Vers en Vlam. Jeanette Ferreira

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Vers en Vlam - Jeanette Ferreira страница 7

Vers en Vlam - Jeanette Ferreira

Скачать книгу

van die morele higiëne van die volk

      22.hy ry bmw’s en mercedes benze

      23.met chauffeurs en drie lyfwagte

      24.hy gaan onbevrees oral ongewapen

      25.die barbaar woon in ’n dubbelverdiepinghuis

      26.met ’n mooi tuin vol struike kleurryke sambrele

      27.en wit tuinstoele en -tafels staan daar rond

      28.waar hy selde in sy min vrye tyd gaan sit

      29.saterdagmiddae slaap hy en sondae

      30.speel hy soggens gholf met sy baie vriende

      31.smiddae tennis op bane in sy agterplaas

      32.hy kyk krieket maar nie sokker nie

      33.hy drink rooiwyn en eet pekanneute

      34.met sy vooraanstaande vriende en vriendinne

      35.hy het rakke vol cd’s van al die idols en ikone

      36.hy hou bediendes in uniforms aan

      37.en het ’n uitstekende kok en butler

      38.hy het ’n selfoon en ’n kanarie

      39.en ’n siamese kat en ’n engelse fox terrier

      40.vet en blink betaal hy inkomstebelasting

      41.dorpe en stede strate en pleine groot damme

      42.en skole is na hom vernoem die barbaar

      43.is onherkenbaar

      WOORDVERKLARINGS

      aandele: beleggings in maatskappye / Eng.: shares in companies

      agterplaas: oop ruimte agter die huis / Eng.: backyard

      butler: hoofbediende / Eng.: chief servant, butler

      chauffeurs: motorbestuurders / Eng.: chauffeurs

      getinte: donker gekleurde / Eng.: tinted

      Idols: wenners van sangkompetisies / Eng.: winners in singing competitions

      ikone: helde / Eng.: heroes

      JSE: Johannesburgse Effektebeurs / Eng.: Johannesburg Stock Exchange

      kok: persoon opgelei om te kook / Eng.: trained cook

      macho: manlik / Eng.: macho

      makelaar: iemand wat beleggings soos aan- dele koop en verkoop / Eng.: person who buys and sells shares

      morele higiëne - rein gewete / Eng.: clean conscience

      na iemand se pype dans: alles doen wat iemand sê / Eng.: dance to another’s tune

      nuusbulletins: nuus op radio en TV / Eng.: news on radio and TV

      onbevrees: nie bang nie / Eng.: unafraid

      optogte: mense wat in ’n groep loop om te protesteer / Eng.: protest marches

      pers: die media: koerante, TV, radio / Eng.: media: newspapers, TV, radio

      poleigeur: parfuum berei van die plant met mentgeur / Eng.: perfume prepared from plant with mint fragrance

      skedel: menslike kopbeen / Eng.: human skull

      stort: was onder lopende water / Eng.: shower

      vooraanstaande: uitgelese, belangrike / Eng.: distinguished, upper-class

      Pitkos: Eiewaan, geldmag en ander vergrype kom in hierdie gedig onder skoot. Die barbaar is eintlik bekende mense in die samelewing. Hulle praat gereeld op radio en TV en hul foto’s pryk in koerante. Die barbaar doen al die regte dinge wat hom as gesiene mens moet vestig. Individualiteit is maar ’n skaars eienskap van hierdie persoon wat hom met al die bekende statussimbole omring. Só word die tradisionele woordeboekbetekenis van “barbaar” heel verras­send omgekeer. Die gedig is ’n uitstekende voorbeeld van ironie omdat die hoogste vorm van sosiale aanvaarding soos dit in die gedig uiteengesit is, juis van die hoofkarakter ’n barbaar maak omdat hy geen kulturele agtergrond het nie.

      LEERFOKUS

      alliterasie

      assonansie

      leestekens

      lettergrepe

      ritme

      teenstelling

      vrye vers

      Post-lees

      Kontekstuele vrae

      1.Noem twee dinge in versreëls 2, 3 en 9 wat daarop dui dat die barbaar ook goeie dinge doen ter wille van die openbare mening.

      2.Waaruit kan afgelei word dat die barbaar ’n bekende figuur is?

      3.Watter versreël wys ’n voorbeeld van ’n teenstelling aan? Skryf die frase oor.

      4.Wat bereik die digter deur geen hoofletters of ander leestekens te gebruik nie?

      5.Hoe beïnvloed hierdie gedig jou siening van bekende mense?

      Vir jou joernaal en/of in die klas

      Skryf vir ’n koerant se sosiale blad ’n onderskrif van 150 woorde by die foto van ’n bekende figuur waarin dié se voorkoms en optrede beskryf word.

      Philip de Vos

      (*16 Junie 1939)

      DE VOS IS IN BLOEMFONTEIN GEBORE. Hy was vroeër ’n taalonderwyser en is veral bekend vir sy spitsvondige limerieke. Dié veelsydige digter is ook ’n fotograaf en sanger en het in meer as 60 operarolle vir verskillende kunsterade gesing. Hy sing ook sy geestige verse by verskeie kunstefeeste. De Vos het 22 bundels op sy kerfstok, sowel as 33 vertalings van rymverse en ander fiksie. Hy is bekroon met die Eugène Marais-prys (1989), ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R-prys (1996), Mondiprys (1996) vir die strokies in De Kat, Alba Bouwer-prys (1998) en IBBY internasionale toekenning (2004).

      Pre-lees

      Mens ontmoet ander mense wat om die een of ander rede ’n blywende indruk op jou maak. Dikwels oor die dinge wat hulle doen en wat vir jou verspot voorkom. Dit kan ook dié dinge wees waarin jy jou nooit sou begewe of jou tyd mee sou mors nie.

      “’n Vrou van die dorp Clocolan” in konteks: In Ierland is ’n dorp met die naam Limerick. Maar ’n limeriek is ook ’n digvorm met ’n vaste formele struktuur van Engelse oorsprong. Dis ’n vyfreëlige gediggie met ’n vaste rympatroon: aabba. Die eerste, tweede en die vyfde versreëls is langer as die derde en vierde versreëls. In die langer versreëls is gewoonlik drie en in die korteres twee betoonde lettergrepe. Die eerste

Скачать книгу