai.

      17.Swerwers sonder rigting;

      18.soekers wat nooit vind …

      19.En eindelik was almal maar

      20.kinders van die wind.

      WOORDVERKLARINGS

      deuntjie: wysie; melodie / Eng.: melody

      draal: sloerend of stadig beweeg / Eng.: linger, move slowly

      grepies: stukkies uit ’n verhaal / Eng.: extracts, pieces of a story

      lewenswel en -wee: die mooi en die slegte kant van die lewe / Eng.: the good and bad side of life

      onthoude (neologisme): iets wat onthou word / Eng.: remembered

      vergane: wat vergaan het of tot niet is / Eng.: perished, wrecked

      Pitkos: Musikaliteit word bevorder deur ’n vaste aantal lettergrepe in sekere ver­s­reëls. Hoewel ’n vaste rympatroon ontbreek, is daar eenvormige strofebou. Assonansie en alliterasie versterk die musikaliteit. Her­haling en ’n refrein verhoog die musikaliteit. Verskeie metafore wat aan dieselfde gedagte uitdrukking gee, bind die vers. Die ellips word strategies aangewend om te kenne te gee dat daar soveel meer te sê is as wat die gedig kan noem. Omdat alle mense – in mindere of meerdere mate – die swerwerseienskappe in die gedig vertoon, kan almal dus as “kinders van die wind”, dus swerwers, beskou word.

      LEERFOKUS

      ellips

      lettergrepe

      metafoor

      musikaliteit

      refrein

      stemming

      Post-lees

      Kontekstuele vrae

      1.In watter strofes kom die refrein voor?

      2.Som die inhoud van strofes 1 en 2 in een sin op.

      3.Watter verband is daar tussen die versreëls wat met ellipse eindig en wat is die funksie daarvan?

      4.Verduidelik die metafoor in strofes 2 en 4.

      5.Wat beskou jy as die oorheersende stemming in die gedig?

      Vir jou joernaal en/of in die klas

      Skryf ’n liriek met ’n vaste aantal lettergrepe in elke versreël wat handel oor die wind en die mens.

      Elisabeth Eybers

      (*26 Februarie 1915 – †1 Desember 2007)

      EYBERS IS OP KLERKSDORP GEBORE. Sy het grootgeword en skoolgegaan op Schweizer-­Reneke, waar haar pa predikant was. Op veertienjarige ouderdom begin sy reeds poësie skryf, aanvanklik in Engels. Sy was net sestien jaar oud toe sy aan die Normaalkollege en Universiteit van die Witwatersrand begin studeer het, waar sy haar BA- en honneursgraad met lof verwerf. Daarna was sy lid van Die Vaderland se kunsredaksie en redakteur van die tydskrif Die moderne vrou. Haar debuut getitel Belydenis in

Скачать книгу