Vers en Vlam. Jeanette Ferreira

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Vers en Vlam - Jeanette Ferreira страница 9

Vers en Vlam - Jeanette Ferreira

Скачать книгу

want

      13.die plek voel asof dit sommerso oopstaan

      14.omdat die snaar gebreek is vir my

      15. daarom

      16.voel die plek vir my vreemd

      17. as gevolg daarvan

      WOORDVERKLARINGS

      snaar: gespande, lynvormige voorwerp wat vibreer wanneer dit aangeraak word, gebruik in musiekinstrumente en om pyle met ’n boog te skiet / Eng.: tightly stretched string that vibrates when touched; used for musical purposes as well as for hunting with a bow and arrow

      sommerso: sonder omhaal / Eng.: carelessly

      trillende: vibrerende / Eng.: vibrating

      Pitkos: Deur herhaling van verskillende woorde wat rede­voering aanvoor of afsluit, probeer die spreker sy verlatenheid verwoord. Ook die herhaling van ’n frase in ’n vers sonder ander vorme van herhaling wat ritme kan bewerkstellig, is opvallend. Dit ontbreek die vers aan hoofletters of leestekens, met uitsondering van die punt in versreël 7. Alliterasie en assonansie kom egter ruimskoots voor. Verskeie versreëls is ingekeep. Die spreker se agtergrond is dié van ’n jagter-versamelaar en dit is dus paslik dat die gedig nie van hoogdrawende taal gebruik maak nie, maar in roerende eenvoud sy boodskap oordra.

      LEERFOKUS

      assonansie

      herhaling

      letterlik- en figuurlik- heid

      uitheffing

      Post-lees

      Kontekstuele vrae

      1.Kies die korrekte antwoord en skryf die vraagnommer en die letter neer. Wat het met die jagter se boogsnaar gebeur?

      a.Mense het dit gebreek.

      b.Hy het dit verloor.

      c.Niks het daarmee gebeur nie.

      2.a.Uit watter versreël kan die leser aflei dit is vir die spreker om ’t ewe of hy in die buitewêreld of die gevangenis is?

      b.Hoekom voel dit vir hom so?

      3.Watter woord dui daarop dat die jagter se boogsnaar ook die funksie van ’n musieksnaar kan vervul?

      4.Uit watter frase kan afgelei word die spreker is daarvan bewus dat “die plek” nie vir ander mense anders voel nie en hoe word dit beklemtoon?

      5.Hoe beïnvloed hierdie gedig jou siening van gevangen­skap?

      Vir jou joernaal en/of in die klas

      Skryf ’n paragraaf waarin jy ’n tyd in jou lewe beskryf waarin jy baie verlate gevoel het.

      I.D. du Plessis

      (*25 Junie 1900 – †11 Desember 1981)

      HY IS IN PHILIPSTOWN GEBORE en het in Steynsburg en Kaapstad grootgeword, waarvan laasgenoemde die digter se tuiste geword het. Du Plessis het die grade BA, MA, BEd en DPhil behaal, laasgenoemde vir sy proefskrif oor die bydrae van die Kaapse Maleier tot die Afrikaanse volkslied. Sy intense belangstelling in die Maleier-kultuur sou later ook in sy digkuns vorm aanneem en hy het die Maleier-musiek op verskeie gebiede bevorder. Hy het hom ook aktief beywer vir die behoud van die Maleier-woonbuurt in die Bo-Kaap. Vir ’n rukkie was hy ’n joernalis, maar het hom weer na die akademie begewe en is as dosent in tale aan die Universiteit van Kaapstad aangestel. Later was hy die eerste kanselier van die Universiteit van Wes-Kaapland. Du Plessis was bekend vir sy jeugboeke, kortverhale en sy digbundels. Onder toekennings wat hom te beurt geval het, tel die volgende: Scheepers-­prys vir jeuglektuur en Hertzog-prys vir poësie. Meer as 70 digbundels, kortverhale en romans het uit sy pen verskyn.

      Pre-lees

      Bespreek in groepe:

      •Het iemand al ooit vir jou ’n geskenk uit ’n ander land saamgebring?

      •Het jy daarvan gehou of nie en waarom?

      •Waarom bring iemand gewoonlik vir jou ’n geskenk saam wanneer hulle na ’n ander plek reis?

      Die gedig in konteks: Djokjakarta (ook Yogyakarta) is ’n stad in Indonesië (Java). By die volgende webwerf kan jy na ’n kaart van die stad se ligging kyk, asook foto’s daarvan: https://www.google.co.za/maps/place/Jogjakarta/@-7.8032504,110.3748449,-13z/data=!3m1!4b1!4m2!3m1!1s0x2e7a5787bd5b6bc5:0x21723fd4d3684f71?hl=af.

      Batik is ’n kunshandwerkvorm waarvolgens materiaal gekleur word met kleursel en was. Tradisionele batik kom oorspronklik van Djokjakarta en Surakarta. Pers, donkerbruin en wit is meestal gebruik. Sekere patrone word net deur die adel gedra.

      Lees

      Djokjakarta

      1.In Djokjakarta, waar die silwersmede

      2.Geduldig hamer op die wit metaal,

      3.Het ek vir jou – ’n duisend jaar gelede? –

      4.Dié bontgeblomde batikdoek gaan haal.

      WOORDVERKLARINGS

      bontgeblomde: kleurvolle blompatrone / Eng.: multicoloured floral pattern

      doek: stuk materiaal wat jy om jou lyf kan bind of oor ’n tafel gooi / Eng.: cloth

      geduldig: sonder om ongeduldig te word / Eng.: patiently

      hamer (ww.): om met ’n hamer te slaan / Eng.: hammer

      metaal: delfstof wat deur bewerking van vorm kan verander / Eng.: mineral of which the shape can be changed by beating it

      silwersmede: vaklui wat met silwer werk / Eng.: silversmiths

      Pitkos: ’n Kwatryn kan as deel van ’n langer reeks gedigte of as onafhanklike gedig gelees word. Hoewel hierdie kwatryn deel van ’n reeks gedigte is, kan dit ook as ’n onafhanklike gedig gelees en voldoende verstaan word. Tradisioneel was die kwatryn se rymskema aaba.

      Die tradisionele kwatryn vertoon ’n wending in die derde versreël. Hier verander die gedig van ’n algemene vertelling na ’n direkte vraag aan iemand wat vir die spreker spesiaal is, want hy het vir dié mens ’n doek gaan haal. Let wel, hy het nie die doek as ’n aandenking saamgebring nie, maar spesiaal “gaan haal”.

      LEERFOKUS

      alliterasie

      assonansie

      atmosfeer

      hoofletters

      kwatryn

      lettergrepe

      ritme

      rym

      Post-lees

      Kontekstuele vrae

      1.Waarom

Скачать книгу