Rykie: 'n lewe met woorde. Lizette Rabe

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Rykie: 'n lewe met woorde - Lizette Rabe страница 13

Rykie: 'n lewe met woorde - Lizette Rabe

Скачать книгу

eers sowat ’n eeu later as hul voorgangers in Brittanje en die VSA, het vroue in die Afrikaanse pers ook ’n leidende rol in vrouebemagtiging en aktivisme gespeel deur hul betrokkenheid by die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV). So byvoorbeeld was Maria Cillié,26 wat vir die eerste vyf jaar van Die Burger se bestaan ’n gereelde rubriek in die blad geskryf het, die tesourier van die vereniging.27 M.E.R. het in 1928 haar werk as eerste vaste vroulike joernalis by Die Burger bedank om organiseerder te wordM.E.R. 1972. My beskeie deel. Kaapstad: Tafelberg. p. 222.28 en Ida Theron, suster van die befaamde Erika, was ook ’n ACVV-organiseerder.29 Selfs Van Reenen, wat die vereniging eens as “die beste tradisie van ’n vrouevereniging wat letterlik die weg voorberei het vir welsynsdienste in Suid-Afrika”30 beskryf het, het in ’n stadium, onder invloed van die talle ACVV-vroue by Die Burger, byna die joernalistiek verlaat om haar by hulle aan te sluit.31

      Saam met die toenemende aandrang op regte vir vroue, het al hoe meer vroue ook tot die joernalistiek toegetree. Vroulike joernaliste is beskryf as “bitter” en “aggressief”,32 maar ’n vroulike joernalis antwoord eenvoudig daarop: “I ask no favors for my sex. All I ask our brethren is, that they will take their feet from off our necks, and permit us to stand upright on that ground which God designed us to occupy.”33

      Gevolglik het feministiese publikasies veld gewen en ’n “leemte gevul in beriggewing deur die oorwegend manlike pers wat dikwels onbegrypend, onsimpatiek of selfs verontwaardig oor vrouestemregkwessies was”.34 ’n Maatstaf vir die ontwikkeling van vroulike joernaliste is dat slegs een Amerikaaanse vroulike joernalis geakkrediteer was gedurende die Eerste Wêreldoorlog. Met die Tweede Wêreldoorlog was daar meer as twintig.35

      Dié oorlog het vroue ook in die algemeen die kans gegee om te bewys dat hulle enige denkbare manspos kan vul. Belangriker: Dit het die openbare mening ten gunste van werkende vroue help swaai.36 Tot in die twintigste eeu het ’n stigma gekleef aan vroue wat buitenshuis werk. Die werkende getroude vrou, voorheen ’n sosiale minderwaardige, is met die Tweede Wêreldoorlog aanvaar as ’n eersteklasburger met ’n onmisbare bydrae. Sy sou nie ná die oorlog haar ekonomiese onafhanklikheid prysgee nie,37 hoewel die openbare ideaal ná die oorlog tog weer in die rigting van “kombuis, kerk en kinders” geneig het. Sedert die 1960’s kon vroue in liberale Westerse samelewings meer keuses maak. Meer het gegradueer, hulle het later getrou, en hulle het beheer oor swangerskap gehad danksy voorbehoedmiddels waarvoor hulle self verantwoordelikheid kon neem.38 Maar in retrospek het dié “Vrouebevryding” eintlik verdere vroueverknegting beteken, want ondanks vroue se rol in die openbare sfeer het hul werk en verpligtinge in die private sfeer dieselfde gebly – huis en huishouding was steeds die vrou se verantwoordelikheid. Omdat sogenaamde “nuwe gesinne” boonop behoefte aan twee inkomstes gehad het, het dit beteken vroue met ’n gesin het nie ophou werk nie, wat twee heeltydse werke beteken het.39

      In die wêreld van die “koerantman” in die vroeë Hollands-Afrikaanse joernalistiek was vroue so skaars en onbelangrik dat die meeste geskiedskrywers hulle ignoreer. In twee omvattende artikels oor die geskiedenis van die Kaaps-Hollandse joernalistiek40 bevat een lewensketse van die belangrikste Hollands-Afrikaanse joernaliste, met geen verwysing na ’n vrou nie; die ander een het terloopse verwysings na twee vroue.41

      Nederland en Brittanje, twee voorlopers in die uitgee van koerante, het hul kolonie die reg op ’n vrye pers ontneem.42 Weens die feit dat daar geen persvryheid aan die Kaap was nie, het die eerste publikasie, op ’n staatspers, eers in 1800 verskyn. Die eerste onafhanklike koerant is in 1824 gepubliseer – en kort daarna verbied.43 Dit was die lot van vele daarna. Die pers het gevolglik stadig ontwikkel, waarskynlik ook met die gevolg dat die Suid-Afrikaanse vrou eers ná die tweede helfte van die negentiende eeu ’n rol begin speel het.

      In die eerste opgetekende verslae van ons mediageskiedenis soek ’n mens dus byna vergeefs na vrouename, of selfs hul skuilname. Skuilname, veral ook manlikes,44 was veral in die agttiende en negentiende eeu gewild omdat dit as skandalig vir ’n vrou beskou is om te werk, wat nog skryf. Manlike skuilname is ook soms gebruik omdat vroue andersins nie ernstig opgeneem is nie.45 Die stigma van die werkende vrou is dus omseil deur tuis “agter geslote deure te skryf”.46

      Vroue in die vroeë Suid-Afrikaanse mediageskiedenis was gewoonlik “belangstellende buitestanders eerder as betrokkenes”. Een van die eerste name47 is die weduwee van G.W. Silberbauer (onder haar man se voorletters, volgens die gebruik van die tyd) en mej. Ella Neethling. Soos in Amerika, was die teenwoordigheid van ’n manlike gesinslid dus ook ’n voorvereiste vir die eerste vroue in die Suid-Afrikaanse joernalistiek. Silberbauer het ná haar man se dood sy tweetalige The Cape of Good Hope and Port Natal Shipping and Mercantile Gazette uitgegee. Dit het van 1844 tot kort ná 1860 verskyn. “Mejuffrouw” Ella Neethling, dogter van die Stellenbosse predikant J.H. Neethling, het ná haar pa se dood De Wekker oorgeneem. Dit is in 1859 gestig en tot kort voor Neethling se dood in 1925 uitgegee. Rondom die eeuwending was daar ook mev. Maria Koopmans-De Wet, die stigter van De Goede Hoop.48

      Verskeie studies waarin die Suid-Afrikaanse en spesifiek ook Afrikaanse persgeskiedenis bespreek word, meld slegs ’n handjievol vrouename en dan meestal in ondersteunende rolle eerder as dié van joernaliste. Onder hulle is “mev. Kénne Malherbe” (onder haar man se naam),49 wat in 1919 die maandblad Die Boerevrou(w)50 gestig het. Die tydskrif is in 1932 gestaak.51 Mabel Malherbe was egter allermins ’n vrou wat deur haar man se identiteit bepaal hoef te word. As die eerste vroulike burgemeester in Suid-Afrika en slegs die tweede vrou wat tot die parlement verkies is – die eerste Afrikaanse52 – word sy met reg as “remarkable” en “powerful, impressive” beskryf.53

      Met die stig van die Sunday Express in die 1930’s het Lily Barlow, vrou van die Express redakteur Arthur G. Barlow, op soortgelyke wyse ’n besondere dog kameerol in die Suid-Afrikaanse joernalistiekgeskiedenis vertolk.54

      In Behind the Press in South Africa (1947) verskyn onder die hoofstuktitel “The Pressmen”55 geen enkele vroulike joernalis nie – waarskynlik te verwagte gegewe die titel van die hoofstuk. ’n Verdere hoofstuk oor die Afrikaanse pers verwys slegs na een vrou, nie as joernalis nie, maar as befondser van publikasies, en ook eers ná haar afsterwe. Haar naam kom twee keer voor, weliswaar as “Mrs Jannie Marais”.56

      Ten spyte van ’n aansienlike persentasie vroulike joernaliste in Suid-Afrikaanse nuuskantore teen die 1980’s,57 fokus twee boeke uit dié tydperk steeds op mans se bydrae tot en rol in die pers. In Joernalistiek vandag (1982) word na joernaliste slegs vanuit die manlike perspektief verwys, met die manlike persoonlike voornaamwoord en die wêreld van die “koerantman” wat dwarsdeur die boek geadem word.58 ’n Mens moet die publikasie dit nagee dat twee van die 22 bydraers darem vroue was. Met ’n Wyse van spreke: Die ontstaan van die pers in Suid-Afrika (1983) se bydrae tot ’n “begrip van die manne en die motiewe” wat ’n vrye pers vir Suid-Afrika probeer bewerkstellig het,59 word die manlike hegemoniese kyk na die joernalistiek bevestig.

      Ook in Joel Mervis se monumentale The Fourth Estate (1989) is die vroue wat ’n rol gespeel het in die Suid-Afrikaanse mediageskiedenis maar karig – en dié wat wel genoem word figureer nie eens altyd as joernaliste nie. So byvoorbeeld het die mediadekking van die hofsaak van die berugte moordenaar Daisy de Melcker gesorg dat haar naam in die annale van die Suid-Afrikaanse mediageskiedenis verewig is.60

      Die eerste “amptelike” vroulike joernalis in die Suid-Afrikaanse media, omdat sy blykbaar ’n vaste aanstelling as redaksielid gehad het, was ’n edelvrou. Sy was Anna, gravin van Bremont, wat in 1889 vir die vroueblad van The Star verantwoordelik was.61 Dit was waarskynlik nie toeval dat ’n edelvrou die pos by ’n Suid-Afrikaanse dagblad vervul het nie, want hulle het danksy hul stand toegang tot opvoeding gehad.

      Vergelykenderwys was die ontwikkeling van vroue in die Suid-Afrikaanse joernalistiek ver agter dié van hul susters in Amerika. Terwyl die gravin Johannesburgers se “betowerende hoede” en “bekoorlike rokke”62 beskryf het, het Elizabeth Cochrane onder die skrywersnaam Nellie Bly byvoorbeeld reeds ses maande

Скачать книгу