Die A tot Z van Klassieke Musiek. Koos Human

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die A tot Z van Klassieke Musiek - Koos Human страница 13

Автор:
Серия:
Издательство:
Die A tot Z van Klassieke Musiek - Koos Human

Скачать книгу

motto wat telkens gehoor word. Die uiterste akkoordspronge wys vooruit na die laaste sonates. II. L’absence: Andante espressivo Hierdie kort beweging, wat die gedagtes van die komponis tydens die vriend se afwesigheid moet voorstel, is eintlik net ’n uitgebreide inleiding tot III. Le retour: Vivacissimento Met ’n uitbundige akkoord word die vreugde van die weersien gekonstateer. Uitgelate musiek met ’n buitengewone passasie van unisono note waaraan deur gebruik van die pedaal ’n harmoniese effek gegee word.

      Sonate no 27 in E min op 90 (13 min) Die twee bewegings van hierdie sonate, wat al byna tot die derde periode behoort, het Duitse tempo-aanwysings. I. Mit Lebhaftigkeit und durchaus mit Empfindung und Ausdruck (Lewendig en deurgaans innig en uitdrukkingsvol) Die beweging begin met vier kort frases, elk in ’n ander toonaard. Dit is lewendig en geanimeerd. II. Nicht zu geschwind und singbar vorzutragen (Nie te vinnig, en sangerig) As die oorlewering reg is dat hierdie sonate gekomponeer is ter ere van die troue van ’n vriend, dan moet hierdie beweging die innige en idilliese huwelikslewe voorstel – ’n voorteken van Mendelssohn se liriek.

      Sonate no 28 in A op 101 (20 min) Beethoven, nog steeds in sy Duitse bui, gebruik Duitse aanwysings, maar verskaf dié keer ook Italiaanse vertalings. Albei word hier aangegee. Hierdie sonate kan beskou word as die eerste in die derde periode. Die laaste beweging is eintlik die hoogtepunt van die werk. I. Etwas lebhaft, und mit der innigsten Empfindung (Allegretto ma non troppo) Soos ook die laaste kwartette, skep die musiek die indruk van losheid, asof invalle en nie struktuur nie ’n rol speel. Maar die vorm is volmaak, hoewel uiters vry, en die vryhede wat die komponis hom veroorloof met die aanvaarde vorm is byna ongelooflik. Die ver uitmekaar geleë akkoorde met ’n byna hol klank, so tipies van die laaste periode, is duidelik aanwesig. II. Lebhaft, marschmässig (Vivace, alla marcia) Soos die eerste, ook ’n baie kort beweging; soos die tempo-aanduiding dit stel, ’n marsie. III. Langsam und sehnsuchtsvoll (Adagio ma non troppo, ma affetto) ’n Werk van buitengewone skoonheid en aangrypendheid wat oorgaan tot die finale IV. Geschwind, doch nicht zu sehr, und mit Entschlossenheit wat darem werklik onbevredigend bloot as Allegro vertaal word. Dit is ’n stralende deel wat van innerlike geluk en blymoedigheid spreek. ’n Vierstemmige fuga kom binne die beweging voor – een van verskeie fugas wat Beethoven in sy laaste sonates en strykkwartette ingevoer het.

      Sonate no 29 in B-mol op 106 (“Hammerklavier”) (40 min) Veral in sy laaste jare was Beethoven baie gesteld op die gebruik van Duits en Hammerklavier was die woord wat hy vir pianoforte gebruik het. Dit is Beethoven se langste sonate, ’n werk van simfoniese afmetings. I. Allegro Imperieus is die beste woord om die selfversekerde, magtige openingsakkoorde te beskryf waarmee die eerste tema van die eerste beweging die sonate inlei. In teenstelling is die tweede tema meer liries. Albei is kort – weer ’n bewys van hoe Beethoven uit byna elementêre motiewe grootse komposisies (hier met inbegrip van ’n fugato) kon opbou. II. Scherzo: assai vivace Die eerste keer sedert die Sonate no 18 dat ’n scherzo in ’n sonate ingevoer word. Die kort en rustelose beweging is gebou op ’n kort, speelse frase wat op geniale manier in allerlei gedaantes herhaal word. III. Adagio sostenuto Dit is een van die langste stadige bewegings in alle musiek en ’n meesterwerk wat die aangrypendheid van die stadige bewegings in die laaste strykkwartette ewenaar. Dit is so heg gekonstrueer, met so ’n rykdom aan tematiese materiaal, dat dit feitlik onmoontlik is, selfs met musiekvoorbeelde, om die bou van die werk behoorlik te beskryf. IV. Finale: Largo – Allegro risoluto Die inleiding tot die beweging is ’n fantasie waarin die komponis se verbeelding en vindingrykheid vrye teuels het; daar is nie minder as vyf verskillende toonaarde nie! Die Allegro is ’n indrukwekkende driestemmige fuga wat sy plek kan inneem naas die *Grosse Fuge.

      Sonate no 30 in E op 109 (20 min) I. Vivace ma non troppo ’n Fantasieryke beweging met afwisselende tempo. Oënskynlik is dit ’n bykans vormlose werk, maar dit is streng gekonstrueer. Die snellopende vaart word twee maal deur ’n adagio passasie onderbreek. II. Prestissimo Rusteloos, besonder vinnig en in sonatevorm is hierdie beweging byna ’n inleiding tot die slot, wat Beethoven blykbaar in sy laaste sonates die belangrikste deel geag het. III. Andante, molto cantabile ed espressivo Beethoven het hier ook nog die Duitse weergawe van die Italiaanse aanwysings bygeskryf. ’n Tema met ses variasies waarin die komponis byna alle moontlikhede van sy vredige cavatina benut. Hierdie tema is een van die pragtigste in die Beethoven-literatuur, vergelykbaar by die cavatina in die Kwartet opus 130.

      Sonate no 31 in A-mol op 110 (19 min) I. Moderato cantabile, molto espressivo Hierdie oënskynlik eenvoudige, sangerige beweging met speelse arpeggio-lopies naas die liriese hooftema laat mens dink aan iets soos A Midsummer Night’s Dream. II. Allegro molto Soos die vorige sonate, is hierdie kort en snelle middelbeweging basies ’n inleiding tot die groots opgesette slot. Die coda lei tot III. Adagio ma non troppo – Fuga – Allegro ma non troppo Die Adagio is ’n wonderbaarlik eenvoudige Arioso dolente wat ontwikkel tot ’n fuga; dan keer die arioso terug en ná ’n aantal akkoorde, verrassend en bykans ongemerk, weer die fuga in omgekeerde vorm.

      Sonate no 32 in C min op 111 (28 min) Naas die Hammerklavier is dit seker die kroon op die hele reeks. Dit bestaan net uit twee bewegings. I. Maestoso: Allegro con brio ed appassionato Nog een van die weinige gevalle waar Beethoven ’n inleiding tot ’n eerste beweging het: dramatiese akkoorde, gevolg deur ’n marsagtige vinnige deel. II. Arietta: Adagio molto semplice cantabile Die laaste twee woorde in die aanwysing is deurslaggewend – eenvoudig, sangerig. Die koraalagtige melodie word gevolg deur ’n aantal variasies wat nie genommer is nie. Anders as by die normale tema-en-variasie is elkeen nie ’n afsonderlike uitwerking van die tema nie, maar hulle bou in ’n hegte strukturele eenheid op tot ’n klimaks wat weer sangerig verstil in ’n musikale teenhanger van die katarsis in die Griekse tragedie.

      VOKAAL

      Beethoven het grotendeels instrumentale musiek gekomponeer, maar nietemin ’n aansienlike en belangrike skat aan vokale werk nagelaat. Hy het sowat 80 liedere gekomponeer en sowat 150 Ierse, Skotse en Engelse volksliedjies verwerk. Naas die slotbeweging van die *Simfonie no 9 het hy nog ses sekulêre werke vir koor geskryf (o.m. die Koorfantasie vir klavier, solostemme en orkes op 80, ’n voorstudie vir die Finale van Simfonie no 9), asook twee misse en ’n oratorium. Hy het ook een opera nagelaat, *Fidelio.

      Beethoven se liedere het soms orkesbegeleiding en soms Italiaanse woorde, maar die merendeel is in Duits met klavier. Die bekendste Italiaanse lied is In questa tomba oscura (In hierdie donker kelder) en onder die Duitse liedere (met tekste van o.a. Goethe) is Adelaide, Andenken (Herinnering), Die Ehre Gottes (Die eer van God) wat begin met die woorde Die Himmel rühmen (Die hemele roem), Wonne der Wehmut (Vreugde van die weemoed), Zufriedenheit (Tevredenheid), Zärtliche Liebe (Tere liefde) en An die Hoffnung (Aan die hoop). Baie van die liedere is voor Schubert se geboorte gekomponeer en Beethoven se rol as grondlegger van die Duitse Lied is lank misken.

      Hy het ook die eerste volwaardige liedersiklus gekomponeer, An die ferne Geliebte op 98 (Aan die verre geliefde) (15 min), wat boonop ’n aaneengeskakelde geheel is sonder enige pouse tussen die ses liedere, en ’n begin en ’n hoogtepunt in die romantiese sangkuns verteenwoordig. Die liedere (almal strofies behalwe die laaste) handel oor die romantiese liefdesverlange met die tradisionele verwysings na berge (bv. 1. Auf dem Hügel sitz ich spähend – Op die heuweltop sit ek en tuur; 2. Wo die Berge so blau – Waar die blou berge), wolke (bv. 3. Leichte Segler in den Höhen – Ligte seilskepies omhoog; 4. Diese Wolken in den Höhen – Hierdie wolke daar bo), die lente met blomme, voëltjies en kabbelende stroompies (bv. 5. Es kehret die Maien – Mei keer terug). Die slotlied (no 6) is die eintlike opdraglied: Nimm sie hin denn, diese Lieder (Neem dan hierdie liedere).

      Missa solemnis in D op 123 (70 min) Hierdie grootse *Mis vir stemkwartet, koor en orkes is oorspronklik beoog as ’n huldigingswerk vir die wyding van sy vriend aartshertog Rudolf as Aartsbiskop van Olmütz. Beethoven het egter so verdiep geraak in die musikale en religieuse aspekte van sy selfopgelegde taak dat die Mis eers drie jaar na die geleentheid voltooi is. I. Kyrie: Assai sostenuto Na ’n orkesinleiding stort die koor hom in die werk, en sy kragtige aanvang word voortgesit in die liriese kwartet. II. Gloria: Allegro vivace In stryd met die liturgiese

Скачать книгу