Die een oplossing vir die lewe. Henry Cloud

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die een oplossing vir die lewe - Henry Cloud страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Die een oplossing vir die lewe - Henry Cloud

Скачать книгу

het, het maatskappye dit ook vir ons moontlik gemaak om op enige plek te werk. Dit word nou beskou as ’n goeie ding om “vandag by die huis te werk”, weg van “al die onderbrekings by die werk”. Wonderlike logika! Ek het nou nie meer die nodige grense by die werk om my werk te kan doen nie, daarom moet ek by die huis gaan werk. Hoe meer mobiel ons samelewing en sakeondernemings word, hoe erger raak hierdie probleem.

      Dit kom alles daarop neer dat beperkings van tyd en ruimte – lank betroubare grense vir werk – nie meer bestaan nie. Werk maak nou inbreuk op die res van ons lewe, tyd, ruimte, energie en ander aspekte. Gesinsinteraksie neem af en ook die gehalte van die interaksie. Ander sosiale betrekkings ly ook daaronder. Mense bestee nou die tyd wat hulle aan gesamentlike verkeer bestee het voor die een of ander digitale skerm – aan werk.

      En al werk ons nie, kyk ons in elk geval na ’n skerm. Die tegnologie het gesorg vir al meer maniere om na ’n skerm te kyk en gevolglik nie beskikbaar te wees vir die ander noodsaaklike aspekte van die lewe nie. Die Economist se webwerf beweer byvoorbeeld dat Amerika die wêreld se stoelpatatkampioen is met huishoudings wat gemiddeld ag uur en elf minute per dag televisie kyk (sien Economist, 20 Oktober 2007). Die lede van hierdie huishoudings kyk elke dag vier tot vyf uur lank televisie, en daar is nou meer televisiestelle in huise as wat daar inwoners is. Tel daarby die ure wat voor ’n rekenaar deurgebring word met internetbesoeke of videospeletjies, en klaarblyklik bestee ons al minder tyd aan belangrike dinge in die lewe soos persoonlike kontak, oefening, ouersorg, verhoudings, lees, ons geestelike lewe en talle ander ervarings wat ons maak wie ons is. Die digitale wêreld het die grense van tyd en ruimte oorskry op maniere wat ons nie agterkom nie – as ons nie oplet nie. En onthou, jy het nie net so baie tyd nodig om TV te kyk nie, jy het ook tyd nodig vir daardie e-posse waarvan ons reeds gepraat het. Geen wonder ander belangrike aktiwiteite bly in die slag nie.

      Die gevolg hiervan, en van die verdwyning van talle ander grense in ons samelewing – byvoorbeeld sedes en waardes wat baie van die vernietiging beperk en gehelp het om ons karakter geïntegreerd te hou – is dat al hoe meer van ons “struktuurloos” leef. Of ten minste verbrokkel die struktuur in ons lewe voortdurend sodat ons al hoe meer disintegreer. Ons raak versplinter, buite beheer en verloor onsself mettertyd. Ons verloor ons kern, die gevoel dat ons heel en geïntegreerd is, namate al meer kragte – en al meer mense – aan verskillende dele van ons trek. Binnekort voel ons ons is nie meer in beheer van ons lewe nie en ons weet ook nie hoe om ons lewe te herwin of dit vir die eerste keer proaktief in te deel nie.

      Dit is die rede vir die “een oplossing”. Die dubbele betekenis gee eerstens te kenne dat daar een onderliggende kwessie en een oplossing daarvoor is. Die kwessie is dat ons in talle opsigte ons grense verloor het. En die oplossing wat dit op ’n tasbare manier sal beïnvloed, is om te leer om daardie grense op te rig. Namate jy dit doen, sal jy ’n enorme uitwerking op jou werkprestasie en die gehalte van jou werklewe sien, maak nie saak of jy ’n hoof- uitvoerende beampte, voorsitter of enigiemand anders is nie.

      Die ander betekenis is dat ons net een lewe moet hê eerder as om verskeur te wees tussen ons werk en persoonlike lewe. Aangesien werk inbreuk gemaak het op die res van ons lewe, is daar ook ’n behoefte om ’n sogenaamde “balans” te vind. Mense wil hul werk en lewe balanseer asof hulle op ’n soort draaipunt of wipplank sit en hulle gelyk moet kry. Ek veronderstel dit beteken dat jy by die een of ander iets moet wegneem of byvoeg, en dit sal nie sleg wees nie. Maar ek verkies ’n ander benadering. In plaas van balans kan ons praat van die “integrasie van werk en lewe” – maar nie in die sin dat hulle al hoe meer vermeng moet word nie. Die integrasie wat ek verkies, gaan nie oor die ruimte- en tydgrense van werk en die lewe as sodanig nie, maar die integrasie van die persoon wat albei doen – jy. Namate jy jou verskillende dele tot een persoon integreer – een kern van waar jy alles doen wat jy doen, insluitend jou werk, lewe, verhoudings, geestelike lewe, gesondheid en ander dele – sal jy balans as neweproduk kry. Balans sal ’n gevolg wees van die grense wat jou persoonlikheid integreer. Jy sal nie verskeurd voel tussen verskillende lewens en baie verskillende mense nie, maar een persoon, een lewe, met baie verskillende dele waarvan nie een jou van die ander kan losskeur nie. Dit is die wese van een lewe en die wese van balans. Dit sal alles voortvloei uit die ontwikkeling van beter grense.

      Die benadering

      Hierdie boek gaan hoofsaaklik oor werk. Dit gaan oor jou onderneming, jou prestasie, jou loopbaan, jou passie en jou gevoel van welstand by die werk. Ek hoop dit sal jou help om beter te lei, beter te bestuur en alles wat jy doen, beter te doen. Daarom sal ons hoofsaaklik op die werkkonteks fokus. Die boek gaan egter ook oor jou en jou algemene welstand, en in die lig van die versplintering tussen werk en lewe waarna ons verwys het, sal ons ook baie praat oor jou en die invloed wat jou werk op jou lewe het en andersom.

      Ons sal fokus op die oprigting en ontwikkeling van beter grense. Ons sal begin deur eers te praat oor wat grense is en wat hulle vir jou werk en jou lewe doen, en hul invloed op jou vermoë om albei goed te doen. Dit sal jou ’n fondament gee om die konsep te verstaan sodat jy dit beter kan toepas.

      Daarna sal ons oorgaan na spesifieke grenspraktyke en -strukture en hoe hulle uitgeleef word in die konteks van leierskap, bestuur en werklewe. Party sal beskrywend wees en ander voorskriftelik. Ek sal jou wenke oor spesifieke strukture en praktyke gee wat twee dinge doen as jy hulle toepas. Eerstens sal hulle baie probleme in jou leierskap, bestuur en werk oplos. Hulle sal jou werkprestasie verbeter. Tweedens sal hul toepassing ook beter grense vir jou as persoon oprig. Namate jy hulle toepas, sal jy groei en verander, en so ook die mense bo, rondom en onder jou in die organisasie.

      Deur dit alles sal ons dan werk en lewe integreer. Onthou, dit gaan oor jou as persoon. Dit gaan nie net oor werksprobleme en -situasies of persoonlike probleme en situasies nie. Dit gaan oor jou, die persoon wat in albei daardie wêrelde moet leef. Die bedoeling is nie noodwendig om die twee saam te voeg nie, maar om jou saam te voeg sodat jy geïntegreerd in albei wêrelde kan leef. Namate jy geïntegreerd raak, sal jy al hoe meer vanuit ’n sterk kern kan leef en die lewe kan skep waarvoor jy gemaak is. Die een lewe wat net jy kan leef en goed kan leef.

      Hoofstuk 2

      2

      Jou visie en jou grense

      Wat probeer ons doen? Soos Steven Covey gesê het: dis belangrik om die einde in gedagte te hou wanneer jy begin. Ons moet duidelikheid daaroor kry. Wat probeer ons in Die een oplossing vir die lewe doen? Die eenvoudige antwoord is:

      Beheer verkry.

      Ons probeer nie om beheer oor ander mense of al die omstandighede of selfs al die resultate te kry nie. Daardie dinge sal vanself volg namate jy beheer kry oor die enigste ding wat jy ooit kan beheer – jouself. As jy dit doen, sal jy die dinge ervaar wat ons almal in die integrasie van ons werk en lewe wil hê.

      Die ironie is dat die meeste mense so besig is om goed te probeer beheer wat hulle nie kan beheer nie – ander mense, omstandighede of resultate – dat hulle in die proses beheer oor hulself verloor. Hierin lê die ware paradoks. Eers wanneer jy beheer oor jouself kry, kan jy begin om ’n betekenisvolle invloed op ander dinge uit te oefen: mense, omstandighede en resultate. Mense wat in beheer van hulself is, oefen die grootste invloed op alles en almal om hulle uit om goeie gevolge, resultate en winste te verkry. Maar hulle begin by hulself en dit is die wese van grense.

      Om nie die storie vooruit te loop nie, moet ons teruggaan na daardie gewenste uitkoms, die visie. Hoe lyk dit? Wat probeer ons bereik deur goeie grense op te rig? Wat hiervan? Sê nou …

      Elke dag wanneer jy opstaan, weet jy jy sal jouself daardie dag heelhartig toewy aan die dinge wat vir jou belangrik is. Sê nou jy weet jy sal jou werk goed doen, wonderlike resultate behaal, die proses en die gepaardgaande verhoudings geniet? Gevolglik laat die gedagte aan wat jy daardie dag gaan doen jou versterk en energiek voel. Al kom daar uitdagings, probleme en selfs probleemmense, voel jy dwarsdeur die dag bekwaam

Скачать книгу