God se pad van vryheid. Engela Linde

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу God se pad van vryheid - Engela Linde страница 18

Автор:
Серия:
Издательство:
God se pad van vryheid - Engela Linde

Скачать книгу

Seker nadat hulle diskreet bietjie rondgevra het?

      Jos 6:20

      Dié wat tienermusiek in die huis het, sal verstaan dat dit moontlik is

      Rig 8:30

      Sjoe … en hoeveel dogters?

      Rig 9:4

      Kriptiese vertellerskommentaar, deur net een woord: “leeglêers”

      Rig 12:14

      Pragtige kroos, ’n hele vorstelike donkiebrigade

      Rig 14:10

      Rampartytjies was toe al in die mode

      Rig 18:7

      Droë vertellerskommentaar: “ … soos die mense van Sidon maar was”

      Rig 19:21

      Landelike aandritueel as daar kuiermense kom

      1 Sam 4:9

      Die Filistyne is ten minste eerlik oor die onwenslikheid van slawerny

      1 Sam 8:20

      Buurlike naywer, “Keeping up with the Jones’s”

      1 Sam 15:27

      Ook reeds vodde van al die woestynson

      1 Sam 17:28

      Tipiese geringskattende ouboet

      1 Sam 25:3

      Die ou-ou verhaal van ’n vrou wat verkeerd getrou het

      1 Sam 28:24

      “ … gou …”!

      2 Sam 11:2

      Asof sy nie geweet het wat die koning se roetine is nie

      2 Sam 13:3

      Dalk moet “vindingryk” liefs aanhalingstekens kry

      2 Sam 13:6

      ’n Skurk se Valentyns-hartjies

      2 Sam 13:30

      Tipiese riemtelegram

      2 Sam 17:25

      Dié “sekere” ou se bedsake word sommer so sito-sito uitgelap

      2 Sam 21:20

      Hy moes eintlik die ringe-geskenk van Job 42:11b ontvang het

      1 Maart Josua 3:9-17

      DIE VOLK TREK DROOGVOETS DEUR DIE JORDAAN

      Toe die voete van die priesters wat die ark dra, in die vlakwater kom, het die water wat afkom, gaan staan (Jos 3:15-16).

      Vir iemand wat die Oranjerivier ken, was dit teleurstellend om die Jordaan, belangrikste rivier in Palestina, te sien: ’n vuilvaal stroompie, skaars 10 m breed. Van kleintydse Boekevat het ek die idee van ’n breë, skoon, vloeiende stroom gehad, die plek waar Israel deurgetrek het, Jesus gedoop is. Dis wel sterk genoeg om die Meer van Gennesaret te voed, maar die pronkbosse van die Jordaan (Jer 12:5 OAV) waar leeus was (Jer 49:19) is nie meer te sien nie. Deesdae is daar brûe waar destyds driwwe was.

      Israel is eindelik gereed om die beloofde land onder Josua binne te trek. Die oomblik het polities aangebreek omdat die Kanaäniete te swak en verdeeld geraak het om weerstand te bied. Dis ’n menigte mense, kinders en vee wat moet oortrek, en God kom hulle in teonome resiprositeit tegemoet. Waarom juis hier? Omdat dit ’n natuurlike toegang was, vlak duskant die vrugbare weiveld, landerye en vrugteboorde van Kanaän, met slegs Jerigo tussenin. In die oestyd was die Jordaan tot aan sy oewers vol (Jos 3:15).

      Hier dam God die water van die Jordaan op sodat dit boontoe “op een hoop gaan staan” (Jos 3:16). Bybelse navorsing toon dat die water in die Jordaan meermale by smal plekke in die rivier opgedam het, spesifiek ná aardbewings. Geboekstaafde gevalle dateer van 1906, 1924 en 1927, toe die rivier deur tonne grond toegeval is sodat die onderloop tot ’n dag lank sonder water was. Volgens Arabiese optekening was daar in die jaar 1267 nC ’n soortgelyke geval. Weer eens word daar nie te kenne gegee dat God nié deur ’n bonatuurlike wonderwerk die Jordaan kon opdam nie. Daar word wel daarop gewys dat God sy wonderwerke ook by wyse van ’n natuurlike verskynsel kan doen (dagstukkie 17 Jan; Num 20:11) … in welke geval die koördinasie van gebeure die eintlike wonderwerk sou wees.

      GEBED: Menigmaal in ons lewe, Here, dam U ook die vloed op om ons behoue anderkant te laat aankom. Hoe U dit doen, is en bly u wonderbare geheime werking.

      2 Maart Josua 6:1-5, 20-22

      DIE MURE VAN JERIGO

      Toe stort die mure inmekaar en die manskappe gaan oor, die stad in (Jos 6:20).

      Argeologiese opgrawings bevestig hierdie gebeure. Hope rousteen is gevind, tot in die huise. ’n Stukkie noordermuur het bly staan, waar Ragab gered sou word (Jos 2:18). Selfs mure (mv) is korrek, want daar was ’n dubbelmuur, die buitemuur die swakste, met ’n gang tussenin.

      Die Joodse toergids na wie ek graag verwys, het gespog: “You may think of the bloody Jews what you like, but they’ve got smart heads.” Hoeveel Godgegewe instink en hoeveel beplande taktiek by Jerigo was, dit het gewerk. ’n Stad was so veilig soos sy mure, en Jerigo, die oudste bekende stad, was onneembaar, totdat Josua tot die aanval oorgegaan het. Ná sewe dae moet die inwoners se senuwees gedaan gewees het. Behalwe die koue rillings wat ’n ramshoring veroorsaak, sou die dreunvoetmars op die Richterskaal kon registreer. Jerigo lê 270 m onder seespieël in ’n skeur van 451 km in die aardkors.

      Toe my broer noem dat infanterie nie oor ’n brug marsjeer nie maar stap, vra ek die ingenieur in die gesin, wat verduidelik: “Alle strukture vibreer (soos jellie) teen ’n natuurlike frekwensie, en as jy dit op die regte tyd ’n stampie gee, bou dit op (superponeer) tot ’n groot golf, byvoorbeeld soos wanneer jy iemand op ’n skoppelmaai swaai. As die gelid teen dieselfde frekwensie (of ’n veelvoud of gedeelte daarvan) marsjeer, kan die amplitude van die natuurlike vibrasie so groot word dat die struktuur breek/uitmekaarval.”

      My kleurskyfie van die Jerigo-uitgrawings wys die aslaag uit Josua se tyd. Maar mens wonder: Het God werklik die vernietiging van alle lewe beveel? (Jos 6:21; dagstukkie 6 Mrt). Dit rym nie met die uitsprake van ander betroubare profete nie (2 Kon 14:6; Eseg 18:20). As die mens se bloed kook, verwar hy maklik “God het gesê” met “Ek wou graag”. Dat die mure egter geval het soos in die Bybel beskryf, staan buite alle twyfel.

      GEBED: Ons sien die goue draad van u Godsbeskikking deur die geskiedenis loop, Here. Dit verwonder ons dat U ons deel van u groot patroon maak.

      3 Maart Josua 10:7-14

      JOSUA SE LANG DAG

      “Son, staan stil in Gibeon, en maan, staan stil in Ajalonlaagte!” (Jos 10:12).

      In ’n bloedige veldslag verslaan Josua hordes van die vyand, en nog meer word deur

Скачать книгу