Vers en Vlam. Jeanette Ferreira

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Vers en Vlam - Jeanette Ferreira страница 8

Vers en Vlam - Jeanette Ferreira

Скачать книгу

is uitbundig, lig spottend en dikwels ironies. Verhoudings kom aan bod en emosies wat daarmee gepaardgaan soos haat en jaloesie. Dit speur die komiese in verhoudings na.

      Lees

      ’n Vrou van die dorp Clocolan

      1.’n Vrou van die dorp Clocolan

      2.Was verlief op die man in die maan.

      3. Sy’t ’n hart vol van hoop

      4. En ’n ou teleskoop –

      5.En sy sug nou so ver as sy gaan.

      WOORDVERKLARINGS

      die man in die maan: denkbeeldige persoon of niemand / Eng.: fictitious person or nobody

      Pitkos: Dit is ’n goeie voorbeeld van die lighartigheid en selfs die klug wat hierdie digsoort kenmerk. Hoewel selfs ’n uiters moderne teleskoop haar nie ’n kykie op die man in die maan sou kon gee nie, het sy boonop ’n ou teleskoop en niks sal dus van haar hoop kom nie.

      LEERFOKUS

      alliterasie

      ironie

      limeriek

      rym

      Post-lees

      Kontekstuele vrae

      1.Waar woon die vrou in die gedig? Kies die regte antwoord:

      a.Op die maan

      b.Op Clocolan

      c.Op die aarde

      2.Watter ironie kom in versreëls 3 en 4 voor?

      3.Waarom sug die vrou?

      4.Waarmee, dink jy, spot hierdie limeriek?

      5.Bespreek jou reaksie op die gediggie.

      Vir jou joernaal en/of in die klas

      Skryf nou self ’n limeriek. Miskien kan jy dit opdra aan iemand wat jy ken.

      Antjie Krog

      (*23 Oktober 1952)

      KROG IS IN KROONSTAD GEBORE. In dié distrik word sy groot op die plaas Middenspruit en matrikuleer aan die Hoërskool Kroonstad. Sy behaal ’n BAHons aan die Vrystaatse Universiteit en ’n meestersgraad aan die Universiteit van Pretoria. Met die verskyning van haar debuutbundel in 1970, Dogter van Jefta, het sy opslae gemaak, nie net omdat sy toe nog op skool en agtien jaar oud was nie, maar omdat haar poësie so sterk vertoon het. In die liriese klank- en beeldende aard van dié gedigte was daar wel nog spore van Ingrid Jonker se poësie, maar dit was ook duidelik dat ’n individu hier gehoor wil word. In een ná die ander bundel wat Krog daarna gepubliseer het, het haar kenmerkende stem in ’n al hoe groter register van temas en vorme gegroei tot by die komplekse, histories gebaseerde bundel Lady Anne van 1989. Daarna was dit bowenal die indrukwekkende bundels Kleur kom nooit alleen nie (2000) en Verweerskrif (2006) wat haar as een van die groot digters in Afrikaans gevestig het. Maar sy is nie net ’n digter nie, en as aktivis en later joernalis wat regstreeks te doen gehad het met die problematiese politieke ge­beure in Suid-Afrika tot en met die historiese verkiesing van 1994, asook in die dekade daarna, het sy met twee prosawerke, Country of my skull (1998) en ’n Ander tongval / A change of tongue (2003), ook in die buiteland aansien verwerf. Sy het ook ’n aantal bundels kinderverse gepubliseer en twee bundels met gedigte van die inheemse taalgroepe vertaal en saamgestel. Die eerste een is ’n uitgebreide versameling van gedigte en tradisionele liedere van al nege Afrika-taalgroepe en verskyn in 2002 onder die titel Met woorde soos met kerse. Die tweede versameling verskyn in 2004 onder die titel die sterre sê ‘tsau’ en bevat verwerkings en/of vertalings van gedigte deur ’n aantal San-digters wat in die vorm van Engelse prosa bewaar gebly het. Met dié twee boeke het Krog ’n besondere bydrae tot die bewaring van die inheemse erfenis in Suid-Afrika gelewer. Nasionaal en internasionaal is twee eredoktorsgrade aan haar toegeken en sy was ook Buitengewone Professor aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy is nasionaal en internasionaal met verskeie literêre pryse vereer.

      Diä!kwain (voor 1873 – † nie bekend nie): Hierdie digter se plek van geboorte en dood is nie bekend nie. Diä!kwain se geboorte- en sterfdatum is ook onbekend. Sy Afrikaanse noemnaam was Dawid Hoesaar. Hy was ’n San wat iewers voor 1873 in die Kenhardt-­distrik in hegtenis geneem is nadat hy ’n boer doodgeskiet het wat hom gevolg het ná veediefstal en gedreig het om Diä!kwain se hele familie dood te skiet. Terwyl hy in die Breekwater-gevangenis in Kaapstad aangehou is, is hy as werker beskikbaar gestel aan die Duitse taalgeleerde doktor Wilhelm Bleek. Met Diä!kwain en sy mede-San-gevangenes se hulp het Bleek die San-taal en -kultuur opgeteken deur die San se vertellings foneties te transkribeer en in Engels te vertaal. Antjie Krog het die poësie in hierdie geskrifte raakgesien en dit in Afrikaans omgedig. Soms het sy vertaal en glad nie gewysig nie, maar soms verstegniek gebruik om die betekenis daarvan te versterk. Sy merk op dat die Engels waaruit sy dit vertaal het, dikwels opsigtelik letterlike Engelse vertalings van Afrikaanse frases is. Die meeste San kon teen die middel van die negentiende eeu reeds Afrikaans praat, vandaar die Afrikaanse spoor wat so opmerklik was in die opgetekende Engels.

      Pre-lees

      Gevangenskap is onvermydelik in ’n gemeenskap waarin misdaad gestraf moet word. Tog kan mens nie onverskillig staan teenoor die droefheid en eensaamheid wat mense in gevangenskap ervaar nie. In die tradisionele San/Boesman-kultuur was gevangenskap as straf ’n vreemde konsep, dus moes dit vir ’n gevangene uit hierdie kultuur des te moeiliker gewees het.

      “die gebreekte snaar” in konteks: Die San/Boesman-kultuur het grootliks uitgesterf, so ook die taal. Daar was ’n paar variante en dit was tradisioneel ’n skrif­lose taal tot Bleek dit opgeteken het, waarna ortografie gevolg het. Antjie Krog se omdigting van Bleek se optekeninge is die enigste vorm van hierdie taal wat in Afrikaans behoue is en daar is dus twee digters van die volgende gedig, naamlik Krog en Diä!kwain, omdat die gedagte Diä!kwain s’n was en die Afrikaanse bewoording en digterlike vormgewing Krog s’n.

      In hierdie gedig weeklaag die spreker oor sy lot. Omdat dit tydens sy gevangenskap verwoord is, kan ons met redelike sekerheid aanneem dit is sy lot as gevangene wat hy bekla. Dit is egter ook universeel van toepassing op enigeen wat voel dat hy of sy van ander mense en die lewe daarbuite vervreemd is. Die snaar as fisieke voorwerp, sowel as die simboliese snaar van die hart, het dus gebreek en die spreker kan glad nie meer sin maak van die wêreld nie, dit is vir hom ’n vreemde plek.

      Lees

      die gebreekte snaar

      1. mense was dit

      2.wat die snaar vir my gebreek het

      3. daarom

      4.het die plek vir my só geword

      5. as gevolg daarvan

      6.omdat hulle die snaar gebreek het

      7.en ek die trillende geluid deur die lug nie meer kan hoor

       nie.

      8. daarom

      9.voel die plek nie meer vir my

      10.soos die plek eens vir my gevoel het nie

      11.

Скачать книгу