Die A tot Z van Klassieke Musiek. Koos Human

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die A tot Z van Klassieke Musiek - Koos Human страница 15

Автор:
Серия:
Издательство:
Die A tot Z van Klassieke Musiek - Koos Human

Скачать книгу

die graaf besef sy is die “fantoom” waarvan die hele dorp praat. Hy verlaat die kamer en sy gaan lê en slaap op die sofa waar Lisa en die dorpenaars haar aantref. Elvino glo dat sy hom bedrieg het. Bedryf II. Toneel 1. Die dorpenaars vra die graaf om in te gryp. Elvino kry Amina en vat sy ring terug, al sê die dorpenaars die graaf sal van haar onskuld getuig. II. 2. Elvino het nou besluit om met Lisa te trou. Die graaf verduidelik wat ’n slaapwandelaar is, maar niemand verstaan dit nie. Dan verskyn Amina in die beroemde slaapwandeltoneel. Sy is in lewensgevaar en almal bly stil sodat sy nie wakker skrik en haar doodval nie. Nog aan die slaap sing sy oor haar verlore geluk (Ah! non credea mirarti – Wie sou dit kon glo!). Elvino glo nou wat gebeur het en gee die ring terug en Amina sing ’n vreugdevolle aria met koor (Ah! non giunge uman pensiero! – Menslike denke kan nie begryp nie).

      Benedictus Geseënd. Onderdeel van die Sanctus, ’n deel van die *Mis.

      Berceuse Wiegelied.

      BERG, ALBAN (9 Feb 1885–24 Des 1935) As seun van welgestelde ouers het hy in ’n musiekbewuste huis grootgeword en ’n onbekommerde lewe in Wenen en in die familie se plattelandse verblyf deurgebring. In 1900 sterf sy vader en beland die gesin in geldelike sorge; Berg word ’n staatsamptenaar. In 1904 reël sy ouer broer dat hy musiekles ontvang by *Schoenberg, aanvanklik kosteloos. Danksy ’n erflating kom die gesin finansieel weer op die been. Berg kan uit sy werk bedank en voltydse aandag aan musiek wy.

      In 1914 sien hy ’n opvoering van die drama Wozzeck van Georg Büchner en besluit om ’n opera daarop te komponeer. Militêre diens onderbreek sy werk, maar in 1922 is die opera voltooi. Hy sukkel om dit opgevoer te kry, en berei ’n konsertweergawe voor, Drie Fragmente uit Wozzeck, wat in 1924 met groot sukses aangebied word. Op 14 Desember word die opera self in Berlyn opgevoer en dit besorg hom onmiddellik wêreldwye roem.

      Intussen het Berg hom tot kamermusiek gewend en ontstaan o.m. die Kammermusik en Lyrische Suite waarin hy met die *twaalftoonsisteem eksperimenteer. Hy wou egter nog ’n opera skryf en in 1928 kry hy die plan om twee stukke van die dramaturg Wedekind saam te vat in Lulu. Sy werk hieraan word onderbreek deur die opdrag om ’n vioolconcerto te skryf. Vier maande nadat hy die concerto voltooi het, sterf Berg a.g.v. ’n infeksie ná ’n insekbyt. Van Lulu was die eerste twee bedrywe voltooi en die derde bedryf ongeveer een derde, met sketse vir die res. Dit is eindelik in 1979 ná die dood van Berg se weduwee deur Friedrich Cerha voltooi.

      Berg het ’n onbestendige lewe en ’n ongelukkige loopbaan gehad. Deur die Nazi’s is hy as ’n ontaarde komponis beskou en ironies genoeg het sy vroeë dood hom moontlik van vervolging gered. Sy werke is nie dikwels uitgevoer nie. Nietemin is hy die mees aanvaarde van die Weense komponiste wat rondom Schoenberg en sy twaalftoonskool gewerk het. Hy word vandag veral onthou om Wozzeck en die Vioolconcerto.

      OPERA

      Wozzeck (90 min) Opera in drie bedrywe. Die ongewone orkestrasie verg ’n militêre orkes, ’n restaurantorkes, hoog gestemde viole, ’n akkordeon, ’n vals staanklavier, ’n bombardon (’n soort bastuba) en ’n kamerorkes. Die sangstyl is die sg. *Sprechstimme en daar is nie juis sprake van arias nie. Bedryf I. Die verhouding tussen Wozzeck (bar) en Marie (sop), en hul buite-egtelike kind, word na vore gebring. ’n Verhouding ontstaan tussen Marie en die tamboer-majoor (ten). Bedryf II. Wozzeck word gehoon oor die verhouding tussen Marie en die tamboer-majoor, en in verskeie tonele word hy in al hoe groter spanning geplaas en eindelik selfs deur die tamboer-majoor geslaan. Bedryf III. Wozzeck vermoor Marie by ’n dam, maar wanneer mense die bloed aan sy hande sien, gaan hy terug na die dam op soek na sy mes. Hy stap in die dam tot hy verdrink.

      BERIO, LUCIANO (24 Okt 1925) Italiaanse komponis. Hy het o.m. by *Dallapiccola gestudeer en was aan die hoof van ’n elektroniese ateljee in Milaan. Hy het byna ’n dekade lank in Amerika gedoseer. Hy het ’n sg. collage-styl ontwikkel waarin hy op groot skaal gebruik maak van temas en motiewe uit die werk van ander komponiste.

      BERKELEY, LENNOX (12 Mei 1903) Engelse komponis. Hy het onder Nadia Boulanger gestudeer waar hy kennis gemaak het met Stravinsky en Poulenc. Sy musiek is tradisioneel, hoewel hy in later jare deur die serialisme beïnvloed is. Hy het simfoniese werke, concerto’s, kamermusiek en klavierwerke asook ’n groot hoeveelheid vokale musiek, o.m. vier operas, geskryf.

      BERLIOZ, HECTOR (11 Des 1803–8 Mrt 1869) Berlioz was die seun van ’n plattelandse dokter wat gehoop het sy seun sou in sy spore volg. Die pa het egter belangstelling in musiek gehad en Berlioz leer fluit speel. Die musiekonderwyser het die seun se talent raakgesien en hom ekstra lesse gegee.

      In 1821 gaan hy na Parys om vir dokter te leer, maar musiek bly sy passie. Hy word diep geïmponeer deur die operas van Gluck en skryf na sy ouerhuis dat hy komponis wil word. Dit word met hewige ontsteltenis ontvang. Berlioz se sterk emosionele geaardheid blyk nou reeds. Hy kry dit egter reg om hom by die konservatorium in te skryf en reeds op 22-jarige leeftyd blyk sy sin vir die teatrale deurdat hy ’n uitvoering reël van sy eie Messe solennelle met ’n orkes van 150 lede. Daar was ’n goeie leermeester by die konservatorium, Reich, wat oortuig was van die student se genialiteit.

      In September 1827 besoek ’n Engelse toneelgeselskap Parys om Shakespeare op te voer en ’n aktrise met die naam Harriet Smithson speel die rol van Ophelia in Hamlet. Hoewel Berlioz nie ’n woord Engels verstaan nie, is hy in vervoering. Hy raak ook terstond verlief op Smithson, maar sonder enige reaksie van haar. Die geselskap vertrek en Berlioz ontdek in sy studies die simfonieë van Beethoven en Goethe se Faust (in ’n Franse vertaling). Alles ontlok hewige emosionele reaksies. Die Engelse toneelspelers keer terug en hy reël ’n konsert van sy eie werke waarheen hy Smithson uitnooi, maar sy kom nie.

      Nou besluit Berlioz om ’n outobiografie in musiek te skryf en hy noem dit ’n *Symphonie fantastique. Ten spyte van die emosionele agtergrond, is hierdie simfonie ’n baken in die musiekgeskiedenis: die *idée fixe, wat Wagner later die *Leitmotiv sou noem, die frase wat met ’n bepaalde emosie of situasie of karakter verbind word en telkens terugkeer, kom vir die eerste keer aan die bod in die Symphonie fantastique.

      In 1830 wen Berlioz eindelik die *Prix de Rome. Na sy terugkeer in 1832 is Harriet Smithson en haar Engelse akteurs weer in Parys. Hulle is in ’n finansiële krisis en Berlioz reël ’n konsert om hulle te help. So ontmoet hy Smithson uiteindelik, en in 1833 trou hulle – met die onthulling aan Berlioz dat sy vrou diep in die skuld is. Dit lei tot ongewone werksaamheid by Berlioz. Hy komponeer (vir Paganini) die simfonie vir altviool en orkes Harold en Italie, die opera Benvenuto Cellini en die Requiem. Die opera was ’n mislukking, maar later, in 1838, is daar triomfantelike suksesse met Harold en die Symphonie fantastique.

      Hy knoop ’n verhouding aan met Maria Recio, ’n swak sangeres, wie se loopbaan hy probeer bevorder. Hy neem haar saam op reise in die buiteland, maar sy is ’n verleentheid en Harriet se verbittering groei.

      In 1844 publiseer hy sy standaardwerk oor orkestrasie, Traite d’Instrumentation, ’n werk wat vandag nog geraadpleeg word. Twee jaar later voltooi hy Le damnation de Faust (Die verdoeming van Faust). Hy maak ontsaglike reklame vir die eerste uitvoering, maar dit is ’n mislukking. Sy haglike finansiële posisie word gered met ’n reis deur Rusland waartydens hy goed verdien met sy konserte.

      In 1854 sterf Harriet na ’n lang siekbed en hy trou met Maria Recio. In dieselfde jaar komponeer hy die oratorium L’enfance du Christ (Die kinderdae van Christus) en nog verskeie operas: eers Les Troyens (Die Trojane) en daarna Béatrice et Bénèdict, sy laaste werk. Geeneen was ’n sukses nie. In 1862 sterf Maria en sy laaste sewe jaar verslyt Berlioz deur rond te reis en verskeie liefdesverhoudings aan te knoop, maar hy komponeer niks meer nie. Naas sy musiek het hy sy belangrike handleiding tot orkestrasie en sy Memoirs nagelaat.

      Berlioz is soos ’n oordrewe voorstelling van die romantikus. Sy werk het baie dikwels skerp uiteenlopende menings uitgelok. Daar is sommiges wat dit as hipersentimenteel, melodramaties

Скачать книгу